1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die vrugte van die Wysheid.

WVS 8:1 : WANT Sy reik deur Haar krag van die een eind tot die ander, en dit is Sy wat alle dinge gunstig reël.

WVS 8:2 : VANAF my jeug het ek Haar liefgehad en gesoek, en ek het pogings aangewend om Haar vir myself as bruid te neem; ek het verlief geraak op Haar skoonheid.

WVS 8:3 : Sy beroem Haar op Haar afkoms omdat Sy met Elohim leef, en HY wat Meester van alles is, het Haar lief.

WVS 8:4 : Want Sy is 'n ingewyde in die Kennis van Elohim, en Sy staan by HOM in SY werke. [Openbaring van Henog 11:40, 41]

WVS 8:5 : As rykdom 'n begerenswaardige besit in die lewe is, wat is dan ryker as die Wysheid wat alles werk?

WVS 8:6 : As die besonnenheid 'n werk onderneem, wie is dan onder al die werkers wat leef, die bekwaamste?

WVS 8:7 : En wanneer iemand Geregtigheid liefhet - Haar hele bekommernis is die deugde, want Sy onderrig die matigheid en die verstandigheid, die regverdigheid en die sterkte, wat vir die adamiete die nuttigste in hulle lewe is.

WVS 8:8 : As iemand strewe na 'n veelsydige ervaring, Sy leen die verlede en voorsien die toekoms; Sy verstaan die sin van woorde en die oplossing van raaisels, Sy besit voorkennis van aanwysinge en voortekens, ewenas die afloop van tye en tydperke.

WVS 8:9 : Daarom het ek geoordeel om Haar as lewensgesellin te neem, want ek weet dat Sy vir my 'n suiwer Raadgeefster sal wees en 'n Trooster in sorge en smart.

WVS 8:10 : Deur Haar sal ek roem verwerf by die volksmenigte en Eer by die oudstes, ofskoon ek jonk is.

WVS 8:11 : My oordele sal skerpsinnig gevind word, en in die oë van die vorste sal ek bewondering vind.

WVS 8:12 : As ek swyg, sal hulle vir my wag; as ek spreek, sal hulle luister; as ek langer spreek, sal hulle die hand op hulle mond lê.

WVS 8:13 : Deur Haar sal ek onsterflikheid besit, en ek sal 'n ewige herinnering aan myself by hulle agterlaat.

WVS 8:14 : Ek sal volke bestuur, en nasies sal aan my onderwerp word.

WVS 8:15 : Gevreesde heersers wat van my hoor, sal angs kry; maar vir my volk sal ek goed wees en dapper in die oorlog.

WVS 8:16 : As ek in my huis binnegaan, sal ek by Haar rus vind; want die omgang met Haar veroorsaak geen bitterheid nie en verkeer met Haar bring geen verdriet nie, maar Vreugde en Blydskap.

WVS 8:17 : Hierdie dinge het ek oorweeg vir myself en in My Hart oorpeins: dat daar onsterflikheid geleë is in die saamlewe met die Wysheid,

WVS 8:18 : en edele verkwikking in Haar vriendskap, onuitputlike rykdom in die werk van Haar hande, insig in 'n innige omgang met Haar, roem in die deelneem aan Haar gesprekke. Daarom het ek rondgegaan om te soek hoe ek Haar vir myself sou kon neem.

WVS 8:19 : Ek was 'n kind gewees met 'n fraai gestalte, en ek het 'n voortreflike siel gekry;

WVS 8:20 : of liewer: omdat ek voortreflik was, het ek in 'n liggaam sonder gebreke gekom.

WVS 8:21 : Maar ek het geweet dat ek Haar nie sou gekry het nie, as Elohim my Haar nie sou gegee het nie; en Sy was reeds wys om te erken in wie se Guns Sy is - en ek het my tot JaHWeH gewend en HOM gebid; en uit my hele hart het ek gesê:

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
8
Pablo Software Solutions Datum
OT