| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Elohim straf Egipte met duisternis en red JisraEl deur die Vuurkolom. WVS 17:1 : GROOT is U oordele en onuitspreeklik! Daarom het die ongeleerde adamiete afgedwaal. WVS 17:2 : Want die oortreders het gemeen om die volk van Apartheid te onderdruk, maar hulle is deur die Duisternis gebind en deur 'n lang Nag vasgevang; onder hulle eie dakke opgesluit, het hulle gelê, terwyl hulle verstoke was van die ewige Voorsienigheid. WVS 17:3 : Hulle het gedink dat hulle met hulle geheime oortredinge verborge is onder 'n donker sluier van vergetelheid, maar hulle is deur skrikbeelde verontrus en in verbystering uitmekaar gejaag. WVS 17:4 : Die skuilplek wat hulle verberg het, het hulle nie teen vrees gevrywaar nie, angswekkende galmgeluide het rondom hulle weerklink, terwyl sombere spookbeelde met droewige gesigte opgedoem het. WVS 17:5 : Geen vuur het genoeg krag besit om lig te gee nie, en selfs die Sterre met hulle helder glans het nagelaat om die vyandige nag te verlig. WVS 17:6 : Net een vreeswekkende Vuur, wat vanself ontstaan, het nou en dan vir hulle opgevlam; en hulle het opgeskrik, maar as daardie Lig nie langer sigbaar was nie, het die dinge wat hulle gesien het nog erger gelyk. WVS 17:7 : Die spotterny van hulle toorkuns het platgelê, en smadelik is die grootpraat oor hulle kennis beskaam; WVS 17:8 : want die wat belowe om angs en vrees uit 'n siek gees uit te dryf, was self siek vanweë 'n belaglike bangheid. WVS 17:9 : Want wanneer daar niks angswekkends was om hulle te verskrik nie, is hulle verwilder deur die beweginge van die ongedierte en die gesis van slange/nagashim, sodat hulle bevrees was en selfs nie na die lug wou kyk wat niemand kan ontwyk nie. WVS 17:10 : Besoedeling is immers laf en word veroordeel deur haar eie getuienis; altyd veronderstel sy gevare, omdat sy deur die eie gewete gekwel word. WVS 17:11 : Vrees is dan ook niks anders as die prysgee van die hulpmiddels van verstandige oorleg nie; WVS 17:12 : en as die vrees inwendig nog minder groot is, dan word die kwelling erger gevoel, omdat die oorsaak van die kwelling nie geken word nie. WVS 17:13 : Maar ander wat in hierdie waarlik ondraaglike nag, wat uit die boesem van die ondraaglike hel gekom het, gelê en slaap het, WVS 17:14 : is deur monsteragtige droom-beelde opgejaag of deur vertwyfeling verlam; en 'n skielike en onverwagte angs het hulle oorval. WVS 17:15 : So het elkeen neergesink op die plek waar hy toe was; en elkeen is vasgevang en toegesluit in 'n gevangenis sonder grendel. WVS 17:16 : Want of iemand nou al 'n landbouer was of 'n veeboer of 'n eensame landarbeider, hy is oorval en moes in 'n gevangenis bly, waaruit geen ontsnapping moontlik is nie, omdat dieselfde boeie van die Duisternis almal vasgekluister het. WVS 17:17 : En of dit nou al die geruis van die wind was, of die lieflike sing van voëls op blaarryke takke, of die klotsing van kragtig stromende water, of die verontrustende geraas van klippe wat val, WVS 17:18 : of die onsigbare bewegings van springende diere, of die geluid van roofdiere wat skreeu, of die weergalm wat terugkaats van die holkranse, dit het hulle van skrik verlam. WVS 17:19 : Want die hele Adamah[adamiet se Aarde] het gestraal in 'n helder Lig en het ongehinder aangegaan met haar besighede; WVS 17:20 : maar alleen op hulle het die swaar Nag toegesak, 'n beeld van die Duisternis wat hulle eenmaal sal opneem, en tog is hulle meer gepla deur hulleself as deur die donkerte. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |