| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die Wysheid het JisraEl beskerm vanweë sy Geregtigheid. WVS 10:1 : SY het die eersgeskape vader van die wêreld beskerm toe hy die enigste skepsel was, en Sy het hom uitgelei uit sy val [Génesis 3:23; Boekrol van die Opregte 1:12] WVS 10:2 : en hom die mag gegee om oor alles te heers. [Génesis 1:28] WVS 10:3 : Maar die wetsverbreker het Haar in sy toorn verlaat, en hy het te gronde gegaan deur die woede wat sy broer gedood het. [Génesis 4:8] WVS 10:4 : Vanweë hom is die Aarde oorstroom, maar deur die Wysheid gered, wat die regverdige geloods het op nietige hout. [Boekrol van Henog 67:2] WVS 10:5 : Nadat die nasies verstrooi is vanweë die algemeenheid van oortreding, het Sy die regverdige [uit]geken en hom sonder smet vir Elohim bewaar; en Sy het hom in sy krag beskerm teen sy liefde vir sy seun. WVS 10:6 : Sy het die regverdige gered uit die ondergang van die besoedeldes, toe hy wegvlug van die vuur wat op die vyf stede geval het; WVS 10:7 : daarvan bestaan nog altyd as getuie van oortreding: 'n rokende puinhoop, plante wat vrug dra op verkeerde tye, en 'n soutpilaar wat daar staan aan 'n ongelowige gees. WVS 10:8 : Want die wat afwyk van die Weg van die Wysheid het nie alleen gestruikel deurdat hulle die suiwer dinge nie meer ken nie, maar hulle het ook aan die wêreld 'n gedagtenis nagelaat van die dwaasheid, sodat hulle nie kan geheim hou waarin hulle oortree het nie. WVS 10:9 : Maar die Wysheid het Haar volgelinge uit die kwelling gered. [Psalm 22:4] WVS 10:10 : Sy het die regverdige wat vir die toorn van sy broer gevlug het op regte Paaie gelei, Sy het hom die koninkryk van Elohim gewys en hom die Kennis van die Aparthede gegee, en Sy het hom in sy arbeid laat voortgaan en sy inspanning vrugbaar gemaak. WVS 10:11 : Sy het hom bygestaan teen die hebsug van sy verdrukkers en hom ryk gemaak. WVS 10:12 : Sy het hom ook beskerm teen sy vyande en hom beveilig teen sy belaers; Sy het 'n sware stryd in sy voordeel beslis om hom te laat weet dat vroomheid alles in mag oortref. WVS 10:13 : Die regverdige wat verkoop is, het Sy nie aan sy lot oorgelaat nie, maar Sy het hom ontruk aan oortreding: WVS 10:14 : Sy het met hom afgeklim in die gevangenis en hom in Sy boeie nie verlaat nie, totdat Sy hom die Septer van die koningskap gebring het en gesag oor sy oorheersers. Sy het bewys dat sy aanklaers onwaarheid spreek en hom ewige roem gegee. WVS 10:15 : 'n Apartgestelde volk en 'n suiwer saadlyn het Sy verlos uit 'n nasie van verdrukkers. [Psalm 77:20] WVS 10:16 : Sy het ingegaan in die siel van JaHWeH se dienskneg en aan skrikwekkende konings teenstand gebied deur wonders en tekens. WVS 10:17 : Sy het die apartes die beloning gegee vir hulle inspanning en hulle gelei op 'n wonderlike weg; bedags was Sy vir hulle 'n beskerming gewees en snags 'n lig soos van Sterre. WVS 10:18 : Sy het hulle deur die Riet See [Skelf See] gebring en hulle deur baie water gelei, WVS 10:19 : maar hulle vyande het Sy oorstroom en hulle uit die diepte van die afgrond weer laat uitspoel. WVS 10:20 : So het die regverdiges die besoedeldes gebuit, en het hulle die Naam van U Apartheid besing, JaHWeH, en eensgesind U verdedigende Hand geloof. [Exodus 24:11] WVS 10:21 : Want die Wysheid het die monde oopgemaak van die wat stom was, en Sy het die tonge van kindertjies verstaanbaar gemaak. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |