1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Elohim straf Egipte en red JisraEl deur diere.

WVS 16:1 : DAAROM is hulle juis deur middel van diere gestraf, en is hulle gekwel deur swerms ongedierte.

WVS 16:2 : Maar teenoor hulle straf staan dat U U volk goedgedoen het, omdat U aan hulle die kwartel as voedsel gegee het wat 'n ongewone smaak vir hulle gretige honger was. [Númeri 11:32]

WVS 16:3 : Sodat die ander, ondanks hulle verlange na voedsel, tog vanweë die afstootlikheid van die ongedierte wat oor hulle gekom het, hulle natuurlike eetlus verloor het, terwyl hierdie na 'n kort tydjie van gebrek selfs 'n onbekende smaak gekry het.

WVS 16:4 : Want oor die verdrukkers moes 'n onvermydelike gebrek kom, maar vir hierdie moes alleen gewys word hoe hulle vyande gekwel is.

WVS 16:5 : En toe die grimmige woede van die diere oor hulle kom en hulle deur die byt van giftige slange/nagashim gedood is, het U Toorn nie tot die einde aangehou nie. [Númeri 21:6]

WVS 16:6 : Tot waarskuwing is hulle 'n kort tydjie verontrus, maar hulle het 'n Teken van redding besit, om hulle aan die Gebod van U Wet te herinner.

WVS 16:7 : Want wie hom daarheen gewend het, is nie gered deur dit wat hy sien nie, maar deur U, die Redder van almal.

WVS 16:8 : Daardeur het U ook vir ons vyande bewys dat dit U is wat van alle kwaad verlos;

WVS 16:9 : want die ander het gesterf deur die byt van sprinkane en steekvlieë, en vir hulle lewe is geen geneesmiddel gevind nie, omdat hulle werd was om deur derglike [diere] getugtig te word.

WVS 16:10 : Maar die tande van die giftige slange/nagashim kon nie U kinders oorwin nie, omdat U Ontferming daarteen te hulp gekom het en hulle genees het.

WVS 16:11 : Want om hulle aan U Woorde te herinner, is hulle gepik en terstond gered, sodat hulle nie tot diepe vergetelheid sou verval en U weldadigheid sou ontbeer nie.

WVS 16:12 : Want nie kruie of pleister het hulle gesond gemaak nie, maar U Woord, JaHWeH, wat almal genees.

WVS 16:13 : U besit die mag oor lewe en dood; U lei na die poorte van die Doderyk/Sheol en bring [daarvandaan] terug.

WVS 16:14 : Die adamiet daarenteen kan in sy besoedeling wel doodmaak, maar hy kan nie die siel wat heengegaan het, laat terugkeer nie; ook kan hy nie 'n siel wat 'n prooi [van die Doderyk/Sheol] geword het, verlos nie.

Elohim straf en red in Sy Wysheid deur natuurverskynsels.

WVS 16:15 : DIT is onmoontlik om U Hand te ontvlug:

WVS 16:16 : Die besoedeldes het geweier om U te erken, en hulle is gegesel deur die Krag van U Arm. Deur ongewone reëns en onverbiddelike hael- en onweersbuie is hulle agtervolg, en deur Vuur is hulle verteer.

WVS 16:17 : En die wonderlikste is, dat in die water wat alles uitblus, die Vuur nog feller gebrand het, want in die skepping is Hy die Beskermer van die regverdiges.

WVS 16:18 : Op een tyd is dan die vlamme beteuel, om nie die ongedierte te verbrand wat losgelaat is teen die besoedeldes nie, sodat hulle as hulle dit sien, sou begryp dat hulle deur die Oordeel van Elohim agtervolg word;

WVS 16:19 : en op 'n ander tyd het die Vuur in die midde van die water bo sy eie krag gebrand, om die gewasse van 'n Aarde wat oortree het, te verniel.

WVS 16:20 : Daarteenoor staan dat U vir U volk die voedsel van Boodskappers gestuur het; U het onverpoos uit die Hemele toebereide brood aan hulle verskaf, wat alle bevrediging gegee het en wat ooreenkomstig elkeen se smaak was. [Númeri 11:8]

WVS 16:21 : Want U Hulp het U Suiwerheid jeens U kinders geopenbaar, omdat hy voldoen het aan die behoefte van diegene wat hom nuttig, en omdat hy verander het in wat iemand wou hê.

WVS 16:22 : Na die Vuur het sneeu en ys oorgebly en nie gesmelt nie, sodat hulle sou begryp dat die Vuur, wat in die hael opvlam en deur reënbuie trek, die oes van die vyande verniel het.

WVS 16:23 : Maar aan die ander kant ook dat dit Sy eie Krag vergeet het, sodat die regverdiges voedsel sou hê.

WVS 16:24 : Want die skepsel is onderdanig aan U wat hom gemaak het, en Hy span Hom in om die wetsverbrekers te straf, terwyl Hy Homself inhou om die wat op U vertrou, goed aan te doen.

WVS 16:25 : Daarom het Hy diep gegrawe vir alles, en het Hy opgekom met U gawe wat aan almal voedsel verskaf ooreenkomstig die verlange van die wat dit nodig het;

WVS 16:26 : sodat die kinders wat U liefhet, JaHWeH, kan leer dat nie die verskillende gewasse die adamiet voed nie, maar dat U Woord die bewaar wat op U vertrou.

WVS 16:27 : Want ofskoon daardie [voedsel] nie verteer is deur die Vuur nie, het dit tog volkome gesmelt wanneer dit deur 'n vlugtige straal van die son verwarm is.

WVS 16:28 : So moes dan wel ingesien word dat die adamiet U behoort te dank voor die son [opgekom] het, en dat hy U behoort te ontmoet by die dagbreek.

WVS 16:29 : Want die hoop van die ondankbares smelt soos ryp in die winter en stroom weg soos water wat nie gebruik word nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
16
Pablo Software Solutions Datum
OT