| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Geen afbeelding van afgestorwenes WVS 14:1 : 'n ANDER weer, wat voornemens is om 'n seereis te maak en wat deur die woeste golwe wil vaar, roep 'n stuk hout aan wat swakker is as die skip wat hom vervoer. WVS 14:2 : Want die [vaartuig] is deur die winssug beplan en met vakkundigheid gebou. WVS 14:3 : Tog is dit U Voorsienigheid, VADER, wat haar bestuur, omdat U die Weg oor die see gegee het en 'n veilige pad deur die golwe. WVS 14:4 : U wys dat U in staat is om uit alle gevare te red, selfs wanneer iemand sonder bedrewenheid in die see gaan. WVS 14:5 : Maar omdat U nie wil dat die werke van U Wysheid ongebruik bly nie, daarom vertrou die mense hulle siele toe aan 'n nietige stuk hout, en vaar hulle behoue op 'n vlot deur die branding. WVS 14:6 : Ook vroeër, toe die trotse reuse verdelg is, het die hoop van die wêreld op 'n vaartuig ontkom en het die saad van 'n geslag bewaar gebly vir die wêreld, omdat sy [die Ark] bestuur is deur U Hand. WVS 14:7 : Geseën is die hout waardeur Geregtigheid plaasgevind het! WVS 14:8 : Maar vervloek is daardie handemaaksel - die maaksel en sy maker: hy, omdat hy hom gemaak het, en die verganklike maaksel, omdat hulle gode genoem word! WVS 14:9 : Terselfdertyd verdien hulle om deur Elohim gehaat te word - die wettelose en sy ongeregtigheid; WVS 14:10 : en die maaksel sal saam met sy maker gestraf word. WVS 14:11 : Daarom sal daar ook 'n gerig wees oor die gode van die nasies, omdat hulle onder die skepsels van Elohim tot 'n gruwel geword het, en tot 'n ergernis vir die siele van die mense, en 'n valstrik vir die voete van die dwase WVS 14:12 : want die gedagte aan afbeeldings was die begin van die verbastering; die uitvinding daarvan was die bederf van die lewe. WVS 14:13 : Want hulle het nie vanaf die begin bestaan nie, en hulle sal ook nie tot in ewigheid bly bestaan nie: WVS 14:14 : hulle het immers deur die ydele waan van sterflinge in die wêreld gekom, en daarom is 'n spoedige einde vir hulle vasgestel. WVS 14:15 : Want 'n vader wat verteer is deur die onverwagte verdriet oor 'n kind wat vroeg gesterf het, het 'n beeld [van hom] gemaak; en diegene wat vroeër as mens gesterf het, het hy nou as gode gaan vereer; en vir sy diensbares het hy plegtighede en dienste ingestel. WVS 14:16 : Mettertyd het hierdie wettelose gewoonte toe sterker geword en is onderhou soos 'n wet. WVS 14:17 : Ook is die standbeelde vereer op bevel van vorste: omdat die mense so ver gewoon het dat hulle die [vorste] nie in hulle aanwesigheid kon huldig nie, het hulle, op 'n afstand 'n voorstelling van hulle voorkoms gevorm en 'n sigbare standbeeld gemaak van die vereerde koning, sodat hulle die afwesige persoon met ywer kon vlei asof hy teenwoordig was. WVS 14:18 : En die eersug van die kunstenaar het die wat [die koning] nie geken het nie beweeg tot uitbreiding van die verering; WVS 14:19 : want miskien met die bedoeling om die vors te behaag, het hy hom ingespan om deur sy kuns die gelykenis nog mooier te maak, WVS 14:20 : en die menigte wat aangetrek is deur die bekoorlikheid van die werkstuk, het diegene wat hulle kort tevore as mens geëer het, nou as gode vereer. WVS 14:21 : Dit het vir die lewe 'n valstrik geword, omdat die mense as gevolg van omstandighede, of om 'n vors te vlei, die onmededeelbare Naam aan steen of hout maaksels gegee het. WVS 14:22 : Ook was dit vir hulle nie genoeg om slegs te dwaal omtrent die Kennis van Elohim nie, maar hulle het ook in 'n groot stryd gelewe vanweë hulle onkunde en tog daardie ellende as die Vrede begroet. WVS 14:23 : Want hulle vermoor en offer hulle kinders, hulle hou geheime dienste, hulle vier in raserny feeste met ongewone gebruike, WVS 14:24 : hulle eerbiedig nóg die lewe nog die suiwerheid van die huwelik; die een vermoor die ander op listige wyse of besorg hom verdriet deur vermenging. WVS 14:25 : En alles gebeur deurmekaar: bloedvermenging en moord, diefstal en listige bedrog, verkragting, ontrou, oproer, meineed, WVS 14:26 : verontrusting van eensames, ondank vir weldade, verpesting van siele, verwisseling van geslag, losbandigheid in die huwelike, vermenging en uitspattighede. WVS 14:27 : Want die diens van eerlose heersers is die begin en oorsaak en einde van al die kwaad, WVS 14:28 : dat die feesvieringe tot raserny lei, dat profete onwaarheid voorspel, dat hulle sleg lewe, dat hulle maklik meineed pleeg; WVS 14:29 : want omdat hulle in siellose idole glo, verwag die meinediges nie dat hulle gestraf sal word nie. WVS 14:30 : Tweevoudig is daarom die verdiende straf wat hulle sal tref: omdat hulle deur idole te vereer, kwaad gedink het van Elohim; en omdat hulle meineed gepleeg het vanweë hulle minagting van die Wet. WVS 14:31 : Want ook al besit die dinge waarby gesweer word geen mag nie, tog volg die straf altyd na die oortreding van die wetsverbrekers. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |