1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Geen klei beeldhouwerk

 

WVS 15:1 : MAAR U, onse Elohim, is suiwer en getrou; U is vol Medelye en U bestuur die heelal met Ontferming.

WVS 15:2 : Want wanneer ons oortree, is ons nog U eiendom en erken ons U Mag; maar ons sal nie oortree nie, omdat ons weet dat ons as U besit beskou word.

WVS 15:3 : Volkome Geregtigheid is dit om U te ken; die wortel van die onsterflikheid is om U Mag te besef.

WVS 15:4 : Geen bedrieglike versinsel van sterflinge het ons laat afdwaal nie, en ook nie die nuttelose inspanning van skilders nie,

WVS 15:5 : waarvan die sien by die dwase begeerte opwek, sodat verlang word na die lewelose gestalte van 'n dooie afbeelding.

WVS 15:6 : Minnaars van besoedeling en werd om op dergelike dinge te hoop, is die wat dit maak en bemin en vereer!

WVS 15:7 : 'n Pottebakker byvoorbeeld, knie met inspanning die sagte klei en boetseer allerlei dinge vir ons gebruik; sonder onderskeid maak hy uit dieselfde klei die vaatwerk wat vir 'n eersame gebruik dienstig is, en die teendeel; maar of dit nou vir die een of die ander doel gebruik word, dit beslis die pottebakker.

WVS 15:8 : Maar met besoedelde inspanning boetseer hy uit dieselfde klei 'n ydele idool, terwyl hy kort tevore self uit die Aarde gemaak is en oor 'n kort tydjie weer daarheen teruggaan waaruit hy geneem is, wanneer die siel wat hy geleen het, weer opgeëis word.

WVS 15:9 : Hy vergeet dat hy ooit sal beswyk en dat sy lewensduur kort is; tog wedywer hy met goud- en silwersmede en boots hy die bronswerkers na; hy ag dit selfs 'n eer dat hy namaaksels kan boetseer.

WVS 15:10 : Sy hart is as, en sy hoop is nietiger as Aarde, en sy lewe verdien minder agting as die klei,

WVS 15:11 : want hy misken Diegene wat hom boetseer het en in hom 'n werksame gees ingeblaas het, en wat 'n lewende siel in hom geplant het.

WVS 15:12 : Maar hulle laat dit voorkom dat ons lewe 'n spel is, en dat die bestaan 'n winsgewende volksfees is, want hulle meen dat uit alles wins gemaak moet word, selfs uit besoedeling.

WVS 15:13 : Tog weet hy beter as almal dat hy oortree, wanneer hy uit die stof van die Aarde breekbare vate en afbeeldings vervaardig.

WVS 15:14 : Baie dwaas is hulle almal en ellendiger as 'n kind, daardie vyande van U volk en sy verdrukkers.

WVS 15:15 : Want hulle beskou al die huisidole van die nasies as gode, ofskoon hulle nie hulle oë kan gebruik om te sien nie, hulle neuse nie om lug in te asem nie, hulle ore nie om te hoor nie, die vingers van hulle hande nie om te voel nie, en hulle voete is onbruikbaar om te loop.

WVS 15:16 : Want hulle is gemaak deur 'n adamiet; iemand wat sy eie siel slegs geleen het, het hulle gevorm. En nie een adamiet kan 'n god maak wat selfs aan homself gelyk is nie.

WVS 15:17 : Omdat hy sterflik is, maak hy met misdadige hande slegs 'n lewelose ding: self is hy dus meer as die dinge wat hy vereer, omdat hy self leef en daardie dinge nie.

WVS 15:18 : Hulle vereer ook die afskuwelikste wesens, wat vanweë hulle domheid minder geag word as die ander;

WVS 15:19 : en wat nie so is dat 'n mens daarvan hou nie, soos dit by die sien van diere wel gebeur; maar dit is wesens waaraan Elohim se lof en Sy seën verbygaan.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
15
Pablo Software Solutions Datum
OT