1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die dwaasheid van die idolary is oorsaak van Egipte se bederf.

WVS 13:1 : AL die mense wat omtrent Elohim onwetend is, is van nature dwaas; so ook die wat uit die suiwer dinge wat hulle waarneem, nie vermag om in te sien dat Hy bestaan nie; en ook die wat wel aandag het vir die werk, maar tog nie die Maker daarvan erken nie.

WVS 13:2 : Maar vuur of wind of die dun lug of die Sterre rondom of die geweldige water of die hemelligte beskou hulle as gode wat heers oor die wêreld.

WVS 13:3 : As hulle daardie dinge as gode aanvaar omdat hulle daarvan die goedheid geniet, dan moes hulle tog geweet het hoeveel verkiesliker die Meester daarvan is, want Hy wat die oorsprong van skoonheid is, het hulle gemaak.

WVS 13:4 : En as hulle die krag en werking bewonder, dan sou hulle daaruit moes begryp het hoeveel magtiger Hy is wat die dinge tot stand gebring het.

WVS 13:5 : Want uit die grootheid en goedheid van die skepsels kan die oorsprong daarvan deur vergelyking gesien word.

WVS 13:6 : Tog tref hulle daaroor minder verwyt; want ofskoon hulle dwaal, soek hulle Elohim en wil hulle Hom vind.

WVS 13:7 : Hulle is besig met Sy werke en vors dit na, maar hulle word mislei deur die skyn, omdat die dinge wat hulle sien, mooi is.

WVS 13:8 : Daarteenoor staan dat hulle nie van alle skuld vrygepleit kan word nie:

WVS 13:9 : want as hulle in so 'n mate in kennis gevorder het, dat hulle in staat was om die loop van die tye te bepaal, waarom het hulle dan nie eerder die Meester daarvan ontdek nie?

WVS 13:10 : Inderdaad ellendig is daarom die wat hulle verwagtinge in dooie dinge gestel het - dit is hulle wat die werke van adamitiese hande gode noem: goud en silwer, kunswerke en afbeeldinge van lewende wesens, of nuttelose steen wat 'n outydse handewerk is.

WVS 13:11 : As een of ander ervare houtwerker 'n boom afgesaag het, skil hy die hele bas rondom noukeurig af, bewerk dit op die beplande wyse, en maak 'n bruikbare meubel om die lewe gerieflik te maak;

WVS 13:12 : die stukke wat van sy werk afval, gebruik hy om sy voedsel te berei waarmee hy sy maag vul;

WVS 13:13 : dit wat dan nog daarvan afval en heeltemal onbruikbaar is, 'n krom stuk hout waarin kwaste gegroei het, sny hy uit vir tydkorting en gee daaraan 'n vorm met die kennis van sy ervaring; hy boots dan die beeld van 'n sterfling na,

WVS 13:14 : of hy laat dit lyk soos een of ander gewone dier; hy besmeer dit met menie en maak met seegras 'n blosende velkleur; en elke vlek wat daarin is, smeer hy toe.

WVS 13:15 : Dan maak hy daarvoor 'n passende woning, en hang dit aan die muur waar hy dit vasmaak met 'n spyker.

WVS 13:16 : Hy sorg daarvoor dat dit nie gaan val nie, omdat hy weet dat die maaksel nie homself kan help nie; want dit is 'n beeld en dit moet gehelp word.

WVS 13:17 : Maar as hy nou bid vir sy besittings en sy huwelike en sy kinders, dan skaam hy hom nie om met die lewelose ding te praat nie: vir sy gesondheid doen hy beroep op iets wat swak is,

WVS 13:18 : vir sy lewe vereer hy iets wat dood is, om hulp smeek hy iets wat die minste ervaring het, om 'n voorspoedige reis bid hy iets wat nie kan loop nie,

WVS 13:19 : om wins en sy besigheid en voorspoed by sy arbeid, vra hy iets wat die onhandigste in handewerk is.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
13
Pablo Software Solutions Datum
OT