| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
WVS 18:1 : MAAR vir U apartes was die Lig volop; en toe die ander hulle wel hoor, maar nie sien nie, het hulle hulle geseënd geprys, dat hulle nie net so gekwel word nie; WVS 18:2 : en hulle was dankbaar dat die veronregtes [hulle] nie kwaad doen nie, en hulle het verskoning gevra vir hulle vyandigheid. WVS 18:3 : Daarteenoor het U 'n Vuurkolom gegee as gids vir die onbekende reis, 'n onskadelike son vir die roemvolle trek. WVS 18:4 : Want die ander het verdien om van die Lig beroof te word en om deur die Donkerte vasgehou te word, omdat hulle U kinders in boeie vasgehou het, terwyl deur hulle die onverganklike Lig van die Wet aan die wêreld gegee word. Egipte is met Dood gestraf; JisraEl is verlos van die plaag. WVS 18:5 : OMDAT hulle besluit het om die kinders van die apartes te vermoor - maar tog is een seuntjie as vondeling gelê en gered - het U hulle as straf van 'n menigte kinders beroof en hulle tegelyk in die onstuimige water verdelg. WVS 18:6 : Daardie nag is vantevore aan ons vaders bekendgemaak, sodat hulle in veiligheid sou weet op watter Eed hulle vertrou het, en goeie moed sou hou. WVS 18:7 : So is deur U volk gewag op die Verlossing van die regverdiges en die ondergang van die vyande. WVS 18:8 : Want deur die straf wat U oor die teëstanders gebring het, het U ons geroep en verhoog. WVS 18:9 : Terwyl immers die regverdige kinders van Apartheid in die geheim geslag het, het hulle eensgesind hierdie Wet van Apartheid vasgestel, sodat die apartgesteldes gelyktydig voorspoed en gevare sou deel; en soos voorheen die lofprysinge van die vaders aangehef. WVS 18:10 : Maar as 'n wanklank het in haar die geroep van die vyande geklink, en het die jammerklag oor die betreurde kinders deurgedring. WVS 18:11 : Deur dieselfde straf is dienskneg en gebieder getref, en het onderdaan en koning dieselfde smart gely; WVS 18:12 : want gelyktydig het almal deur 'n gelyknamige dood ontelbare dooies gehad; en die lewendes was nie genoeg om te begrawe nie, toe hulle mees geliefde kroos deur een slag verdelg is. WVS 18:13 : En die wat vanweë hulle toorkunste by alles ongelowig gebly het, het by die dood van hulle eersgeborenes beken dat daardie volk die kind van Elohim is. WVS 18:14 : Want terwyl alles diep in rus was, en die nag in die midde van sy baan aangekom het, WVS 18:15 : het U Almagtige Woord soos 'n grimmige Krygsman van U Koningstroon in die Hemele, in die midde van die Aarde van bederf gespring, en Hy het U onherroeplike oordeel gedra soos 'n skerp swaard. WVS 18:16 : Daar het Hy gaan staan en orals die dood gesaai; en terwyl Hy oor die Aarde stap, het Hy tot aan die Hemele gereik. WVS 18:17 : Toe het op dieselfde oomblik vreeslike droombeelde hulle verontrus, en onverwagte angste het hulle oorval. WVS 18:18 : Hier het die een halfdood neergeval, daar die ander, terwyl hulle nog die oorsaak van hulle sterwe meedeel: WVS 18:19 : dat die drome wat hulle ontstel het, Hy aan hulle voorspel het, sodat hulle nie sou omkom nie sonder om te weet waarom die ramp hulle tref. WVS 18:20 : Ook aan die regverdiges egter het die beproewing van die dood geraak, en 'n slagting is in die wildernis onder die menigte aangerig. Maar die Toorn het nie lank aangehou nie, WVS 18:21 : want 'n onberispelike man het in die bres getree, wat as wapen van sy dienswerk die gebed en die versoenende reukwerk aanwend; hy het hom teenoor die Toorn gestel en 'n einde gemaak aan die plaag en gewys dat hy U dienskneg is. WVS 18:22 : Hy het die Toorn nie deur liggaamskrag of deur wapengeweld oorwin nie, maar deur sy woord het hy die Wreker bedwing, toe hy aan die Eed en die Verbond van die vaders herinner. WVS 18:23 : Want toe die lyke reeds in hope opmekaar lê, het hy tussenin gaan staan en die Toorn afgeweer, terwyl hy die pad na die lewendes toe versper het. WVS 18:24 : Die hele wêreld was immers op sy skouerkleed, die roem van die VADER was op vier rye stene uitgesny en U Glansrykheid op die tulband van sy hoof. WVS 18:25 : Daarvoor het die Verdelger gewyk en daarvoor het Hy ontsag gehad; en alleen die beproewing van die gramskap was al voldoende. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |