1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Deur die Riet See (Skelf See) is Egipte gestraf en JisraEl gered.

WVS 19:1 : MAAR teen die besoedeldes het die Toorn sonder Ontferming tot die einde gewoed, omdat Hy hulle en hulle toekoms vantevore geken het:

WVS 19:2 : dat hulle sou toestaan om weg te trek, en hulle later selfs met spoed sou wegstuur, maar dan van plan sou verander en hulle agtervolg.

WVS 19:3 : Want hulle was selfs nog besig met roubedryf en het nog geweeklaag by die dooies se grafte, toe hulle in hulle dwaasheid anders besluit, en die as vlugtelinge gaan agtervolg, wat hulle gesmeek het om te trek.

WVS 19:4 : Die verdiende noodlot het hulle dan ook tot hierdie uiterste gedryf en dit het hulle die herinnering laat verloor aan wat hulle oorgekom het, sodat hulle die straf wat na die kwellinge nog oorgebly het, volledig sou ondergaan.

WVS 19:5 : En terwyl U volk 'n onverwagte deurtog gekry het, het die ander 'n ongewone dood gevind.

WVS 19:6 : Die hele skepping, wat onderdanig is aan U Bevele, is dan ook opnuut hervorm in haar natuur, sodat U kinders ongedeerd bewaar sou bly.

WVS 19:7 : Die Wolkkolom het die laer oorskadu, en 'n adamiet kon droë grond sien opkom uit die water wat vroeër daar was: 'n pad sonder moeilikhede uit die Riet See [Skelf See], en 'n vlakte met jong plante uit die geweldige vloed. [Exodus 14:16]

WVS 19:8 : Daardeur het die hele volk getrek, en onder U beskerming het hulle vol verbasing U wonders aanskou.

WVS 19:9 : Want hulle was soos perde wat na die weiveld gebring word, of soos skape wat rondspring; en hulle het U geloof, JaHWeH, wat hulle gered het.

WVS 19:10 : Hulle het dan ook teruggedink aan die gebeurtenisse in die Aarde waar hulle bywoners was: hoe in plaas van lewende wesens die Aarde muskiete voortgebring het; hoe in plaas van waterdiere die rivier 'n menigte paddas opgebring het.

WVS 19:11 : Later het hulle 'n onbekende ontstaan van voëls aanskou, toe hulle deur lus gedryf is en om smaaklike voedsel gevra het;

WVS 19:12 : want vir hulle bevrediging het die kwartels uit die see opgestyg.

WVS 19:13 : Oor die oortreders het strawwe gekom, maar nie sonder die voorafgaande tekens van die geweld van die bliksems nie; en tereg het hulle vir hulle misdade gely, omdat hulle 'n baie besoedelde haat teen vreemdelinge gekoester het.

WVS 19:14 : Want terwyl die ander geen persone opneem wat hulle nie ken nie, het hulle die vreemdelinge wat hulle weldoeners was, tot slawe gemaak.

WVS 19:15 : En nie dit alleen nie, maar vir die ander is daar nog verskoning, omdat hulle die vreemdelinge [reeds] met vyandigheid ontvang het,

WVS 19:16 : terwyl hulle die vreemdelinge eers met feestelikhede ontvang het en aan hulle dieselfde regte meegedeel het, maar hulle daarna deur inspannende arbeid afgemat het.

WVS 19:17 : Daarom is hulle met blindheid geslaan, soos daardie ander by die deur van die regverdige, toe hulle in diepe duisternis gehul is, en elkeen die toegang na sy eie deur gesoek het.

WVS 19:18 : So het die elemente hulle telkens weer anders vertoon, soos by 'n siter die tone van die ritme die geaardheid verander, ook al behou hulle dieselfde klank; en dit blyk duidelik uit 'n noukeurige beskouing van die feite:

WVS 19:19 : Landdiere is verander in waterdiere, en diere wat swem, het op die Aarde gekom;

WVS 19:20 : die Vuur het in die water in krag gegroei, en die water het sy geaardheid om te blus, vergeet;

WVS 19:21 : aan die ander kant het die vlamme die vleis nie verteer van nietige diere wat in haar rondgeloop het nie, en ook nie die hemelse voedsel laat smelt nie, terwyl dit so goed soos ys kan smelt.

WVS 19:22 : In alles, JaHWeH, het U daarom U volk grootgemaak en verhoog; U het niks oorgesien nie, maar bystand verleen op die regte tyd en plek.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
19
Pablo Software Solutions Datum
OT