Die voorspraak van die Boodskappers ter wille van die adamiet
HEN 9:1 : TOE het MikaEl, UriEl, RafaEl en GabriEl uit die Hemele die bloedvergieting op die Aarde gesien, en al die ongeregtigheid wat op Aarde geskied het.
HEN 9:2 : Hulle het vir mekaar gesê: Laat die vernietigde Aarde uitroep met 'n geweeklaag op na die Poorte van die Hemele
HEN 9:3 : en tot ons, die Apartes van die Hemele, maak die siele van die adamiet 'n saak uit en sê: Bring ons saak voor die Hoogste El en ons vernietiging voor die Grote Majesteit, voor die Vors van die vorste in majesteit.
HEN 9:4 : En hulle sê aan die Elohey van alle tye: Vors van die vorste, El van die Elohim, Koning van die konings. Die Troon van U Glansrykheid staan vir al die geslagte van die Aarde en U Naam is uitgeroep, glansryk en geseënd vir alle geslagte van die Aarde! [Wysheid van Sirah 24:4]
HEN 9:5 : U het alle dinge gemaak, en U het mag oor alle dinge: en voor U aangesig lê alle dinge naak en ontbloot, en U sien alle dinge, en niks kan van U aangesig verberg word nie. [Markus 4:22]
HEN 9:6 : U sien wat Azazel gedoen het, hy wat alle besoedeling aan die op die Aarde geleer het, en wat die ewige verborgenhede wat in die Hemele bewaar is, bekend gemaak het, die dinge wat die adamiet begeer het om te ken:
HEN 9:7 : En Semfazas het betoweringe bekend gemaak, aan wie U die gesag verleen het om te heers oor diegene wat saam met hom is.
HEN 9:8 : En hulle het saam na die dogters van die adam op Aarde gegaan en by die vroue ingegaan, en hulself besoedel met die vroue, en aan hulle al hierdie oortredinge bekend gemaak en hulle towerspreuke geleer wat haat voortbring.
HEN 9:9 : Die dogters van adam het reuse gebaar, en daardeur is die Aarde met bloed besoedel.
HEN 9:10 : Gee ag, die siele van die wat gesterf het, roep en wend hulle na die Poorte van die Hemele, en hulle smeekbedes styg op, en hou nie op nie vanweë die wettelose dade wat op Aarde gepleeg is. [Openbaring 6:10]
HEN 9:11 : En U wat alle dinge weet nog voordat dit gebeur. U sien hierdie dinge en U is lankmoedig, en U sê nie aan ons wat ons aan hulle moet doen rakende hierdie saak nie.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.