1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52   53   54   55   56   57   58   59   60   61   62   63   64   65   66   67   68   69   70   71   72   73   74   75   76   77   78   79   80   81   82   83   84   85   86   87   88   89   90   91   92   93   94   95   96   97   98   99   100   101   102   103   104   105   106   107   108
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Henog (HEN)
Open-Henog (OvH)
JôWEl (JOE)
Jona (JON)
Amos (AMO)
Hoséa (HOS)
Miga (MIG)
JeshaJaH (JES)
Nahum (NAH)
Habakuk (HAB)
TsefánJaH (SEF)
JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Elohim se belofte aan Noag: die plekke van strafgerig van die boodskappers en van die konings

HEN 67:1 : EN daardie dae het die Woord van Elohim tot my gekom, en Hy het aan my gesê: Noag, jou beskore deel is voor My [aangesig] bepaal, 'n deel sonder blaam, 'n deel van liefde en opregtheid.

HEN 67:2 : En nou maak die Boodskappers 'n houtstruktuur, en wanneer hulle hul taak voltooi het, sal Ek My Hand op haar plaas en haar bewaar, en uit haar sal die saad van die lewe voortkom, en daar sal 'n verandering intree sodat die Aarde nie sonder inwoners sal bly nie. [Wysheid van Salomo 10:4]

HEN 67:3 : En Ek sal vir ewig jou saad in stand hou, en Ek sal die wat saam met jou woon wyd oor die Aarde versprei, en jou saad sal nie onvrugbaar wees oor die ganse Aarde nie, maar sal geseënd wees, en sal vermenigvuldig op die Aarde in die Naam van JaHWeH. (Heb 11:17)

HEN 67:4 : En Hy sal die boodskappers wat skuldig was aan ongeregtigheid in die gevangenis werp, in daardie brandende vallei wat my grootvader Henog voorheen aan my gewys het, daar in die weste tussen die berge van goud en silwer en yster en sagte metaal en tin.

HEN 67:5 : En ek het daardie vallei gesien waarin daar 'n groot beroering was en 'n beweging van waters.

HEN 67:6 : Terwyl al hierdie dinge gebeur het, het daar van die gloeiende gesmelte metaal en van die beroering in daardie plek 'n reuk soos swawel opgeslaan, en dit was ook in die waters en die vallei van die boodskappers wat die adamiet verlei het, en wat onder in daardie deel van die Aarde gebrand het.

HEN 67:7 : En deur die valleie gaan daar strome van vuur uit, waar hierdie boodskappers gestraf word, omdat hulle die wat op die Aarde woon verlei het.

HEN 67:8 : Maar die water sal in daardie dae dien as voorbeeld vir die konings en die magtiges en die verhewenes, en die wat op die Aarde woon, om hulle liggame te genees, maar hulle geeste te straf, want hulle geeste is vol wellus, en hulle sal in hul liggame gestraf word omdat hulle die Elohey van die Geeste ontken het, [daarom] ervaar hulle die straf nou daagliks en tog glo hulle nog nie in Sy Naam nie. (Op 20:15)

HEN 67:9 : En soos wat die verbranding van hul liggame vererger, so sal daar 'n soortgelyke verandering in hul geeste plaasvind, vir Ewig tot in Ewigheid; want voor die Elohey van die Geeste sal niemand 'n ydele woord uiter nie.

HEN 67:10 : Die oordeel sal oor hulle kom, want hul geloof was in die wellus van hul liggame en hulle het die Elohey van die Geeste ontken.

HEN 67:11 : En daardie selfde waters sal in daardie dae 'n verandering ondergaan; want wanneer die boodskappers in daardie water gestraf word, sal die waterfonteine se temperatuur verander, en wanneer die boodskappers opgeneem word, sal die water van die Fonteine verander en koud word.

HEN 67:12 : Ek het MikaEl hoor antwoord en hy het gesê: Hierdie oordeel waarmee die boodskappers geoordeel is, is 'n getuienis vir die konings en die magtiges wat die Aarde besit.

HEN 67:13 : Omdat hierdie waters van oordeel dien om die liggame van die konings te genees en die wellus van hulle liggame; daarom sal hulle nie sien en nie glo dat die waters sal verander nie, en 'n vuur word wat vir ewig brand nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
67
Pablo Software Solutions Datum
OT