| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Henog (HEN) Open-Henog (OvH) JôWEl (JOE) Jona (JON) Amos (AMO) Hoséa (HOS) Miga (MIG) JeshaJaH (JES) Nahum (NAH) Habakuk (HAB) TsefánJaH (SEF) JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die Doderyk/Sheol, of die onderwêreld HEN 22:1 : DAARVANDAAN het ek na 'n ander plek gegaan, en hy het my in die weste 'n ander groot en hoë berg van harde rots gewys. HEN 22:2a : (Ethiopiese vertaling)En daar was vier hol plekke in haar, diep en wyd en baie glad. Hoe glad is die hol plekke en diep en donker om na te kyk. [Spreuke 7:27] HEN 22:2b : (Griekse vertaling) En daar was vier hol plekke daarin, diep en baie glad: drie daarvan was donker en een helder, en daar was 'n fontein van water in sy midde. En ek het gesê: Hoe glad is hierdie hol plekke en diep en donker om te sien! HEN 22:3 : Toe het RafaEl geantwoord, een van die Boodskappers van Apartheid wat saam met my was, en vir my gesê: Hierdie hol plekke is geskep vir hierdie besondere doel, dat die geeste van die siele van die dooies in haar moet vergader, ja, dat al die siele van die kinders van die adamiet hier moet vergader. HEN 22:4 : Hierdie plekke is gemaak om hulle te ontvang tot op die dag van hulle oordeel, en tot op hulle bepaalde tyd wanneer die groot oordeel oor hulle sal kom. HEN 22:5a : (Ethiopiese vertaling)Ek het die geeste van die kinders van die adamiete wat dood was, gesien en hulle stemme het opgegaan na die Hemele en hulle het versoeke gerig. HEN 22:5b : (Griekse vertaling) Ek het die gees van die gestorwe man versoeke sien rig en sy stem het uitgegaan na die hemel en versoeke gerig. HEN 22:6a : (Ethiopiese vertaling)Toe het ek aan RafaEl, die Boodskapper wat saam met my was, gevra en aan hom gesê: Hierdie gees - wie is dit wie se stem uitgaan en versoeke rig? HEN 22:6b : (Griekse vertaling) En ek het RafaEl, die engel/Boodskapper wat saam met my was, gevra en aan hom gesê: Hierdie gees wat aankla, wie s'n is dit, wie se stem gaan voort en rig aanklagtes tot die hemel? HEN 22:7 : Hy het my geantwoord en gesê: Dit is die gees wat uitgaan van Abel, wie se broer Kain hom doodgeslaan het, en hy sal voortgaan om hom aan te kla totdat sy saad van die aangesig van die Aarde af vernietig is en sy saad uitgeroei is onder die saad van die adamiete. [Génesis 4:10; Openbaring 6:9-10] HEN 22:8a : (Ethiopiese vertaling)Toe het ek daaromtrent gevra en omtrent al die hol plekke: Hoekom is hierdie een geskei van die ander [drie]? HEN 22:8b : (Griekse vertaling) En toe het ek hom aangaande al die hol plekke gevra: Waarom is die een van die ander geskei? (Vanaf vers 8 tot 14 in die Griekse vertaling, is die uitleg heelwat anders, maar die belangrikste feit is die Ethiopiese (oorspronklike) vertaling, wat hier neergelê/gepen is, en gaan dit nie weer herhaal nie.) HEN 22:9 : En hy het my geantwoord en aan my gesê: Hierdie drie is gemaak sodat die geeste van die dooies afgeskei mag wees van die geeste van die regverdiges; waarin daar 'n Fontein van Water en Lig is. [Lukas 16:23-26] HEN 22:10 : En soortgelyk is dus 'n plek gemaak vir die wetsoortreders wanneer hulle sterf en in die Aarde begrawe word, en die oordeel is nog nie op hulle volbring in hulle leeftyd nie. HEN 22:11 : Hier sal hul geeste [siele] geskei gehou word in hierdie groot pyn tot op die dag van oordeel en straf en kastyding vir hulle wat vir ewig vervloek is, en vergelding aan hulle geeste. Daar sal Hy hulle vir altyd bind. [Psalm 146:4; Prediker 9:5] HEN 22:12 : En soortgelyke skeiding is gemaak vir die geeste[siele] van hulle wat aankla, wat onthullings gemaak het aangaande die vernietiging, toe hulle vermoor is in die dae van die wetsoortreders. [Openbaring 6:9; Openbaring van Petrus 27] HEN 22:13 : Soortgelyke plek is gemaak vir die siele van die sterflinge wat nie Apartheid beoefen het nie, maar verbastering, wat bedrewe in besoedeling was en met die besoedeldes sal hulle lot wees: Maar hulle siele sal nie doodgemaak word op die dag van oordeel nie, ook sal hulle nie hiervandaan opgeneem word nie. HEN 22:14 : Toe het ek die Elohey van Glansrykheid geseën en gesê: Geseënd is my Meester, die Elohey van Glansrykheid en van Geregtigheid, wat oor alles regeer vir ewig. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |