Die vallei van oordeel; die Boodskappers van die strafgerig; die gemeenskappe van die Uitverkore Een
HEN 53:1 : DAAR het my oë 'n diep vallei gesien met geopende poorte; en almal wat op die Aarde, see en eilande woon, sal aan Hom geskenke en presente en tekens van aanbidding bring, maar daardie diep vallei sal nie vol word nie.
HEN 53:2 : Hulle hande doen wettelose werke, en die oortreders verslind almal wat hulle wetteloos verdruk. Tog sal die oortreders voor die Aangesig van die Elohey van die Geeste vernietig word; hulle sal van die aangesig van Sy Aarde af verban word, en hulle sal vir Ewig tot in Ewigheid vergaan.
HEN 53:3 : Ek het al die Boodskappers van Strafgerig daar sien wag en gesien hoe hulle al die instrumente van Satan gereedmaak. [JôWEl 2:3]
HEN 53:4 : Ek het aan die Boodskapper van Vrede, wat saam met my was, gevra: Vir wie maak hulle die instrumente gereed?
HEN 53:5 : En hy het aan my gesê: Hulle berei dit voor vir die konings en die magtiges van die Aarde, sodat hulle vernietig kan word.
HEN 53:6 : Hierna sal die Regverdige en Uitverkore Een die Huis van Sy gemeente laat verskyn, waarna hulle nooit weer in die Naam van die Elohey van die Geeste, verhinder sal word nie, [Openbaring 21:2]
HEN 53:7 : en hierdie berge sal nie meer staan soos die Aarde voor Sy Geregtigheid nie, maar die heuwels sal soos 'n fontein van water wees en vir die regverdiges sal daar rus van die verdrukking van oortreders wees.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.