HEN 80:1 : EN/In daardie dae het die Boodskapper UriEl geantwoord, en aan my gesê: Kyk, ek het alles aan jou gewys, Henog, en ek het alles aan jou openbaar sodat jy hierdie son en hierdie maan kan sien, en die Leiers van die Sterre van die Hemele en almal wat dit laat draai, hulle opdragte en tye en vertrek.
Die verleiding van die natuur en die hemelse liggame as gevolg van die oortredinge van die adamiet
HEN 80:2 : IN die dae van die oortreders sal die jare verkort word, en hulle saad sal traag wees op hulle landerye en velde, en alles op die Aarde sal verander en sal nie op hulle tyd verskyn nie, en die reën sal teruggehou word, en die Hemele sal dit weerhou.
HEN 80:3 : En in daardie tye sal die vrugte van die Aarde minderwaardig wees, en nie in hul seisoen groei nie, en die vrugte van die bome sal in hulle seisoen weerhou word.
HEN 80:4 : Die maan sal haar orde verander, en nie op haar tyd verskyn nie. Maar in daardie dae sal die Hemele gesien word, en verlatenheid sal heers in die gebied van die groot strydwa in die weste,
HEN 80:5 : en in daardie dae sal die son gesien word en hy sal in die aand verbytrek op die verste punt van die groot strydwa in die weste (Moontlike beskrywing van 'n lang kernwinter wat volg op 'n atoomoorlog). Hy sal helderder skyn as dit wat ooreenstem met die orde van lig.
HEN 80:6 : En baie aanvoerders van die Sterre sal die voorgeskrewe orde oortree; en die Sterre sal hulle wentelbane en take verander, en nie verskyn in die seisoene wat vir hulle voorgeskryf is nie: [Openbaring 8]
HEN 80:7 : Die ganse orde [stand] van die Sterre sal vir die oortreders verborge wees, en die gedagtes van hulle wat op die Aarde woon, sal onkundig wees aangaande hierdie dinge, en hulle sal verdorwe wees in al hulle weë. Ja, hulle sal dwaal en dink hulle is gode.
HEN 80:8 : En besoedeling sal vir hulle vermenigvuldig word, en straf sal oor hulle kom om almal te vernietig.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.