1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52   53   54   55   56   57   58   59   60   61   62   63   64   65   66   67   68   69   70   71   72   73   74   75   76   77   78   79   80   81   82   83   84   85   86   87   88   89   90   91   92   93   94   95   96   97   98   99   100   101   102   103   104   105   106   107   108
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Henog (HEN)
Open-Henog (OvH)
JôWEl (JOE)
Jona (JON)
Amos (AMO)
Hoséa (HOS)
Miga (MIG)
JeshaJaH (JES)
Nahum (NAH)
Habakuk (HAB)
TsefánJaH (SEF)
JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die maanjaar

HEN 74:1 : EK het 'n ander baan gesien, 'n Wet vir haar, en hoe sy, volgens haar Wet, haar maandelikse omwentelings voltooi.

HEN 74:2 : Al die dinge het UriEl, die Boodskapper van Apartheid wat hulle almal se leier is, aan my gewys, en hulle posisies, en ek het hulle posisies soos hy dit aan my gewys het, afgeskryf, en ek het hulle maande soos dit is, afgeskryf, en die verskyning van hulle ligte totdat vyftien dae voltooi is.

HEN 74:3 : In enkel sewende gedeeltes gee sy al haar lig in die ooste, en in enkel sewende gedeeltes al haar donkerte in die weste.

HEN 74:4 : Gedurende sommige maande verander sy haar posisie, en in ander maande volg sy haar eie besonderse baan.

HEN 74:5 : In twee maande gaan die maan onder saam met die son in daardie twee middelste poorte, die derde en die vierde.

HEN 74:6 : Vir sewe dae gaan sy voort, en draai dan om en keer terug deur die poort waar die son opkom, en gee al haar lig, en sy trek weg van die son af, en in agt dae gaan sy die sesde poort in waar die son voortkom.

HEN 74:7 : En wanneer die son voortkom van die vierde poort af gaan sy vir sewe dae uit, totdat sy voortkom van die vyfde en draai weer om en in sewe dae tot in die vierde poort en gee al haar lig; en dan trek sy terug en gaan by die eerste poort na agt dae in.

HEN 74:8 : Sy kom weer na die vierde poort in sewe dae, daar waar die son opkom.

HEN 74:9 : So het ek hulle posisies gesien, hoe die maan opkom en die son sak in daardie dae.

HEN 74:10 : En as vyf jare bymekaar getel word, het die son 'n oorskot van dertig dae, en al die dae wat nog bygetel word vir elkeen van daardie vyf jare, wat, wanneer dit vol is, 'n totaal van driehonderd-vier-en-sestig dae maak.

HEN 74:11 : Die oorskot van die son en die Sterre kom neer op ses dae: in vyf jaar sal ses dae elke jaar 'n totaal van dertig gee: en die maan raak agter by die son en die Sterre met 'n totaal van dertig dae.

HEN 74:12 : Die son en die Sterre bring al die jare presies in, sodat hulle nie hul stand met 'n enkele dag vooruit beweeg of vertraag nie, nie tot in ewigheid nie: maar hulle voltooi die jare met presiese gehoorsaamheid in driehonderd-vier-en-sestig dae. [Boekrol van Henog 82:9; Exodus 12:2]

HEN 74:13 : In drie jaar is daar eenduisend twee-en-negentig dae, en in vyf jaar eenduisend-agthonderd-en-twintig dae, sodat daar in agt jaar tweeduisend-negehonderd-en-twaalf dae is.

HEN 74:14 : Vir die maan alleen is die aantal dae in drie jaar eenduisend-twee-en-sestig dae en in vyf jaar raak sy vyftig dae agter: [d.i. by die som [van eenduisend-sewehonderd-en-sewentig] moet daar vyf bygetel word ['n duisend plus] twee-en-sestig dae].

HEN 74:14 : Vir die maan alleen is die aantal dae in drie jaar 1062 dae en in vyf jaar raak sy 50 dae agter: (d.i. by die som van 1770 moet daar 'n duisend getel word 62 dae).

HEN 74:15 : En in vyf jaar is daar eenduisend-sewehonderd-en-sewentig dae, en vir die maan die dae, ses in agt jaar gee een-en-twintig komma agt drie twee dae.

HEN 74:15 : En in vyf jaar is daar 1770 dae, en vir die maan tel agt jaar se dae 2832 dae.

HEN 74:16 : [Want in agt jaar raak sy agter met tagtig dae], al die dae wat sy agterraak in agt jaar is tagtig.

HEN 74:17 : En die jare/jaar word akkuraat voltooi in ooreenstemming met hulle wêreldstasies en die stasies van die son, wat deur die poorte opkom, want hy [die son] styg en sak in dertig dae.

HEN 74:17 : Die jaar word dan akkuraat voltooi in ooreenstemming met die stand van die mane en die son, wat deur verskillende poorte opkom, wat opkom en ondergaan vir dertig dae.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
74
Pablo Software Solutions Datum
OT