Die demoralisering van die adamiet
HEN 7:1 : EN al die ander saam met hulle het vir hulle vroue gevat, en elkeen het vir homself een gekies in die eenduisend-eenhonderd-en-sewentigste jaar van die wêreld, en hul het by hulle ingegaan en hulle besoedel deur met hulle te vermeng. En hulle het aan die vroue towerspreuke en betowerings geleer; ook hoe om wortels te sny en het aan hulle bome getoon.
HEN 7:2 : En hulle het swanger geraak en groot reuse gebaar, reuse wat [besonder groot] groot was; [Génesis 6:4-6], reuse wat drieduisend el groot was;
(('n el is ongeveer 20-21 duim, m.a.w. 50-52.5 cm (halwe meter). 3000 ÷ 2 = 1500m (1.5-1.87 km) Góliat was dus klein in vergelyking met hulle: 1SAM 17:4 Toe kom daar 'n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Góliat, uit Gat; sy hoogte was ses el (3m) en 'n span('n uitgestrekte hand van duim tot pinkie; ± 20-25 cm)))
.
HEN 7:3 : Hulle [die reuse] het alles wat die adamiet tot stand gebring het, verteer en tot niet gemaak. En toe die adamiete hulle nie langer kon verduur nie,
HEN 7:4 : het die reuse teen hulle opgestaan en die adamiete verslind.
HEN 7:5 : Hulle het begin om teen die voëls te oortree, teen diere, en reptiele en visse, en ook om mekaar se vlees te verorber en die bloed te drink. [MattithJaHûW 24:37-39]
HEN 7:6 : Toe het die Aarde die wetteloses aangekla.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.