Die val van die engele en die sedebederf van die mensdom
Die val van die Boodskappers
HEN 86:1 : EN weer het ek met my oë gesien terwyl ek geslaap het, en ek het die Hemele daarbo gesien, en kyk, 'n Ster het uit die Hemele geval, en hy het opgestaan en geëet en gewei tussen daardie bulle. [JeshaJaH 14:12; JeségiEl 28; Lukas 10:18]
HEN 86:2 : Daarna het ek die groot en swart bulle gesien, en hulle het almal hul stalle [begin] verander, en hul weiplekke, en hul bulle, en hulle het bymekaar begin woon.
HEN 86:3 : En ek het weer die visioen gesien, en het opgekyk na die Hemele, en kyk, ek het baie Sterre sien neerdaal, en hulle het hulle by die eerste Ster op die Aarde gevoeg, en hulle het bulle geword tussen daardie bulle, en saam met hulle gewei, tussen hulle. [Génesis 6:1-6; Judas 1]
HEN 86:4 : En ek het na hulle gekyk, en gesien, en kyk, hulle het hul geslagsdele uitgehaal, soos perde, en het die koeie van die bulle begin dek, en hulle het almal dragtig geword en olifante gebaar, en kamele en esels.
HEN 86:5 : Al die bulle het hulle gevrees en was vreesbevange vir hulle; en hulle [die wat gebaar is] het met hul tande begin byt om te verskeur en met hul horings gegaffel.
HEN 86:6 : Hulle het begin om daardie bulle te verslind; en kyk, al die kinders van die Aarde het begin bewe en skud voor hulle en het van hulle af weggevlug.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.