Die feesmaal van die Gees van Wysheid.
SPR 9:1 : DIE Wysheid het Haar Huis gebou, Haar sewe Pilare uitgekap, [Openbaring van Henog 11:40]
SPR 9:2 : Haar slagvee geslag, Haar wyn gemeng, ook Haar tafel gedek.
SPR 9:3 : Sy het Haar Diensmeisies uitgestuur, Sy nooi uit op die hange van die verhewe plekke van die Stad: [Spreuke 31:15; Hooglied 6:8; DaniEl 13:15]
SPR 9:4 : Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê Sy:
SPR 9:5 : Kom, eet julle van My Brood, en drink van die Wyn wat Ek gemeng het;
SPR 9:6 : laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die Weg van Verstand.
SPR 9:7 : Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n besoedelde bestraf, bevlek homself.
SPR 9:8 : Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
SPR 9:9 : Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal Insig vermeerder.
SPR 9:10 : Die beginsel van die Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en Kennis van die apartes is Verstand.
SPR 9:11 : Want deur My word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
SPR 9:12 : As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
SPR 9:13 : Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig; [Boekrol van Henog 42:3]
SPR 9:14 : en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die verhewe plekke van die Stad,
SPR 9:15 : om te nooi die wat op die Weg verbygaan, die wat op hulle Paaie reguit wandel:
SPR 9:16 : Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
SPR 9:17 : Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim [geëet], is lekker.
SPR 9:18 : Maar hy weet nie dat daar skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die Doderyk/Sheol is nie.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.