1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die uitnemendheid van die Wysheid.

SPR 8:1 : ROEP die Wysheid nie, en verhef die Verstand nie Haar Stem nie?

SPR 8:2 : Op die top van die verhewe plekke langs die Weg, op die kruispunt van die Paaie staan Sy,

SPR 8:3 : aan die kant van die Poorte by die uitgang van die Stad, by die ingang van die deure roep Sy hardop:

SPR 8:4 : Ek roep na julle, manne, en My Stem is tot die seuns van die Adam.

SPR 8:5 : Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

SPR 8:6 : Hoor, want Ek sal voortreflike dinge spreek, en My Lippe gaan oop vir wat Reg is.

SPR 8:7 : Want My verhemelte spreek Waarheid, en besoedeling is vir My Lippe 'n gruwel.

SPR 8:8 : Al die Woorde van My Mond is Geregtigheid; geen verdraaidheid of valsheid nie,

SPR 8:9 : hulle is almal duidelik vir die verstandige en Reg vir die wat Kennis gevind het.

SPR 8:10 : Neem My Tug aan, en nie silwer nie, en Kennis liewer as uitgesoekte goud.

SPR 8:11 : Want Wysheid is suiwerder as robyne, en al die kleinode kan nie met Haar vergelyk word nie.

SPR 8:12 : Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en Ek vind Kennis van regte Oorleg.

SPR 8:13 : Die Vrees van JaHWeH is om te haat wat besoedel is; hoogmoed en trotsheid en 'n besoedelde wandel en 'n huigelagtige mond haat Ek.

SPR 8:14 : Raad en Wysheid is Myne, Ek is die Insig, Sterkte is Myne.

SPR 8:15 : Deur My regeer die konings en skryf die maghebbers wetgewing van Geregtigheid;

SPR 8:16 : deur My heers die vorste en die edeles, al die regters van die Aarde.

SPR 8:17 : Ék het lief die wat My liefhet, en die wat My soek, sal My vind.

SPR 8:18 : Rykdom en Eer is by My, duursame goed en Geregtigheid.

SPR 8:19 : My vrug is suiwerder as goud en as fyn goud, en My opbrengs as uitgesoekte silwer.

SPR 8:20 : Ek wandel op die Weg van Geregtigheid, in die middel van die Paaie van Reg,

SPR 8:21 : om die wat My liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak Ek vol.

Die Gees van Wysheid bestaan van ewigheid af.

SPR 8:22 : JaHWeH het My berei as eersteling van Sy Weg, voor Sy werke, van ouds af. [Wysheid van Sirah 24]

SPR 8:23 : Van ewigheid af is Ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die Aarde af.

SPR 8:24 : Toe daar nog geen Afgrond was nie, is Ek gebore; toe Fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

SPR 8:25 : voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is Ek gebore;

SPR 8:26 : toe HY die Aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

SPR 8:27 : Toe HY die Hemele berei het, was Ek daar; toe HY 'n kring afgetrek het op die aangesig van die Afgrond;

SPR 8:28 : toe HY die Hemele daarbo versterk het, toe die Fonteine van die Afgrond versterk was;

SPR 8:29 : toe HY vir die see sy grens gestel het, dat die waters SY bevel nie sou oortree nie; toe HY die fondamente van die Aarde vasgelê het -

SPR 8:30 : toe was Ek by HOM, soos een wat opgelei word en Ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor SY Aangesig altyd,

SPR 8:31 : en het gespeel op die bewoonde deel van SY Aarde, en My verlustiginge was met die seuns van adam.

SPR 8:32 : Luister dan nou na My, seuns; want geseënd is hulle wat My Weë bewaar.

SPR 8:33 : Luister na Tug en word wys, en verwerp Haar nie.

SPR 8:34 : Geseënd is die adamiet wat na My luister, om dag vir dag te waak aan My deure, by die syposte van My Poorte die wag te hou.

SPR 8:35 : Want hy wat My vind, het die lewe gevind en verkry Vreugde van JaHWeH.

SPR 8:36 : Maar hy wat My nie vind nie, benadeel sy eie siel; almal wat My haat, het die Dood lief.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
8
Pablo Software Solutions Datum
OT