| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
SPR 22:1 : 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, Guns suiwerder as silwer en as goud. SPR 22:2 : Rykes en armes ontmoet mekaar, JaHWeH het hulle almal gemaak. SPR 22:3 : 'n Verstandige sien die besoedeling en verberg hom, maar die dwaas gaan verder en word gestraf. SPR 22:4 : Die loon van nederigheid en die Vrees van JaHWeH, is rykdom, eer en lewe. SPR 22:5 : Dorings, vangnette lê op die pad van die verbasteringsvoorstaander; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan. [Génesis 3:18; Markus 4:18] SPR 22:6 : Leer die seun volgens die Mond die Weg; dan sal hy, ook as hy oud word, van Haar nie afwyk nie. [Psalm 18:30] SPR 22:7 : Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. SPR 22:8 : Wie wetsverbreking saai, sal hartseer maai; met die stok van sy woede sal hy vernietig word. SPR 22:9 : Wie 'n suiwer oog het, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee. SPR 22:10 : Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. SPR 22:11 : Hy wat suiwerheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is - die koning is sy vriend. SPR 22:12 : Die Oë van JaHWeH bewaar Kennis; daarom verdraai Hy die woorde van die verraaier. SPR 22:13 : Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate vermoor word! SPR 22:14 : Die mond van verbasterde vroue is 'n misterieuse kuil; hy op wie JaHWeH vertoornd is, sal daarin val. SPR 22:15 : As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal haar daaruit verwyder. SPR 22:16 : Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net. Sedespreuke SPR 22:17 : Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op My Kennis. SPR 22:18 : Want Sy is lieflik as jy Haar in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. SPR 22:19 : Dat jou vertroue op JaHWeH mag wees, daarom onderrig Ek jou vandag, ja, vir jou. SPR 22:20 : Het Ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met Raad en met Kennis, SPR 22:21 : om jou bekend te maak Waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van Waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie? SPR 22:22 : Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie. SPR 22:23 : Want JaHWeH sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die siel berowe. SPR 22:24 : Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, SPR 22:25 : sodat jy nie gewoond raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie. SPR 22:26 : Wees nie onder die wat die [hand]palm klap, onder die wat vir skulde borg staan nie. SPR 22:27 : As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem? SPR 22:28 : Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. SPR 22:29 : Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk - hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |