| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die woorde van Agur. SPR 30:1 : DIE woorde van Agur, die seun van Jake; die las: Die uitspraak van 'n vegter aan IthiEl - selfs IthiEl en Ukal: SPR 30:2 : Ja, ek is dommer as 'n mens, en ek het geen Insig van 'n adamiet nie. SPR 30:3 : En ek het nie die Wysheid geleer nie, ek het geen Kennis van Apartheid nie. SPR 30:4 : Wie het na die Hemele opgeklim en neergedaal? Wie het die Gees in SY vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die Aarde vasgestel? Hoe is SY Naam? En hoe is die Naam van SY Seun - as jy dit weet? [Boekrol van Henog 62:1] SPR 30:5 : Die Woord van Elowahh is gelouter; Hy is 'n Skild vir die wat by Hom skuil. [Psalm 18:30] SPR 30:6 : Voeg by Sy Woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie. SPR 30:7 : Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: SPR 30:8 : Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die Brood wat vir my bestem is; SPR 30:9 : dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is JaHWeH? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en die Naam van my Elohey vergryp nie. SPR 30:10 : Belaster nie 'n slaaf by sy meester nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie. SPR 30:11 : Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie, SPR 30:12 : 'n geslag wat suiwer is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie, SPR 30:13 : 'n geslag - hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! - SPR 30:14 : 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die Aarde te verteer en die behoeftiges onder die adamiete uit. SPR 30:15 : Die Bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Hierdie drie word nooit versadig nie; vier sê: nooit genoeg nie! - SPR 30:16 : die Doderyk/Sheol en die Toegesluite moederskoot, die Aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat sê: nooit genoeg nie! [Wysheid van Salomo 4:1; 2 Nikodémus 4:1] SPR 30:17 : 'n Oog wat met die Vader spot en die gehoorsaamheid aan die Moeder verag - die kraaie van die dal sal haar uitpik, en die kuikens van die arend sal haar verslind. SPR 30:18 : Drie is hulle wat vir my te ongelooflik is, ja, vier wat ek nie begryp nie: SPR 30:19 : die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n krygsman by 'n maagd. SPR 30:20 : So is die weg van 'n vrou wat vermeng; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het niks verkeerd gedoen nie. SPR 30:21 : Onder drie bewe die Aarde, en onder vier kan sy hulle nie uithou nie: SPR 30:22 : onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het; SPR 30:23 : onder 'n nie-geliefde as sy [tog] 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe. SPR 30:24 : Vier is hulle wat klein is op die Aarde, maar hulle is uitermate wys: SPR 30:25 : die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer; SPR 30:26 : die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots; SPR 30:27 : die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit; SPR 30:28 : die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise. SPR 30:29 : Drie is hulle wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop: SPR 30:30 : die leeu, die dappere onder die diere, wat vir niks omdraai nie; SPR 30:31 : die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom. SPR 30:32 : As jy dwaas was deur jou te verhef, of as jy [vooraf] nagedink het - die hand op die mond! SPR 30:33 : Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |