1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Teen borgstaan. Sewe dinge wat Elohim haat.

SPR 6:1 : MY seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, en jou handpalm vir 'n verbasterde gegee het, [Spreuke 11:15]

SPR 6:2 : verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,

SPR 6:3 : doen dan dit, My seun, om jouself te bevry - wanneer jy in die handpalms van jou vriend geval het - gaan onderwerp jouself en bemoedig jou vriend,

SPR 6:4 : gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;

SPR 6:5 : red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.

SPR 6:6 : Gaan na die mier, luiaard, kyk na haar weë en word wys!

SPR 6:7 : Wie vir haar geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,

SPR 6:8 : maak haar brood klaar in die somer, bêre haar voedsel weg in die oestyd.

SPR 6:9 : Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

SPR 6:10 : Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om uit te rus!

SPR 6:11 : So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.

SPR 6:12 : 'n Adamiet van Belijaal, 'n wettelose is hy wat met 'n valse mond rondloop,

SPR 6:13 : wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

SPR 6:14 : in wie se hart valse streke is, wat altyd besoedeling bewerk en tweedrag saai.

SPR 6:15 : Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.

SPR 6:16 : Hierdie ses dinge haat JaHWeH, en sewe is vir SY Siel 'n gruwel:

SPR 6:17 : trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,

SPR 6:18 : 'n hart wat wettelose planne beraam, voete wat haastig na die besoedeling toe loop, [1 Ezra 1:26]

SPR 6:19 : een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

Waarskuwing teen die slegte vrou(, 'n verleidelike geloof.)

SPR 6:20 : BEWAAR, My seun, die Gebod van jou Vader, en verwerp die Wet van jou Moeder nie; [Wysheid van Salomo 6:18]

SPR 6:21 : bind Haar voortdurend op jou hart, hang Haar om jou hals;

SPR 6:22 : mag Sy jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

SPR 6:23 : Want die Gebod is 'n lamp en die Wet is 'n Lig en die Teregwysing van die Tug 'n Weg tot die lewe, [Wysheid van Sirah 4:11-19]

SPR 6:24 : om jou te bewaar vir die Vrou van Besoedeling, vir die gevlei van 'n volksvreemde vrou.

SPR 6:25 : Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

SPR 6:26 : want 'n vrou hoereer vir 'n ronde brood, en 'n vrou van 'n man maak jag op 'n kosbare siel.

SPR 6:27 : Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

SPR 6:28 : Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?

SPR 6:29 : So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.

SPR 6:30 : 'n Dief word nie verag as hy steel om sy siel te bevredig nie, omdat hy honger het;

SPR 6:31 : en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

SPR 6:32 : Hy wat vermeng, is sonder Verstand; hy wat sy eie siel wil verwoes, hy doen so iets;

SPR 6:33 : slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;

SPR 6:34 : want Jaloersheid is 'n Toorngloed in 'n vegter, en op die dag van wraak verskoon Hy nie; [Exodus 20:5]

SPR 6:35 : Hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en Hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
6
Pablo Software Solutions Datum
OT