1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

SPR 29:1 : 'N MAN wat baie tereggewys is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.

SPR 29:2 : As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die besoedelde heers, sug die volk.

SPR 29:3 : 'n Man wat die Wysheid liefhet, verbly sy Vader; maar hy wat verbaster, vernietig sy erfenis.

SPR 29:4 : 'n Koning hou deur Reg die Aarde in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes haar.

SPR 29:5 : 'n Sterk man wat sy vriend vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.

SPR 29:6 : In die oortreding van 'n besoedelde persoon is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.

SPR 29:7 : Die regverdige ken die Reg van die armes, [maar] die besoedelde verkry geen Kennis nie.

SPR 29:8 : Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.

SPR 29:9 : Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.

SPR 29:10 : Manne van bloed haat die opregtes, en hulle soek die siel van die rassuiwere.

SPR 29:11 : 'n Dwaas laat al sy gees uitvaar, maar 'n wyse bring haar eindelik tot bedaring.

SPR 29:12 : 'n Vors wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is besoedeldes.

SPR 29:13 : Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, JaHWeH verlig altwee se oë.

SPR 29:14 : 'n Koning wat aan die armes Reg in Waarheid verskaf, Sy Troon sal vir Ewig bevestig wees.

SPR 29:15 : Die roede en teregwysing gee Wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.

SPR 29:16 : As die besoedelde vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.

SPR 29:17 : Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.

SPR 29:18 : As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die Wet onderhou, geseënd is hy.

SPR 29:19 : Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.

SPR 29:20 : Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.

SPR 29:21 : As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.

SPR 29:22 : 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.

SPR 29:23 : Die trotsheid van 'n adamiet verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.

SPR 29:24 : Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.

SPR 29:25 : Die vrees vir die adamiet span 'n strik; maar hy wat op JaHWeH vertrou, sal beskut word.

SPR 29:26 : Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die Reg van 'n mens kom van JaHWeH.

SPR 29:27 : 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die besoedelde is die opregte van wandel 'n gruwel.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
29
Pablo Software Solutions Datum
OT