| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Saggéüs Redding vir 'n seun van Abraham. LUK 19:1 : EN Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan. LUK 19:2 : En daar was 'n man met die naam van Saggéüs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man. LUK 19:3 : En hy het probeer om JaHWèshua te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was. LUK 19:4 : En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan. LUK 19:5 : En toe JaHWèshua by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. LUK 19:6 : Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang. LUK 19:7 : En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n man wat oortree, tuisgegaan. LUK 19:8 : Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Meester gesê: Meester, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug. LUK 19:9 : Toe sê JaHWèshua aan hom: Vandag het daar Verlossing vir hierdie huis gekom, omrede hierdie man ook 'n seun van Abraham is. LUK 19:10 : Want die Seun van die Adam het gekom om te soek en te red wat verlore was. Gelykenis van die ponde Die voorstelling van die terugkeer van ons Verlosser. LUK 19:11 : EN terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die Koninkryk van Elohim onmiddellik sou verskyn. LUK 19:12 : Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver deel van die Aarde gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom. LUK 19:13 : En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien geldstukke en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. LUK 19:14 : Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. LUK 19:15 : En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. LUK 19:16 : En die eerste het verskyn en gesê: Meester, u geldstuk het tien geldstukke wins gemaak. LUK 19:17 : En hy sê vir hom: Mooi so, suiwer dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. LUK 19:18 : En die tweede kom en sê: Meester, u geldstuk het vyf geldstukke verdien. LUK 19:19 : En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede. LUK 19:20 : En 'n ander een kom en sê: Meester, hier is u geldstuk wat ek in 'n doek weggesit het; LUK 19:21 : want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie. LUK 19:22 : Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, besoedelde dienskneg! Jy het geweet dat ek 'n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie. LUK 19:23 : Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het. LUK 19:24 : En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die geldstuk van hom weg en gee dit aan hom wat die tien geldstukke het - LUK 19:25 : en hulle sê vir hom: Meester, hy het tien geldstukke - LUK 19:26 : want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het. LUK 19:27 : Maar daardie vyande van My wat nie wou hê dat Ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor My dood. LUK 19:28 : En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem. Die intog van JaHWèshua in Jerusalem. LUK 19:29 : EN toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Berg van die Olywe genoem word, het Hy twee van Sy studente uitgestuur LUK 19:30 : en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen adamiet ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom. LUK 19:31 : En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? - moet julle so vir hom sê: Die Meester het hom nodig. LUK 19:32 : En die wat gestuur was, gaan toe en vind hom soos Hy aan hulle gesê het. LUK 19:33 : En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los? LUK 19:34 : En hulle antwoord: Die Meester het hom nodig. LUK 19:35 : Toe bring hulle hom na JaHWèshua toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat JaHWèshua daarop sit. LUK 19:36 : En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad. LUK 19:37 : En toe Hy al naby die afdraand van die Berg van die Olywe kom, begin die hele menigte studente die Elohim met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, LUK 19:38 : terwyl hulle sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van JaHWeH, Vrede in die Hemele en Glansrykheid in die Hoogste El! [Psalm 118:26; ZekarJaH 9:9-15] LUK 19:39 : En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf U studente! LUK 19:40 : En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep. LUK 19:41 : En toe Hy naby kom en die Stad sien, het Hy oor Haar geween LUK 19:42 : en gesê: As Jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van Jou, die dinge wat tot Jou Vrede dien! Maar nou is dit vir Jou oë bedek. LUK 19:43 : Want daar sal dae oor Jou kom dat Jou vyande 'n skans rondom Jou sal opwerp en Jou omsingel en Jou van alle kante insluit. LUK 19:44 : En hulle sal Jou en Jou kinders in Jou teen die Aarde verpletter; en hulle sal in Jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat Jy die gunstige tyd toe JaHWeH Jou besoek het, nie opgemerk het nie. Reiniging van die tempel JaHWèshua verwilder die addergeslag. LUK 19:45 : EN toe Hy in die Tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag. LUK 19:46 : En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My Huis sal 'n Huis van gebed genoem word vir al die stamme. Maar julle het hom 'n rowerspelonk gemaak. [JeshaJaH 56:7, JirmeJaH 7:11] LUK 19:47 : En elke dag was Hy besig om in die Tempel te leer; en die owerpriesters en die skrywers en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring- LUK 19:48 : en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |