1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

 

HAN28.htm

JaHWèshua voor Pilatus en voor Herodus.

LUK 23:1 : EN die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.

LUK 23:2 : En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self die Gesalfde, die Koning, is.

LUK 23:3 : Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die manne van JeHûWdah? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.

LUK 23:4 : En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.

LUK 23:5 : Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met Sy leer die hele JeHûWdah deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.

LUK 23:6 : En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man 'n Galiléër is.

LUK 23:7 : En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.

LUK 23:8 : En toe Herodes JaHWèshua sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander Teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.

LUK 23:9 : En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.

LUK 23:10 : En die owerpriesters en die skrywers het Hom heftig staan en beskuldig.

LUK 23:11 : En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.

LUK 23:12 : En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.

LUK 23:13 : Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:

LUK 23:14 : Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;

LUK 23:15 : ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.

LUK 23:16 : Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.

LUK 23:17 : En hy was verplig om vir hulle op die Fees een los te laat.

LUK 23:18 : Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!

LUK 23:19 : Dié was oor 'n sekere opstand wat in die Stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.

LUK 23:20 : Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy JaHWèshua wou loslaat;

LUK 23:21 : maar hulle het aangehou roep en sê: Folter, folter Hom! [Deuteronómium 21:22]

LUK 23:22 : En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.

LUK 23:23 : Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gefolter moes word; en hulle geroep en die van die owerpriesters het die oorhand gekry.

LUK 23:24 : Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.

LUK 23:25 : En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar JaHWèshua het hy aan hulle wil oorgelewer.

JaHWèshua op weg na Ghulgholeth/Gólgota

LUK 23:26 : EN toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die folterpaal op hom om hom agter JaHWèshua aan te dra.

LUK 23:27 : En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.

LUK 23:28 : Maar JaHWèshua het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;

LUK 23:29 : want daar kom dae waarin hulle sal sê: Geseënd is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.

LUK 23:30 : Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!

LUK 23:31 : Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!

LUK 23:32 : En daar is nog twee ander, kriminele, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.

Die marteling

En JaHWèshua sê: "VADER, vergeef hulle nie, want hulle weet wat hulle doen."

LUK 23:33 : EN toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gefolter, en die kriminele, een aan die regter en een aan die linkerkant.

LUK 23:34 : En JaHWèshua sê: VADER, vergeef hulle nie, want hulle weet wat hulle doen. En hulle het Sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp. [Psalm 22:18, Psalm 69:21-28 Klaagl van JirmeJaH 3:63-66]]

LUK 23:35 : En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Gesalfde, die uitverkorene van die Elohim, is. [Psalm 22:16]

LUK 23:36 : En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring [Psalm 69:21; JeHôWganan 19:29]

LUK 23:37 : en gesê: As U die Koning van die manne van JeHûWdah is, verlos Uself.

LUK 23:38 : En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: !ydiWhyÒh' &l,m, aWh hz ² -

HY IS DIE KONING VAN DIE MANNE VAN JEHûWDAH.

LUK 23:39 : En een van die kriminele wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Gesalfde is, verlos Uself en ons.

LUK 23:40 : Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy nie ook die Elohim nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? -

LUK 23:41 : ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.

LUK 23:42 : En hy sê vir JaHWèshua: Dink aan my, Meester, wanneer U in U Koninkryk kom.

LUK 23:43 : En JaHWèshua antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. [Nikodemus 10]

LUK 23:44 : En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele Aarde gekom tot die negende uur toe;

LUK 23:45 : en die son is verduister; en die voorhangsel van die Tempel het middeldeur geskeur. [Exodus 26:31; Boodskap van Jakobus 10:1]

LUK 23:46 : En JaHWèshua het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: VADER, in U Hande gee Ek My Gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

LUK 23:47 : En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy die Elohim vereer en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.

LUK 23:48 : En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.

LUK 23:49 : En al Sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.

Die begrafnis.

LUK 23:50 : EN daar was 'n man met die naam van JôWsef, 'n lid van die Raad, 'n suiwer en regverdige man

LUK 23:51 : - hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie - van Arimathéa, 'n stad van JeHûWdah, [Hy het] ook self die Koninkryk van die Elohim verwag.

LUK 23:52 : Hy het na Pilatus gegaan en die Liggaam van JaHWèshua gevra

LUK 23:53 : en Hom afgehaal en in linne toegedraai en Hom neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.

LUK 23:54 : En dit was die dag van voorbereiding, en die Sabbat het nader gekom.

LUK 23:55 : En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe Sy liggaam neergelê was.

LUK 23:56 : Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei om op die Sabbat te rus volgens die Gebod.

HAN28.htm

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
23
Pablo Software Solutions Datum
NT