1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die sending van die sewentig studente na die JisraEliete.

LUK 10:1 : EN ná hierdie dinge het die Meester weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

LUK 10:2 : Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Smeek dan die Meester van die oes dat Hy arbeiders in Sy oes uitstuur.

LUK 10:3 : Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

LUK 10:4 : Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.

LUK 10:5 : En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!

LUK 10:6 : En as dáár 'n man van Vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

LUK 10:7 : Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.

LUK 10:8 : En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word.

LUK 10:9 : En maak die siekes gesond wat in haar is, en sê vir hulle: Die Koninkryk van die Elohim het naby julle gekom.

LUK 10:10 : Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op haar strate en sê:

LUK 10:11 : Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die Koninkryk van die Elohim naby julle gekom het.

LUK 10:12 : En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.

LUK 10:13 : Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

LUK 10:14 : Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

LUK 10:15 : En jy, Kapérnaüm, wat tot die Hemele toe verhoog is, in die Doderyk/Sheol sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die put! [JeshaJaH 14:15]

LUK 10:16 : Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp HOM wat My gestuur het.

LUK 10:17 : En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Meester, ook die demone onderwerp hulle aan ons in U Naam. [Boekrol van Henog 44; 86:1]

LUK 10:18 : Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die Hemele sien val. [Boekrol van Henog 44:86; JeshaJaH 14:12; JeségiEl 28]

LUK 10:19 : Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. [JeségiEl 2:6]

LUK 10:20 : Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die Hemele opgeskrywe is.

LUK 10:21 : In dieselfde uur het JaHWèshua Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, VADER, Hoogste El van die Hemele en die Aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandiges en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, VADER, want so was dit U welbehae.

LUK 10:22 : Alles is aan My oorgegee deur My VADER; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die VADER, en wie die VADER is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.

LUK 10:23 : En Hy het Hom omgedraai na Sy studente en afsonderlik aan hulle gesê. Geseënd is die oë wat sien wat julle sien;

LUK 10:24 : want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Gelykenis van die barmhartige Samaritaan. JaHWèshua bevestig die onderhouding van die Wet.

LUK 10:25 : EN daar het 'n sekere wetsvertolker opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die Ewige Lewe te beërwe?

LUK 10:26 : En Hy antwoord hom: Wat is in die Wet geskrywe? Hoe lees jy?

LUK 10:27 : En hy antwoord en sê: Jy moet JaHWeH jou Elohey liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou volksgenote soos jouself. [Levítikus 19:18, Deuteronómium 6:5]

LUK 10:28 : Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

LUK 10:29 : Maar hy wou homself regverdig, en sê vir JaHWèshua: En wie is my naaste?

LUK 10:30 : En JaHWèshua antwoord en sê: 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

LUK 10:31 : En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

LUK 10:32 : En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

LUK 10:33 : Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

LUK 10:34 : en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.

LUK 10:35 : En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

LUK 10:36 : Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

LUK 10:37 : En hy antwoord: Hy wat Barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê JaHWèshua vir hom: Gaan en doen jy net so.

Martha en Mirjam.

LUK 10:38 : EN op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

LUK 10:39 : En sy het 'n suster gehad met die naam van Mirjam; dié het aan die voete van JaHWèshua gesit en na Sy woord geluister.

LUK 10:40 : Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Meester, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.

LUK 10:41 : Maar JaHWèshua antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;

LUK 10:42 : maar een ding is nodig; en Mirjam het die suiwer deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
10
Pablo Software Solutions Datum
NT