1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die opstanding

JaHWèshua oorwin Satan.

LUK 24:1 : EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle berei was.

LUK 24:2 : En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.

LUK 24:3 : En toe hulle ingaan, het hulle nie die Liggaam van die Meester JaHWèshua gekry nie.

LUK 24:4 : En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee Manne by hulle in glansende klere.

LUK 24:5 : En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die Aarde buig, sê die Manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

LUK 24:6 : Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:

LUK 24:7 : Die Seun van die Adam moet oorgelewer word in die hande van sterflinge [en] die oortreders en gefolter word en op die derde dag opstaan.

LUK 24:8 : En hulle het Sy woorde onthou.

LUK 24:9 : Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.

LUK 24:10 : En dit was Mirjam die Migdalieth en JôWhana en Mirjam, [die moeder] van Jakobus, [en die ander vroue] saam met hulle wat dit aan die Apostels vertel het.

LUK 24:11 : En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.

LUK 24:12 : Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.

Die Emmaüsgangers.

LUK 24:13 : EN twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.

LUK 24:14 : En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.

LUK 24:15 : En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom JaHWèshua self nader en loop met hulle saam.

LUK 24:16 : Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

LUK 24:17 : En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?

LUK 24:18 : En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae in haar gebeur het nie?

LUK 24:19 : En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande JaHWèshua, die Nasaréner, wat 'n Profeet was, kragtig in werk en Woord voor die Aangesig van JaHWeH en die hele volk;

LUK 24:20 : en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gefolter het.

LUK 24:21 : En ons het gehoop dat dit Hy was wat JisraEl sou verlos; maar nou is dit vandag, reeds al drie dae vandat dit plaasgevind het.

LUK 24:22 : Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeër by die graf was;

LUK 24:23 : en toe hulle Sy Liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van Boodskappers wat sê dat Hy lewe.

LUK 24:24 : En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.

LUK 24:25 : En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die Profete gespreek het!

LUK 24:26 : Moes die Gesalfde nie hierdie dinge ly en in Sy Glansrykheid ingaan nie?

LUK 24:27 : En Hy het begin van Moshè en al die Profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

LUK 24:28 : Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;

LUK 24:29 : maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

LUK 24:30 : En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die Brood en dank; en Hy breek Hom en gee Hom aan hulle.

LUK 24:31 : Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

LUK 24:32 : En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

LUK 24:33 : Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,

LUK 24:34 : wat sê: die Meester het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.

LUK 24:35 : Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die Brood.

Verskyning van JaHWèshua aan die Apostels.

LUK 24:36 : EN terwyl hulle hieroor praat, staan JaHWèshua self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

LUK 24:37 : Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien.

LUK 24:38 : En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

LUK 24:39 : Kyk na My hande en My voete, want Ek Is. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

LUK 24:40 : En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle Sy hande en Sy voete.

LUK 24:41 : En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?

LUK 24:42 : Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.

LUK 24:43 : En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.

LUK 24:44 : En Hy sê vir hulle: Dit is die Woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die Wet van Moshè en die Profete en die Psalms, vervul moet word. [Deuteronómium 18:15]

LUK 24:45 : Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

LUK 24:46 : En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Gesalfde ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

LUK 24:47 : en bekering en vergewing van oortredinge in Sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.

LUK 24:48 : En julle is getuies van hierdie dinge.

LUK 24:49 : En kyk, Ek stuur die Belofte van My VADER op julle. Maar julle moet in die Stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met Krag uit die hoogte.

Die hemelvaart

LUK 24:50 : En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het Sy hande opgehef en hulle geseën.

LUK 24:51 : En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die Hemele opgeneem.

LUK 24:52 : En hulle het Hom vereer en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.

LUK 24:53 : En hulle was gedurig in die Tempel en het die Elohim geprys en gedank. Amein.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
24
Pablo Software Solutions Datum
NT