| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Oor die struikelblokke. Oor die vergifnis van belediginge en die krag van die wet. Die nuttelose dienskneg Die struikelblokke LUK 17:1 : EN Hy het vir Sy studente gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. LUK 17:2 : Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel. LUK 17:3 : Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou oortree, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. LUK 17:4 : En as hy sewe maal op 'n dag teen jou oortree en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou - moet jy hom vergewe. LUK 17:5 : Toe het die Apostels aan die Meester gesê: Gee ons meer Geloof. LUK 17:6 : En die Meester sê: As julle Geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant - en sy sou julle gehoorsaam wees. LUK 17:7 : En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel? LUK 17:8 : Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? LUK 17:9 : Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie. LUK 17:10 : So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen. Genesing van tien melaatses. LUK 17:11 : EN op Sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan. LUK 17:12 : En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het. LUK 17:13 : En hulle het hul stem verhef en gesê: JaHWèshua, Meester, wees ons barmhartig! LUK 17:14 : En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, is hulle gesuiwer. LUK 17:15 : En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en die Elohim met 'n groot stem vereer. LUK 17:16 : En hy het op sy aangesig neergeval by Sy voete en Hom gedank. En hy was 'n inwoner van Samaría. LUK 17:17 : Toe antwoord JaHWèshua en sê: Is tien nie gesuiwer nie? En waar is die nege? LUK 17:18 : Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om Elohim te eer behalwe hierdie vreemdeling nie? LUK 17:19 : En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou Geloof het jou gered. Oor die skielike koms van die koninkryk van Elohim Koninkryk van Elohim in Sy nageslag. LUK 17:20 : EN toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die Koninkryk van die Elohim sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die Koninkryk van die Elohim kom nie met sigbare tekens nie. LUK 17:21 : En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die Koninkryk van die Elohim is in julle midde. LUK 17:22 : En Hy sê vir Sy studente: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die Adam te sien, en julle sal dit nie sien nie. LUK 17:23 : En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie. LUK 17:24 : Want soos die weerlig wat van die een kant onder die Hemele blits en tot by die ander kant onder die Hemele skyn, so sal die Seun van die Adam ook in Sy dag wees. LUK 17:25 : Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie saadlyn verwerp word. LUK 17:26 : En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die Adam: LUK 17:27 : hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die Ark ingegaan het, en die vloed gekom en almal vernietig het. LUK 17:28 : Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. LUK 17:29 : Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die Hemele af gereën en almal vernietig. LUK 17:30 : Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die Adam geopenbaar word. LUK 17:31 : In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie. LUK 17:32 : Dink aan die vrou van Lot! LUK 17:33 : Elkeen wat probeer om sy siel te red, sal haar verloor; en elkeen wat haar verloor, sal haar behou. LUK 17:34 : Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. LUK 17:35 : Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. LUK 17:36 : Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. LUK 17:37 : En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Meester? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |