| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
LUK 12:1 : TOE duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan Sy studente te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is toneelspel. LUK 12:2 : En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. LUK 12:3 : Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die Lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word. Wie gevrees moet word. LUK 12:4 : EN Ek sê vir julle, My vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; LUK 12:5 : maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom! LUK 12:6 : Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor Elohim vergeet nie. LUK 12:7 : Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. LUK 12:8 : En Ek sê vir julle: Elkeen wat vir My sal getuig voor die mense, vir hom sal die Seun van die Adam ook getuig voor die Boodskappers van die Elohim. LUK 12:9 : Maar hy wat teen My getuig voor die mense, sal teen getuig word voor die Boodskappers van JaHWeH. LUK 12:10 : En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die Adam sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Gees van die Apartheid, sal dit nie vergewe word nie. LUK 12:11 : En wanneer hulle jul sal bring voor die vergaderings en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie; LUK 12:12 : want die Gees van die Apartheid sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê. Gelykenis van die ryk dwaas. LUK 12:13 : EN een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel. LUK 12:14 : Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as 'n regter of deler oor julle aangestel? LUK 12:15 : En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. LUK 12:16 : Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: 'n Ryk man se land het goed gedra. - LUK 12:17 : En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie? LUK 12:18 : Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goedere insamel. LUK 12:19 : En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. LUK 12:20 : Maar Elohim het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees? [Psalm 49:18] LUK 12:21 : So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in die Elohim nie. Die sorge van die lewe JisraEl, soek eers die Koninkryk van JaHWeH. LUK 12:22 : EN Hy het aan Sy studente gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul siel, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. LUK 12:23 : Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere. LUK 12:24 : Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed die Elohim hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie! LUK 12:25 : En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een voorarm by sy lengte voeg? LUK 12:26 : As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge? LUK 12:27 : Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy glansrykheid was nie bekleed soos een van hulle nie. LUK 12:28 : As JaHWeH dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges! LUK 12:29 : Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; LUK 12:30 : want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle VADER weet dat julle hierdie dinge nodig het. LUK 12:31 : Maar soek die Koninkryk van Elohim, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. LUK 12:32 : Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle VADER het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die Koninkryk te gee. LUK 12:33 : Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, 'n skat in die Hemele wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. LUK 12:34 : Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. Gelykenis van die waaksame dienskneg JisraEl, wees wakker! LUK 12:35 : LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. LUK 12:36 : En julle moet wees soos adamiete wat op hulle Meester wag wanneer Hy van die Bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir Hom kan oopmaak as Hy kom en aanklop. LUK 12:37 : Geseënd is daardie diensknegte vir wie die Meester wakker sal vind as Hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, Hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. LUK 12:38 : En as Hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind - geseënd is daardie diensknegte. LUK 12:39 : Maar weet dit: as die eienaar geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. LUK 12:40 : Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die Adam kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie. LUK 12:41 : Toe sê Petrus vir Hom: Meester, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal? LUK 12:42 : En die Meester antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die meester oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? LUK 12:43 : Geseënd is daardie dienskneg vir wie sy Meester, as Hy kom, só besig sal vind. LUK 12:44 : Waarlik, Ek sê vir julle, Hy sal hom oor al Sy besittings aanstel. LUK 12:45 : Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My Meester talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, LUK 12:46 : dan sal die Meester van daardie dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot maak van die ontroues. LUK 12:47 : En daardie dienskneg wat die wil van sy Meester geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; LUK 12:48 : maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis. JaHWèshua bring vuur en verdeeldheid op die Aarde. LUK 12:49 : EK het gekom om Vuur op die Aarde te werp, en hoe wens Ek dat Hy al aangesteek was! LUK 12:50 : Maar Ek het 'n wassing/doop om mee gewas/gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! [Levítikus 8:6] LUK 12:51 : Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die Aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. LUK 12:52 : Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. [Levítikus 8:6 - 17] LUK 12:53 : Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder. Die tekens van die tye. LUK 12:54 : EN Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook. LUK 12:55 : En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur. LUK 12:56 : Tweegesigte, die voorkoms van die Aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie? LUK 12:57 : En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat regverdig is nie? LUK 12:58 : Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die Regter sleep en die Regter jou oorgee aan die Geregsdienaar en die Geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie. [Ode van Salomo 33:11] LUK 12:59 : Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |