| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die was/doop van JeHôWganan. LUK 20:1 : EN op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die Tempel te leer en die goeie nuus te verkondig, kom die owerpriesters en die skrywers saam met die oudstes by Hom staan, LUK 20:2 : en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het? LUK 20:3 : En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra - sê vir My: LUK 20:4 : die was/doop van JeHôWganan, was dit uit die Hemele of uit mense? LUK 20:5 : Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die Hemele - sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie? LUK 20:6 : En as ons sê: Uit mense - sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat JeHôWganan 'n profeet is. LUK 20:7 : Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie. LUK 20:8 : En JaHWèshua sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie. Gelykenis van die landbouers Voorstelling van hoe die addergeslag ons Gesalfde verwerp. LUK 20:9 : TOE begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: 'n Sekere Man het 'n Wingerd geplant en Haar aan landbouers verhuur en vir 'n geruime tyd op reis gegaan. [Wysheid van Sirah 24:17] LUK 20:10 : En op die regte tyd het Hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle Hom van die vrug van die Wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur. [JeshaJaH 32:16] LUK 20:11 : En Hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur. LUK 20:12 : En Hy het weer 'n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf. LUK 20:13 : Toe sê die Eienaar van die Wingerd: Wat sal Ek doen? Ek sal My geliefde Seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle Hom sien. LUK 20:14 : Maar toe die landbouers Hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Hy is die Erfgenaam; kom laat ons Hom doodmaak, sodat die Erfdeel ons s'n kan wees. [Deuteronómium 18:2] LUK 20:15 : En hulle het Hom uit die Wingerd gewerp en Hom doodgemaak. Wat sal die Eienaar van die Wingerd dan aan hulle doen? LUK 20:16 : Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die Wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, definitief nie! LUK 20:17 : Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die Klip wat die bouers verwerp het, Sy het 'n Hoeksteen geword? [1 Petrus 2:9] LUK 20:18 : Elkeen wat op dié Klip val, sal verpletter word; maar elkeen op wie Sy val, dié sal Sy vermorsel. [Psalm 118:22, 23] Die vraag oor die belasting LUK 20:19 : Toe probeer die owerpriesters en die skrywers in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het. LUK 20:20 : En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat voorgegee het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op 'n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur. LUK 20:21 : En hulle het Hom gevra en gesê. Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die Weg van die Elohim in Waarheid leer - LUK 20:22 : is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? LUK 20:23 : Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? LUK 20:24 : Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n. LUK 20:25 : Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan Elohim wat Elohim toekom. LUK 20:26 : En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor Sy antwoord, het hulle geswyg. Die Sadduseërs en die opstanding Sy kinders soos Boodskappers in die Hemele. LUK 20:27 : EN sommige van die Sadduseërs het gekom - hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is - en Hom gevra LUK 20:28 : en gesê: Meester, Moshè het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer 'n nageslag grootmaak. LUK 20:29 : Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en kinderloos gesterwe. LUK 20:30 : En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe. LUK 20:31 : En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe. LUK 20:32 : En ten laaste het die vrou ook gesterwe. LUK 20:33 : In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? - want al sewe het haar as vrou gehad. LUK 20:34 : Toe antwoord JaHWèshua en sê vir hulle: Die kinders van hierdie tyd trou en word in die huwelik uitgegee; LUK 20:35 : maar die wat waardig geag word om daardie tydperk en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik gegee nie. [Openbaring 20:6] LUK 20:36 : Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die Boodskappers en is kinders van Elohim, omdat hulle kinders van die opstanding is. LUK 20:37 : En dat die dode opgewek word, het Moshè ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy JaHWeH noem die Elohey van Abraham en die Elohey van Isak en die Elohey van Jakob. [Exodus 3:1-6] LUK 20:38 : En die Elohim is nie 'n Elohey van die dooies nie, maar 'n Elohey van die lewendes, want almal leef vir Hom. LUK 20:39 : En sommige van die skrywers antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek. LUK 20:40 : En hulle het Hom nie meer iets durf vra nie. Die Gesalfde, die Seun van Dawid. LUK 20:41 : TOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Gesalfde die seun van Dawid is? LUK 20:42 : En Dawid self sê in die boek van die Psalms: JaHWeH het tot My Meester gespreek: Sit aan My regterkant [Openbaring 5:6] LUK 20:43 : totdat Ek U vyande maak maak 'n Voetbank vir U voete. [Psalm 110:1] LUK 20:44 : Dawid noem Hom dan Meester, en hoe is Hy sy seun? JaHWèshua waarsku teen die skrywersskrifgeleerdes. LUK 20:45 : EN terwyl die hele volk luister, sê Hy vir Sy studente: LUK 20:46 : Pas op vir die skrywers wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die vergaderings en die voorste plekke by die maaltye. LUK 20:47 : Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |