1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Henog (HEN)
Open-Henog (OvH)
JôWEl (JOE)
Jona (JON)
Amos (AMO)
Hoséa (HOS)
Miga (MIG)
JeshaJaH (JES)
Nahum (NAH)
Habakuk (HAB)
TsefánJaH (SEF)
JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

JER 33:1 : VERDER het die Woord van JaHWeH vir die tweede keer tot JirmeJaHûW gekom, terwyl hy nog op- gesluit was in die voorhof van bewaking, en gesê:

JER 33:2 : So spreek JaHWeH die Maker, JaHWeH die Formeerder wat dit bevestig het, JaHWeH is Sy Naam:

JER 33:3 : Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

JER 33:4 : Want so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl, met betrekking tot die huise van hierdie Stad en die huise van die konings van JeHûWdah wat omgegooi is [as verdediging] teen die walle en die swaard -

JER 33:5 : hulle kom wel om te veg teen die Chaldeërs, maar dit is om dié huise te vul met die lyke van adamiete wat Ek verslaan het met My Toorn en met My Grimmigheid en oor al die besoedeling van diegene om wie Ek My Aangesig vir hierdie Stad verberg het.

JER 33:6 : Kyk, Ek laat vir haar genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar 'n oorvloed van Vrede en Waarheid.

JER 33:7 : En Ek sal die lot van JeHûWdah en die lot van JisraEl verander en hulle bou soos tevore.

JER 33:8 : En Ek sal hulle suiwer van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My oortree het, en vergewe al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My oortree het.

JER 33:9 : En die Stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al My nasies van die Aarde wat sal hoor van al die suiwerheid wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die suiwerheid en oor al die Vrede wat Ek aan haar bewys.

JER 33:10 : So spreek JaHWeH: In hierdie plek waarvan julle sê: Sy is woes, sonder adamiet en sonder dier - in die stede van JeHûWdah en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder adamiet en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word

JER 33:11 : die stem van Vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof JaHWeH van die skeppings-leërmag, want JaHWeH is suiwer, want Sy Medelye is tot in ewigheid! - van die wat danksegging doen in die Huis van JaHWeH; want Ek sal die lot van die Aarde verander soos tevore, sê JaHWeH.

JER 33:12 : So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: In hierdie plek wat woes is, sonder adamiet of dier, en in al die stede van haar sal weer 'n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus.

JER 33:13 : In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die Aarde van Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van JeHûWdah sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê JaHWeH.

JER 33:14 : Kyk, daar kom dae, spreek JaHWeH, dat Ek die suiwer Woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van JisraEl en die huis van JeHûWdah.

JER 33:15 : In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid 'n Spruit van Geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal Reg en Geregtigheid doen in die Aarde.

JER 33:16 : In dié dae sal JeHûWdah verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit is die Naam waarmee Sy genoem sal word: JaHWeH ONS GEREGTIGHEID. [JirmeJaH 23:6]

JER 33:17 : Want so sê JaHWeH: Daar sal vir Dawid nie 'n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van JisraEl nie;

JER 33:18 : en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor My Aangesig 'n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysbydraes aan die brand steek en slagdiere berei nie.

JER 33:19 : En die Woord van JaHWeH het tot JirmeJaHûW gekom en gesê:

JER 33:20 : So spreek JaHWeH: As julle My Verbond met die dag en My Verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie,

JER 33:21 : dan sal ook My Verbond met Dawid, My kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, My dienaars.

JER 33:22 : Soos die leër van die Hemele nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die saad van My kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.

JER 33:23 : Verder het die Woord van JaHWeH tot JirmeJaHûW gekom en gesê:

JER 33:24 : Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee stamme wat JaHWeH uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag My volk, sodat hy geen nasie voor hulle meer is nie.

JER 33:25 : So sê JaHWeH: As Ek My Verbond met dag en nag, die Insettinge van Hemele en Aarde, nie vasgestel het nie,

JER 33:26 : dan sal Ek ook die saad van Jakob en van My kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy saad vorste sal neem oor die saad van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
33
Pablo Software Solutions Datum
OT