1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Henog (HEN)
Open-Henog (OvH)
JôWEl (JOE)
Jona (JON)
Amos (AMO)
Hoséa (HOS)
Miga (MIG)
JeshaJaH (JES)
Nahum (NAH)
Habakuk (HAB)
TsefánJaH (SEF)
JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

JER 3:1 : HY sê: As 'n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word 'n ander man s'n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie Aarde nie skandelik besoedel word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek JaHWeH!

JER 3:2 : Slaan jou oë op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos 'n Arabier in die wildernis, en jy het die Aarde besoedel deur jou hoererye en deur jou besoedeling.

JER 3:3 : En die reënbuie is ingehou, en daar was geen laat reëns nie. Maar jy het 'n hoerevoorhoof gehad, jy het geweier om jou te skaam.

JER 3:4 : Het jy My nie nou eers aangeroep nie: My Vader, die vertroude Vriend van my jeug is U!

JER 3:5 : Sal Hy vir ewig die Toorn behou, of dit tot die einde bewaar? Kyk, dit het jy gesê, maar jy het besoedelde dinge gedoen tot die uiterste toe.

Oproep tot bekering, en beloftes van herstel.

JER 3:6 : EN JaHWeH het vir my gesê in die dae van koning JoshiJaHûW: Het jy gesien wat die afkerige, JisraEl, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer.

JER 3:7 : En Ek het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug! Maar sy het nie teruggekeer nie. En dit het die ontroue, haar suster JeHûWdah, gesien.

JER 3:8 : En Ek het gesien die oorsaak van die terugval van JisraEl was die vermenging, Ek het haar weggestuur en aan haar 'n brief van afsnyding gegee, dat die verraderlike, haar suster JeHûWdah, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het. [Maleagi 2:11]

JER 3:9 : En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die Aarde besoedel, ja, sy pleeg vermenging met klip en hout.

JER 3:10 : Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster JeHûWdah, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek JaHWeH.

JER 3:11 : Toe het JaHWeH vir my gesê: Die afkerige, JisraEl, het haar siel geregverdig meer as die verraderlike, JeHûWdah.

JER 3:12 : Gaan en roep hierdie woorde na die Noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, JisraEl, spreek JaHWeH. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is barmhartig, spreek JaHWeH; Ek sal die Toorn nie vir ewig behou nie.

JER 3:13 : Erken jou ongeregtigheid, dat jy teen JaHWeH jou Elohey in opstand gekom het en Sy Weë versprei het na verbasterdes onder elke groen boom; maar na My Stem het julle nie geluister nie, spreek JaHWeH.

JER 3:14 : Keer terug, o afkerige kinders, spreek JaHWeH, want Ek is julle Besitter; en Ek sal julle neem, een uit 'n stad en twee uit 'n familie en sal julle in Sion bring.

JER 3:15 : En Ek sal aan julle gee herders na My Hart, wat julle sal voed met Kennis en Wysheid.

JER 3:16 : En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die Aarde in dié dae, spreek JaHWeH, dan sal hulle nie meer sê: Die Verbondsark van JaHWeH nie. Ook sal sy in die hart nie opkom nie, en hulle sal aan haar nie dink en haar nie besoek nie, en sy sal nie weer gemaak word nie.

JER 3:17 : In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die Troon van JaHWeH; en al die nasies sal by haar saamkom vanweë die Naam van JaHWeH in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul besoedelde hart nie.

JER 3:18 : In dié dae sal die huis van JeHûWdah saam met die huis van JisraEl uit die Aarde van die Noorde kom na die Aarde wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het.

JER 3:19 : Ék het gesê: Hoe sal Ek julle saam met die kinders plaas in die Aarde van julle begeerte, 'n mooi erfenis vir die nasies! Ook het Ek gedink dat jy My sal noem: My Vader! en dat jy jou nie van My sal wegkeer nie.

JER 3:20 : Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle met bedrieglikheid teen My gehandel, o huis van JisraEl, spreek JaHWeH.

JER 3:21 : 'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van JisraEl, omdat hulle hul weg verdraai het, JaHWeH hulle Elohey vergeet het.

Jerusalem pleit vir Haar kinders.

JER 3:22 : KEER terug, o afvallige kinders; Ek sal julle afvalligheid genees. Hier is Ons, Ons kom na U toe, want U is JaHWeH Onse Elohey.

JER 3:23 : Waarlik, tevergeefs [verwag hulle dit] van die heuwels [en] van die rumoer op die berge; waarlik, in JaHWeH Onse Elohey is JisraEl se bevryding.

JER 3:24 : Maar skande het die werk van Ons vaders verslind van Ons jeug af, hulle kleinvee en hulle groot vee, hulle seuns en hulle dogters.

JER 3:25 : Ons wil neerlê in Ons skande, en Ons vernedering moet Ons oordek; want Ons het teen JaHWeH Onse Elohey oortree, Ons en Ons vaders van Ons jeug af tot vandag toe, en Ons het nie geluister na die Stem van JaHWeH Onse Elohey nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
3
Pablo Software Solutions Datum
OT