1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Henog (HEN)
Open-Henog (OvH)
JôWEl (JOE)
Jona (JON)
Amos (AMO)
Hoséa (HOS)
Miga (MIG)
JeshaJaH (JES)
Nahum (NAH)
Habakuk (HAB)
TsefánJaH (SEF)
JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

JER 23:1 : WEE die herders wat die skape van My weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek JaHWeH. [JeségiEl 34:5]

JER 23:2 : Daarom, so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl, aangaande die herders wat My volk oppas: Julle het My skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die besoedeling van julle handelinge, spreek JaHWeH.

JER 23:3 : En Ek self sal die oorblyfsel van My skape versamel uit al die dele van die Aarde waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig. [JeHôWganan 10:11]

JER 23:4 : En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek JaHWeH.

Die Spruit van Dawid.

JER 23:5 : KYK, daar kom dae, spreek JaHWeH, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en Reg en Geregtigheid doen in die Aarde.

JER 23:6 : In Sy dae sal JeHûWdah verlos word en JisraEl veilig woon; en dit is Sy Naam waarmee Hy genoem sal word: JaHWeH ONS GEREGTIGHEID. [JirmeJaH 33:16]

JER 23:7 : Daarom kyk, daar kom dae, spreek JaHWeH, dat hulle nie meer sal sê: So waar as JaHWeH leef wat die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte laat optrek het nie,

JER 23:8 : maar: So waar as JaHWeH leef wat die saadlyn/geslag van die huis van JisraEl laat optrek en laat kom het uit die Aarde van die Noorde en uit al die dele van die Aarde waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle Adamah [die adamiet se Aarde].

Teen die valse profete (en teen die wat sê: JaHWeH het 'n las op ons gelê.)

JER 23:9 : WAT die profete betref- My Hart is gebreek in My binneste, My hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n sterk man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë JaHWeH en die woorde van Sy Apartheid.

JER 23:10 : Want die Aarde is vol vermenging; want die Aarde treur weens die vloek, die weivelde van die wildernis verdor; ja, waar hulle na strewe, is besoedel, en waar hulle hul krag in soek, onreg.

JER 23:11 : Want profeet sowel as priester is wetteloos; selfs in My Huis het Ek hulle besoedeling gevind, spreek JaHWeH.

JER 23:12 : Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en in haar val. Want Ek sal besoedeling oor hulle bring in die jaar van hulle straf, spreek JaHWeH.

JER 23:13 : Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur die Here (Baäl) en verlei My volk JisraEl;

JER 23:14 : maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle vermeng en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die besoedeldes, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy besoedeling nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en haar inwoners soos Gomorra.

JER 23:15 : Daarom, so sê JaHWeH van die skeppings-leërmag aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle Alsem eet en laat hulle water met gif drink; want van die profete van Jerusalem het besoedeling in die hele Aarde uitgegaan.

JER 23:16 : So sê JaHWeH van die skeppings-leërmag: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die Mond van JaHWeH nie.

JER 23:17 : Hulle sê gedurig aan My veragters: JaHWeH het gespreek: Julle sal Vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen besoedeling sal oor julle kom nie.

JER 23:18 : Want wie het in die Raad van JaHWeH gestaan, dat hy die Woord sou sien en hoor? Wie het die Woord beluister en gehoor?

JER 23:19 : Kyk, 'n storm van JaHWeH, Grimmigheid het uitgegaan, ja, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die besoedeldes breek sy los.

JER 23:20 : Die Toorn van JaHWeH sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die vernietiging van Sy Hart; aan die einde van die dae sal julle verstaan deur Haar Insig.

JER 23:21 : Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer.

JER 23:22 : Maar as hulle in My Raad gestaan het, moet hulle My volk My woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die besoedeling van hul handelinge.

JER 23:23 : Ek is 'n Elohey van naby, spreek JaHWeH, en nie 'n Elohey van ver weg nie?

JER 23:24 : Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek JaHWeH. Vervul Ek nie die Hemele en die Aarde nie? spreek JaHWeH.

JER 23:25 : Ek het gehoor wat die profete sê, wat in My Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!

JER 23:26 : Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart -

JER 23:27 : is hulle daarop bedag om My volk My Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders My Naam vergeet het deur die Here (Baäl)?

JER 23:28 : Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie My Woord is, laat hom My woorde spreek in Waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek JaHWeH.

JER 23:29 : Is My Woord nie só, soos 'n Vuur, spreek JaHWeH, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?

JER 23:30 : Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek JaHWeH, wat My woorde steel, die een van die ander.

JER 23:31 : Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek JaHWeH, wat hulle eie tong gebruik en sê: [JaHWeH] spreek!

JER 23:32 : Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek JaHWeH, en dit rondvertel en My volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek! JaHWeH.

JER 23:33 : As hierdie volk of profeet of priester vir jou dan vra en sê: Wat het JaHWeH gelas? - dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle uitlos, spreek JaHWeH.

JER 23:34 : En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: JaHWeH het gelas - oor dié man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.

JER 23:35 : So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het JaHWeH geantwoord? En wat het JaHWeH gespreek?

JER 23:36 : Maar van: JaHWeH het gelas - mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle die woorde verdraai van die lewende Elohim, van JaHWeH van die skeppings-leërmag, onse Elohey.

JER 23:37 : So moet jy aan die profeet sê: Wat het JaHWeH jou geantwoord? En wat het JaHWeH gespreek?

JER 23:38 : Maar as julle sê: JaHWeH het gelas - daarom, so spreek JaHWeH: Omdat julle hierdie woord sê: JaHWeH het gelas - alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: JaHWeH het gelas nie -

JER 23:39 : daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik totaal mislei en julle, saam met die Stad wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, van My Aangesig af wegwerp; [Psalm 18:26]

JER 23:40 : en Ek sal julle 'n ewige smaad oplê en 'n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
23
Pablo Software Solutions Datum
OT