1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Henog (HEN)
Open-Henog (OvH)
JôWEl (JOE)
Jona (JON)
Amos (AMO)
Hoséa (HOS)
Miga (MIG)
JeshaJaH (JES)
Nahum (NAH)
Habakuk (HAB)
TsefánJaH (SEF)
JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Voorspelling van JisraEl se gevangenskap en herstel.

JER 16:1 : EN die Woord van JaHWeH het tot my gekom en gesê:

JER 16:2 : Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.

JER 16:3 : Want so sê JaHWeH van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie Aarde:

JER 16:4 : Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal soos mis op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] wees; en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die vlieënde wesens in die lug en die wilde wesens van die Aarde.

JER 16:5 : Want so sê JaHWeH: Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het My Vrede van hierdie volk weggeneem, spreek JaHWeH, die Medelye en die Barmhartigheid.

JER 16:6 : Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie Aarde; hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of vir hom 'n kaal plek skeer om hulle ontwil nie.

JER 16:7 : Ook sal niemand vir hulle treurbrood breek om iemand te troos oor 'n dooie, of aan hulle die troosbeker gee om te drink oor iemand se vader of oor iemand se moeder nie.

JER 16:8 : Kom ook nie in 'n huis van maaltye om met hulle saam aan te sit nie, om te eet en te drink nie.

JER 16:9 : Want so sê JaHWeH van die skeppings-leërmag, die Elohey van JisraEl: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van Vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.

JER 16:10 : En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra: Waarom het JaHWeH al hierdie groot besoedeling oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons oortredinge wat ons teen JaHWeH onse Elohey begaan het? -

JER 16:11 : dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek JaHWeH, en agter gode van andere aan geloop en hulle gedien en voor hulle neergebuig het, maar My verlaat het en My Wet nie gehou het nie,

JER 16:12 : en julle nog meer besoedel gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy besoedelde hart, om na My nie te luister nie.

JER 16:13 : Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie Aarde na 'n deel van die Aarde wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle gode van andere dien dag en nag, omdat Ek julle geen Barmhartigheid sal bewys nie.

JER 16:14 : Daarom, kyk, daar kom dae, spreek JaHWeH, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as JaHWeH leef, wat die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte laat optrek het nie;

JER 16:15 : maar: So waar as JaHWeH leef, wat die kinders van JisraEl laat optrek het uit die Aarde van die Noorde en uit al die dele van die Aarde waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle Adamah [die adamiet se Aarde] wat Ek aan hulle vaders gegee het.

JER 16:16 : Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek JaHWeH, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure. [JeségiEl 28:26]

JER 16:17 : Want My Oë is op al hulle weë, sy is nie voor My Aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor My Oë verborge nie.

JER 16:18 : Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle oortredinge dubbel vergelde, omdat hulle My Aarde vermeng het, My Erfenis gevul het met die lyke van hulle verfoeisels en met hulle gruwels.

JER 16:19 : JaHWeH, My Sterkte en My laer en My toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die Aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietighede, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.

JER 16:20 : Sal 'n adamiet vir hom gode daarstel wat tog geen elohim is nie?

JER 16:21 : Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel My Hand en My Mag; en hulle sal weet dat My Naam JaHWeH is.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
16
Pablo Software Solutions Datum
OT