Maria word na die tempel geneem
Mirjam gaan na die Tempel.
BvJ 7:1 : EN aan die kind is haar maande toegevoeg.
BvJ 7:1 : En die kind het twee jaar oud geword en JôWjakim sê: Laat ons haar na die Tempel van JaHWeH bring, dat ons die geloftes kan betaal wat ons beloof het voordat JaHWeH na ons stuur en ons gawe onaanneemlik word.
BvJ 7:1 : Maar Anna sê: Laat ons wag tot die derde jaar sodat die kind nie na haar vader en moeder verlang nie.
BvJ 7:1 : Toe sê JôWjakim. Laat ons dan maar wag!
BvJ 7:2 : En toe die kind drie jaar oud geword het, sê JôWjakim: Roep die onbesoedelde dogters van die Hebreërs en laat elkeen 'n lamp neem, en laat dié aan die brand wees sodat die kind nie omdraai en haar hart weggelok word uit die Huis van JaHWeH nie.
BvJ 7:2 : En so het hulle gedoen totdat hulle opgegaan het na die Huis van JaHWeH. En die priester het haar ontvang en gesoen en geseën en gesê: JaHWeH het jou naam groot gemaak onder alle geslagte, in jou sal JaHWeH in die laaste dae Sy Lossing openbaar aan die kinders van JisraEl.
BvJ 7:3 : En hy het haar laat sit op die derde trap van die altaar. En JaHWeH het grasie oor haar uitgestort en sy het gedans op haar voete, en die hele huis van JisraEl het haar liefgehad.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.