Maria gaan kuier vir Elisabet
Mirjam besoek EliSheba.
BvJ 12:1 : EN sy het die koningsblou en die skarlaken klaar gemaak en dit na die priester gebring.
BvJ 12:1 : En die priester het haar geseën en gesê: Mirjam, JaHWeH jou Elohey het jou naam groot gemaak en jy sal geseënd wees onder al die nasies van die Aarde! [Génesis 18:18]
BvJ 12:2 : En met vreugde het Mirjam na haar bloedverwant EliSheba gegaan en aan die deur geklop. En toe EliSheba dit hoor, gooi sy die skarlaken neer en hardloop na die deur, en toe sy dit oopmaak en Mirjam sien, het sy haar geseën en gesê:
BvJ 12:2 : Vanwaar het dit my oorgekom dat die moeder van my Meester na my toe kom? Want kyk, wat in my is, het opgespring en jou geseën.
BvJ 12:2 : Maar Mirjam het die geheimenisse vergeet waaroor die Hoofboodskapper GabriEl tot haar gespreek het, en sy het opgekyk na die Hemele en gesê: Wie is ek, JaHWeH, dat al die geslagte van die Aarde my seën?
BvJ 12:3 : En sy het drie maande by EliSheba gebly. Van dag tot dag het haar buik egter in omvang toegeneem.
BvJ 12:3 : Toe het sy bevrees geword en huis toe gegaan en haarself verberg vir die kinders van JisraEl. Mirjam was sestien jaar oud toe hierdie geheimenisse plaasgevind het.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.