Mirjam/Maria word gebore.
BvJ 5:1 : EN die volgende dag kom hy om sy gawes nader te bring en sê by homself: As JaHWeH my barmhartig is, sal die borstas van die priester dit aan my openbaar.
BvJ 5:1 : En JôWjakim het sy gawes aangebied en aandagtig gelet op die borstas van die priester toe hy opgaan na die altaar van JaHWeH, en hy het geen oortreding in homself gesien nie.
BvJ 5:1 : En JôWjakim sê: Nou weet ek dat JaHWeH my barmhartig is en al my oortredinge vergewe het. En hy het geregverdig uit die Huis van JaHWeH afgekom en na sy eie huis gegaan.
BvJ 5:2 : En haar maande is vervul en in die negende maand het Anna gebaar. En sy sê vir die vroedvrou: Wat het ek gebaar? En sy sê: 'n Dogter!
BvJ 5:2 : Toe sê Anna: My siel verhef haar op hierdie dag! En sy het haar neergelê. En toe die dae verval is, het Anna haarself gesuiwer en die kind laat drink. En sy het haar Mirjam genoem.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.