Die Boodskapper besoek Anna.
BvJ 4:1 : EN kyk, daar staan 'n Boodskapper van JaHWeH voor haar en sê: Anna, Anna, JaHWeH het jou smeekgebed gehoor, en jy sal ontvang en baar en oor jou saad sal in die hele wêreld gespreek word.
BvJ 4:1 : En Anna sê: So waaragtig as JaHWeH, my Elohey, leef, as ek baar, of dit manlik of vroulik is, ek sal dit bring as 'n gawe aan JaHWeH, my Elohey, en sal Hom dien al die dae van my lewe. [Lukas 2:36-37]
BvJ 4:2 : En kyk, daar kom twee boodskappers wat vir haar sê: Kyk, JôWjakim, jou man, kom met sy kuddes.
BvJ 4:2 : Want 'n Boodskapper van JaHWeH het tot hom afgekom en gesê: JôWjakim, JôWjakim, JaHWeH, jou Elohey het jou gebed gehoor; gaan dan af van hier, want kyk, jou vrou Anna sal ontvang.
BvJ 4:3 : En JôWjakim het afgedaal en sy herders geroep en gesê: Bring vir my hier tien lammers, raseg en sonder gebrek, en hulle sal wees vir JaHWeH my Elohey; en bring vir my twaalf jong kalwers, en hulle sal wees vir die priesters en die raad van die oudstes; en honderd bokke vir die hele volk.
BvJ 4:4 : En kyk, JôWjakim kom met sy kuddes, en Anna staan by die poort en sien JôWjakim kom, en sy hardloop en val hom om die hals en sê:
BvJ 4:4 : Nou weet ek dat JaHWeH my Elohey my grootliks geseën het, want kyk, die weduwee is geen weduwee meer nie en die kinderlose sal ontvang. En JôWjakim het die eerste dag in sy huis gerus.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.