| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Sánherib, die koning van Assirië, val JeHûWdah binne. Die Assiriërs word deur 'n Boodskapper verslaan. 2 KRO 32:1 : Ná hierdie dinge en hierdie bewys van Waarheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en JeHûWdah binne gedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower. 2 KRO 32:2 : En toe JegizkiJaHûW sien dat Sánherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg, 2 KRO 32:3 : het hy raad gehou met sy owerstes en sy dapperes, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp: 2 KRO 32:4 : baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die Aarde stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind? 2 KRO 32:5 : En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou. Ook die ander muur buitekant [het hy gebou]; en hy het Millo in die Stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak. 2 KRO 32:6 : En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê: 2 KRO 32:7 : Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom. 2 KRO 32:8 : By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is JaHWeH, onse Elohey om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah. 2 KRO 32:9 : Hierna het Sánherib, die koning van Assirië - hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis - sy dienaars na Jerusalem gestuur, na JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, en na die hele JeHûWdah wat in Jerusalem was, om te sê: 2 KRO 32:10 : So sê Sánherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem? 2 KRO 32:11 : Verlei JegizkiJaHûW julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: JaHWeH, onse Elohey sal ons red uit die handpalm van die koning van Assirië? 2 KRO 32:12 : Het dieselfde JegizkiJaHûW nie sy Hoogtes en sy altare verwyder en aan JeHûWdah en Jerusalem dit gesê nie: Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop reukwerk berei? 2 KRO 32:13 : Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die Aarde gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die Aarde ooit hulle deel van die Aarde uit my hand kon red? 2 KRO 32:14 : Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red - dat julle Elohey, julle uit my hand sou kan red? 2 KRO 32:15 : Laat GizkiJaHûW julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele godin van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle Elohey julle uit my hand kan verlos? 2 KRO 32:16 : Sy dienaars het nog meer teen JaHWeH die Elohim gespreek en teen Sy kneg JegizkiJaHûW. 2 KRO 32:17 : Hy het ook 'n brief geskrywe om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die Aarde wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die Elohey van JegizkiJaHûW Sy volk uit my hand nie red nie. 2 KRO 32:18 : En hulle het hardop in die Hebreeuse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om dié bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die Stad kon inneem. 2 KRO 32:19 : En hulle het oor die Elohey van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die Aarde - 'n maaksel van adamitiese hande. 2 KRO 32:20 : Maar toe koning JegizkiJaHûW en die profeet JeshaJaHûW, die seun van Amos, hieroor gebid en na die Hemele geroep het, 2 KRO 32:21 : stuur JaHWeH 'n Boodskapper, en dié het al die dapper dapperes en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy deel van die Aarde teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy gode kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan. 2 KRO 32:22 : En JaHWeH het JegizkiJaHûW en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring. 2 KRO 32:23 : En baie het geskenke aan JaHWeH na Jerusalem gebring en kosbaarhede aan JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het. Siekte van JegizkiJaHûW. Gesante uit Babel by hom. Sy rykdom en voorspoed en dood. 2 KRO 32:24 : IN dié dae het JegizkiJaHûW dodelik siek geword, maar hy het tot JaHWeH gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee. 2 KRO 32:25 : Maar JegizkiJaHûW het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergoed nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n Woede oor hom en oor JeHûWdah en Jerusalem. 2 KRO 32:26 : Maar JegizkiJaHûW het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die Woede van JaHWeH nie oor hulle gekom het in die dae van JegizkiJaHûW nie. 2 KRO 32:27 : En JegizkiJaHûW het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe; 2 KRO 32:28 : ook pakhuise vir die opbrengs van die koring en druiwesap en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee. 2 KRO 32:29 : Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want Elohim het hom baie goed gegee. 2 KRO 32:30 : Dieselfde JegizkiJaHûW het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en hom gelei na onder toe, westelik na die Stad van Dawid. En JegizkiJaHûW was voorspoedig in al sy werk. 2 KRO 32:31 : So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel - wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die Aarde gebeur het - het die Elohim hom [net] verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was. 2 KRO 32:32 : En die verdere geskiedenis van JegizkiJaHûW en sy vroomheid, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet JeshaJaHûW, die seun van Amos, in die Boekrol van die Konings van JeHûWdah en JisraEl. 2 KRO 32:33 : En JegizkiJaHûW het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele JeHûWdah en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |