| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Agas koning van JeHûWdah. Sy idolary en sy rampe. 2 KRO 28:1 : AGAS was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, soos sy vader Dawid nie. 2 KRO 28:2 : Maar hy het gewandel in die weë van die konings van JisraEl en selfs gegote afbeeldings vir die Here (Baäl) gemaak. 2 KRO 28:3 : Hy het self ook reukwerk berei in die Vallei van die seun van Verbranding [Molog] en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdryf het. 2 KRO 28:4 : Hy het ook geslag en rook laat opgaan op die Hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom. 2 KRO 28:5 : Daarom het JaHWeH, sy Elohey hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van JisraEl, en dié het hom verslaan, 'n groot slag. 2 KRO 28:6 : Peka, die seun van RemálJaHûW, het naamlik in JeHûWdah op een dag honderd-en-twintigduisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het. 2 KRO 28:7 : En Sigri, 'n dappere van Efraim, het MaàseiJaHûW, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en El-Kanah, die tweede onder die koning, gedood. 2 KRO 28:8 : En die kinders van JisraEl het van hulle broers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook 'n groot buit van hulle gebuit en die buit na Samaría gebring. 2 KRO 28:9 : En daar was 'n profeet van JaHWeH met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die Grimmigheid van JaHWeH, die Elohey van julle vaders, oor JeHûWdah het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met 'n woede wat tot aan die Hemele raak. 2 KRO 28:10 : En nou dink julle om die kinders van JeHûWdah en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor JaHWeH, julle Elohey nie? 2 KRO 28:11 : Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die brandende Woede van JaHWeH is op julle! 2 KRO 28:12 : Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: AzárJaHûW, die seun van JeHôWganan, BerekJaHûW, die seun van Mesíllemot, en JegizkiJaHûW, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai, 2 KRO 28:13 : en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons oortredinge en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die Aangesig van JaHWeH; want ons skuld is groot, en die brandende Woede is oor JisraEl. 2 KRO 28:14 : Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat. 2 KRO 28:15 : En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan. 2 KRO 28:16 : In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help. 2 KRO 28:17 : Bowendien het ook die Edomiete gekom en JeHûWdah verslaan en gevangenes weggevoer. 2 KRO 28:18 : Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van JeHûWdah; en hulle het ingeneem: Bet-Sémes en Ajalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon; 2 KRO 28:19 : want JaHWeH het JeHûWdah verneder ter wille van Agas, die koning van JisraEl, omdat hy losbandigheid in JeHûWdah bevorder en gedurig ontrou teen JaHWeH gehandel het. 2 KRO 28:20 : En Tilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie; 2 KRO 28:21 : want Agas het die Huis van JaHWeH en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was. 2 KRO 28:22 : Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen JaHWeH begaan, dieselfde koning Agas: 2 KRO 28:23 : hy het geslag aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle slag, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele JisraEl tot 'n val gebring. 2 KRO 28:24 : En Agas het die gereedskap van die Huis van die Elohim byeengebring en die gereedskap van die Huis van die Elohim stukkend geslaan en die deure van die Huis van JaHWeH toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem. 2 KRO 28:25 : Ook het hy in elke stad van JeHûWdah Hoogtes opgerig om vir gode van andere reukwerk te berei en JaHWeH, die Elohey van sy vaders, getart. 2 KRO 28:26 : En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boekrol van die Konings van JeHûWdah en JisraEl. 2 KRO 28:27 : En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die Stad, in Jerusalem; want hulle het hom nie in die grafte van die konings van JisraEl gebring nie. En sy seun JegizkiJaHûW het in sy plek koning geword. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |