| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Lewenswysheid Betaal jou Gelofte aan Elohim PRE 5:1 : GEE ag op jou voet as jy na die Huis van die Elohim gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase 'n slagdier bring; want hulle het geen Verstand om te weet dat hulle besoedel nie. PRE 5:2 : Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou woorde uitbring voor die Aangesig van die Elohim nie; want die Elohim is in die Hemele, en jy op die Aarde. Daarom moet jou woorde min wees. PRE 5:3 : Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde. [Openbaring van Henog 15:20] PRE 5:4 : As jy 'n Gelofte aan Elohim gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. [Númeri 30; Wysheid van Sirah 18:22] PRE 5:5 : Dit is beter dat jy nie belowe nie, as dat jy belowe en nie betaal nie. PRE 5:6 : Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n oortreding te bring nie, en sê nie voor die Boodskappers: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet die Elohim toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? PRE 5:7 : Want soos in baie drome en baie woorde, is daar ook nietighede, maar vrees die Elohim! PRE 5:8 : As jy verdrukking van die arme en berowing van Reg en Geregtigheid sien in die landstreek - verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n Hoër Een loer op die Hoë, en die Hoëres weer op Hulle. PRE 5:9 : Maar 'n voordeel vir die Aarde onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word. PRE 5:10 : Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie [genoeg] van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs. PRE 5:11 : As die goed baie word, word haar eters baie; watter voordeel het haar besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë haar aanskou? PRE 5:12 : Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie. PRE 5:13 : Daar is 'n sieklike besoedeling wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie besoedeling. PRE 5:14 : Gaan hierdie rykdom verlore deur 'n besoedelde taak, en het hy 'n seun verwek, dan besit dié niks nie. PRE 5:15 : Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie. PRE 5:16 : So is dit dan ook 'n smartlike besoedeling: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir die gees? PRE 5:17 : Ook eet hy sy lewe lank in Duisternis en het baie ergernis; daarby sy lyding en toorn! PRE 5:18 : Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die suiwere geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat die Elohim hom gee; want dit is sy deel. PRE 5:19 : Ook vir elke adamiet aan wie die Elohim rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van Elohim. PRE 5:20 : Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat die Elohim hom laat besig wees met die vreugde van sy hart. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |