| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Gebed van Judit om uitredding en krag. JDT 9:1 : JUDIT het neergeval op haar aangesig en as op haar hoof gestrooi en die boetekleed wat sy dra, ontbloot: Dit was presies die uur dat in Jerusalem die aandaanbieding in die Huis van JaHWeH gebring word: En met 'n groot stem het Judit na JaHWeH geroep en gesê: JDT 9:2 : O, JaHWeH, die Elohey van my vader Simeon, aan wie U 'n swaard in sy hand gegee het vir die bestraffing van die vreemdelinge wat die skoot van 'n maagd geopen het tot besoedeling; wat haar heup ontbloot het tot beskaming, en wat haar skoot geskend het vir skande. Want ofskoon U gesê het: Dit sal nie so wees nie, het hulle dit tog gedoen. JDT 9:3 : Vanweë hierdie dinge het U hulle leiers aan die dood prysgegee; en aan die bloed het U hulle leërstede oorgegee, waarop sy vir hulle bedrog beswyk het en hulle self mislei is; en oor die heersers het U slawe aangestel as heersers op hulle trone. JDT 9:4 : U het hulle vroue as buit gegee en hulle dogters om as ballinge weggevoer te word; en hulle besit het U gegee om as buit verdeel te word deur U geliefde seuns, wat in ywer vir U geywer het, en wat gewalg het van die besoedeling van hulle bloed en na U om hulp geroep het. My El, my El! Luister na my wat weduwee is. JDT 9:5 : U het die dinge gewerk wat daarvoor gebeur het, en daardie dinge self, en ook: die dinge wat daarna gebeur het. U beplan wat nou gebeur, en dit wat nog sal gebeur. En dit wat U beplan, gebeur ook. JDT 9:6 : En die dinge wat U besluit het, kom na U toe en sê: Kyk, hier is ons. Want al U Weë is geskik, en U oordeel is in voorsienigheid. JDT 9:7 : En kyk, die Assiriërs is vervul van hulle leërmag, en hulle verhoog hulle oor perd en ruiter; hulle is vermetel deur die arm van hulle voetknegte; hulle vertrou op skild, werpspies, boog en slinger; tog weet hulle nie dat U JaHWeH is wat oorloë kan laat misluk nie. JDT 9:8 : JaHWeH is U Naam: U breek hulle sterkte deur U Krag en U verneder hulle krag deur U Woede. Want hulle het besluit om U Apartheid te skend, om die Tempel van die rus van U roemryke Naam te besoedel, en om die horing van U altaar met yster af te kap. JDT 9:9 : Aanskou hulle vermetelheid; bring U Woede op hulle hoofde; gee in die hand van my wat weduwee is die Krag wat ek oorweeg het. JDT 9:10 : Tref die slaaf deur die bedrog van my lippe by die heerser, en die heerser ter wille van sy bediende. Breek hulle trots deur die hand van 'n vrou. JDT 9:11 : Want U Krag bestaan nie in 'n groot menigte nie; U mag is nie geleë in krygsmanne nie. U is 'n El van nederiges, U is 'n helper van die wat min is, U is 'n bystand vir swakkes, 'n Beskermer van verworpelinge, 'n Redder van wanhopiges JDT 9:12 : Ja, U is die Elohey van my vader, en die Elohey van die Erfdeel van JisraEl, die Elohey van Hemele en Aarde, Skepper van die waters, Koning van die hele skepping. Luister na my smeking! JDT 9:13 : Laat my woord en bedrog dié verwond en gesel wat kwaad beoog teen U Verbond en U Woning van Apartheid en die kruin van Sion en die Huis waar U kinders woon. JDT 9:14 : En leer U hele volk en elke stam om tog in te sien dat U, JaHWeH, die Elohey van alle Krag en mag is, en dat geen ander die volk van JisraEl beskerm nie, behalwe U. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |