1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Judit berispe die bestuurders van Betoel.

JDT 8:1 : IN daardie dae is dit ook verneem deur Judit, die dogter van Merái, die seun van UzziJaH, die seun van JôWsef, die seun van OsiEl, die seun van ElkiJaH die seun van GanánJaH, die seun van Gideon, die seun van Refaïm, die seun van Agítob, die seun van Eli, die seun van HilkiJaH, die seun van Elíab, die seun van NatánaEl, die seun van SelumiEl, die seun van Surísaddai, die seun van JisraEl.

JDT 8:2 : Haar man was Manasse, van haar eie stam en geslag, wat tydens 'n oes van die gars gesterf het.

JDT 8:3 : Want terwyl hy op die vlakte toesig hou op die gerwebinders, het die warmte sy hoof getref. Hy het op sy bed gaan lê, maar in sy eie stad Betoel het hy gesterf, en hulle het hom begrawe in die Aarde tussen Dotan en Jibleam.

JDT 8:4 : En Judit was al drie jaar en vier maande 'n weduwee in haar huis gewees.

JDT 8:5 : Sy het vir haar op die dak van haar huis 'n tent gemaak, en sy het haar lendes met 'n boetekleed omgord, en sy was altyd aangetrek in die kleed van haar weduweeskap.

JDT 8:6 : En al die dae van haar weduweeskap het sy gevas, uitge-sonder op die Sabbat en met die maandsvernuwing en op die Fees- en Jubeldae van die Huis van JisraEl.

JDT 8:7 : Sy was besonder mooi van gestalte en skoon om te aanskou. Verder het Manasse, haar man, aan haar goud en silwer en slawe en slavinne en vee en grond nagelaat, en sy het dit in die oog gehou.

JDT 8:8 : Daar was ook niemand wat behoefte gehad het aan 'n woord van afkeuring nie, want sy het JaHWeH gevrees.

JDT 8:9 : Sy het verneem van die bevolking se bose woorde tot die owerste omdat hulle bedruk gevoel het deur die gebrek aan water. Ook het Judit al die woorde verneem wat UzziJaH vir hulle gesê het - dat hy hulle belowe het om na vyf dae die Stad oor te gee aan die Assiriërs.

JDT 8:10 : En sy het haar kamerbediende wat oor al haar diensbares toesig hou, gestuur en Abris en Samri, die oudstes van die Stad, geroep.

JDT 8:11 : Hulle het na haar toe gegaan, en sy het vir hulle gesê: Luister na my, owerstes van die inwoners van Betoel! Want dit is nie 'n goeie woord wat julle vandag voor die volk gepraat het nie, toe julle daardie eed sweer, wat julle tussen Elohim en julleself uitgespreek het, toe julle sê dat julle die Stad aan ons vyande sal oorgee as JaHWeH julle binne daardie tyd nie te hulp kom nie.

JDT 8:12 : Nou dan, wie is julle wat Elohim vandag versoek, en wat julle bo Elohim plaas in die midde van die seuns van die Adam?

JDT 8:13 : Want julle is nou besig om die Almagtige JaHWeH na te vors, en tog sal julle tot in ewigheid niks weet nie.

JDT 8:14 : Want die diepte van 'n adamiet se hart kan julle nie peil nie, en die gedagtes van sy gees kan julle nie vat nie. Maar hoe kan julle dan wel Elohim begryp, wat hierdie dinge gemaak het, en hoe kan julle dan Sy Wysheid verstaan en Sy rede begryp? Nooit, broers! En vertoorn nie JaHWeH, onse Elohey nie!

JDT 8:15 : Want ook wanneer Hy ons nie binne hierdie vyf dae wil help nie, dan besit Hy tog nog die mag om ons in soveel dae soos Hy wil, te beskerm of uit te roei voor die aangesig van ons vyande.

JDT 8:16 : En julle, moenie die Raadsbesluite van JaHWeH, onse Elohey afdwing nie, want JaHWeH laat Hom nie soos 'n adamiet dreig of soos 'n seun van adam 'n dagverdeling voorskryf nie.

JDT 8:17 : Laat ons daarom, terwyl ons Sy uitredding afwag, Hom roep om ons te help; en Hy sal ons stem verneem, wanneer dit Hom behaag.

JDT 8:18 : Want Hy het nie opgestaan om ons geslag te straf nie, want daar is vandag nòg 'n stam, nòg 'n geslag, nòg 'n volk, nòg 'n Stad van ons, wat gode vereer wat deur mensehande gemaak is, soos dit in vroeër dae wel die geval gewees het.

JDT 8:19 : Daarom was ons vaders oorgelewer aan die swaard en die plundering en was hulle diep verneder in die aangesig van ons vyande.

JDT 8:20 : Maar ons, ons ken nie 'n ander Elohey as Hom nie; en daarom hoop ons dat Hy ons nie sal oorsien nie; selfs nie vanweë ons geslag nie.

JDT 8:21 : Want as ons oorweldig word, sal ook die hele JeHûWdah oorweldig word, en dan sal ook ons Apartheidsplek geplunder word; en daardie besoedeling sal Hy op ons bloed wreek.

JDT 8:22 : En die moord op ons broers en die verowering van die Aarde en die verwoesting van ons Erfdeel sal Hy laat neerkom op ons hoof by die nasies, wie se slawe ons daar sal wees; en ons sal 'n ergernis en 'n spot wees vir die wat ons gekoop het.

JDT 8:23 : Want ons diensbaarheid sal nie reggemaak word tot ons voordeel nie, maar JaHWeH, onse Elohey sal dit 'n skande vir ons laat wees.

JDT 8:24 : Nou dan, broers, laat ons toon aan ons broers dat hulle lewe van ons afhang, en dat die Apartheid en die Tempel en die altaar op ons steun.

JDT 8:25 : Laat ons by al hierdie dinge JaHWeH, onse Elohey dank, wat ons op die proef stel net soos ons vaders.

JDT 8:26 : Gedenk wat Hy met Abraham gedoen het, en waarin Hy Isak beproef het, en wat Jakob oorkom het in Mesopotamië van Sirië, toe hy die skape oppas van Laban, die broer van sy moeder.

JDT 8:27 : Want soos Hy hulle gelouter het om hulle harte te beproef, so is Hy nie besig om ons te bestraf nie; maar JaHWeH slaan die wat Hom soek, om hulle te waarsku.

JDT 8:28 : Toe sê UzziJaH vir haar: Alles wat jy sê, het jy in die suiwerheid van jou hart gepraat; en daar is niemand wat jou woorde sal bestry nie.

JDT 8:29 : Want jou wysheid blyk nie van vandag nie; inteendeel, die hele volk ken jou verstandigheid reeds sedert die begin van jou dae, omdat jou hart reg is.

JDT 8:30 : Maar omdat die volk versmag van dors, het hulle ons gedwing om te doen soos ons vir hulle gesê het en om ons onder 'n eed te plaas, wat ons nie sal breek nie.

JDT 8:31 : Nou dan, bid vir ons, omdat jy 'n vrou is wat Elohim vrees; en JaHWeH sal reën stuur om ons putte vol te maak; en ons sal nie meer verswak nie.

JDT 8:32 : Toe sê Judit vir hulle: Luister na my; ek gaan 'n daad doen wat die kinders van ons geslag aangaan in lengte van dae.

JDT 8:33 : Gaan julle vannag by die poort staan, dan sal ek uitgaan saam met my kamerbediende; en in die dae, na verloop waarvan julle gesê het om die Stad aan ons vyande oor te gee, sal JaHWeH neersien op JisraEl deur my hand.

JDT 8:34 : En julle moet nie wil uitvind wat ek gaan maak nie, want ek sal dit nie vir julle sê nie, totdat ek voltooi het wat ek van plan is om te doen.

JDT 8:35 : Toe sê UzziJaH en die owerstes vir haar: Gaan in vrede, en mag JaHWeH jou Elohey met jou wees om ons vyande te straf.

JDT 8:36 : En hulle het die tent verlaat en na hulle poste gegaan.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
8
Pablo Software Solutions Datum
OT