| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die manne van JeHûWdah verslaan baie van hulle vyande, ook die tien seuns van Haman. EST 9:1 : EN in die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die manne van JeHûWdah gehoop het om hulle te oorweldig - maar dit net omgekeerd was, sodat juis die manne van JeHûWdah hulle haters sou oorweldig - EST 9:2 : het die manne van JeHûWdah saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasvéros om die hand te slaan aan die wat hulle boosheid gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, want die skrik vir hulle het op al die volke geval. EST 9:3 : En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die manne van JeHûWdah ondersteun, want die skrik vir Mórdegai het op hulle geval. EST 9:3 : Want die man van JeHûWdah Mórdegai was die tweede in rang onder koning Ahasvéros; en hy was groot by die manne van JeHûWdah en 'n liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die voorspoed van sy volk gesoek en tot welsyn van al sy saad gespreek het. EST 9:4 : Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het. EST 9:5 : En die manne van JeHûWdah het onder hulle vyande 'n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel. EST 9:6 : En in die vesting Susan het die manne van JeHûWdah vyfhonderd man gedood en uitgeroei; EST 9:7 : en Parsandáta en Dalfon en Aspáta, EST 9:8 : en Poráta en Adálja en Adidáta, EST 9:9 : en Parmásta en Arísai en Aridai en Waisáta, EST 9:10 : die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die manne van JeHûWdah, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. EST 9:11 : Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom; EST 9:12 : en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die manne van JeHûWdah vyfhonderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? - dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? - daaraan sal voldoen word. EST 9:13 : Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die manne van JeHûWdah wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang. EST 9:14 : En die koning het bevel gegee om so te doen; en 'n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang. EST 9:15 : En die manne van JeHûWdah wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adar saamgekom; en hulle het in Susan driehonderd man gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. EST 9:16 : En die ander manne van JeHûWdah wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle siel verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf-en-sewentigduisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. EST 9:17 : Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak. EST 9:18 : Maar die manne van JeHûWdah wat in Susan was, het op die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het. EST 9:19 : Daarom maak die manne van JeHûWdah wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van vrolikheid en maaltyd en 'n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur. EST 9:20 : EN Mórdegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die manne van JeHûWdah wat in al die provinsies van koning Ahasvéros was, die wat naby en die wat ver was, EST 9:21 : om vir hulle vas te stel dat hulle al jare die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier - EST 9:22 : as die dae waarop die manne van JeHûWdah rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in 'n feesdag verander is - dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye en aan die armes gawes te stuur. EST 9:22A : En Mórdegai het gesê: Hierdie dinge het deur Elohim gebeur. EST 9:22B : Want ek herinner my 'n droomgesig waarin al hierdie dinge voorspel is, en nie een ding daarvan het onvervul gebly nie. EST 9:22C : Die klein Fontein wat tot 'n rivier vermeerder en dan in 'n lig en die son verander en soos 'n magtige stroom wat voortgevloei het, - sy is Ester, wat die koning as sy vrou geneem het en oor wie hy besluit het dat sy koningin sou wees. EST 9:22D : Die twee Drake is ek en Haman. EST 9:22E : Die nasies wat saamgekom het, is die wat pogings aangewend het om die naam van die manne van JeHûWdah uit te roei. EST 9:22F : Maar my volk is JisraEl, wat na JaHWeH geroep het; en JaHWeH het Sy volk verlos: Hy het ons gered uit alle boosheid, en Hy het groot tekens en wonders gewerk onder die nasies. EST 9:22G : Ook het Hy twee lotsbestemminge verordineer: een vir die volk van Elohim en 'n ander vir die orige nasies. EST 9:22H : En altwee lotsbestemminge het op die dag wat vanaf daardie tyd reeds vir al die nasies bepaal is, voor die Aangesig van Elohim gekom. EST 9:22I : En JaHWeH het aan Sy volk gedink, en Hy het Hom ontferm oor Sy Erfdeel. EST 9:22J : En hierdie dae moet in die maand Adar herdenk word op die veertiende en vyftiende dag van daardie maand; dit moet met ywer en vrolikheid gebeur wanneer al die mense bymekaar is, en tot in al die toekomstige geslagte van die volk van JisraEl. EST 9:23 : En die manne van JeHûWdah het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mórdegai aan hulle geskryf het. EST 9:24 : Want Haman, die seun van Hammedata, die Agagiet, teëstander van al die manne van JeHûWdah, het 'n plan beraam teen die manne van JeHûWdah om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei. EST 9:25 : Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy bose plan wat hy teen die manne van JeHûWdah uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang. EST 9:26 : Daarom noem hulle dié dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde van daardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het, EST 9:27 : het die manne van JeHûWdah vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle saad en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulle dié twee dae al die jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd; EST 9:28 : en dat dié dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat dié Purim-dae onder die manne van JeHûWdah nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle saad nie mag ophou nie. EST 9:29 : En koningin Ester, die dogter van Abigail, en die man van JeHûWdah Mórdegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen. EST 9:30 : En hy het briewe gestuur aan al die manne van JeHûWdah in die honderd-sewe-en-twintig provinsies, die koninkryk van Ahasvéros, woorde van Vrede en Waarheid, EST 9:31 : om dié Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die man van JeHûWdah Mórdegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul saad die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het. EST 9:32 : En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in 'n boek geskrywe. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |