| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
EST 8:1 : OP dieselfde dag het koning Ahasveros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die man van JeHûWdah; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was. EST 8:2 : En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mórdegai gegee; en Ester het Mórdegai aangestel oor die huis van Haman. [Spreuke 8:15-16] Besluit van Ahaséros ten gunste van die manne van JeHûWdah. EST 8:3 : EN Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die boosheid van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die manne van JeHûWdah beraam het, te verydel. EST 8:4 : En die koning het die goue septer na Ester uitgesteek, en Ester het haar opgerig en voor die koning gaan staan EST 8:5 : en gesê: As die koning dit goedvind en ek barmhartigheid voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die manne van JeHûWdah wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei. EST 8:6 : Want hoe sou ek kan aansien die boosheid wat my volk sal tref? En hoe sou ek kan aansien die ondergang van my geslag? EST 8:7 : Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die man van JeHûWdah Mórdegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die manne van JeHûWdah uitgesteek het. EST 8:8 : Skryf julle maar, wat die manne van JeHûWdah betref, soos julle dit goedvind uit naam van die koning, en verseël dit met die seëlring van die koning; want 'n geskrif, in naam van die koning geskrywe en verseël met die seëlring van die koning, kan nie herroep word nie. EST 8:9 : Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie-en-twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mórdegai beveel het, aan die manne van JeHûWdah en aan die landvoogde en die goewerneurs en die vorste van die provinsies wat van Indië af tot by Kuwsh lê, honderd-sewe-en-twintig provinsies, aan elke provinsie volgens haar skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die manne van JeHûWdah volgens hulle skrif en in hulle taal - EST 8:10 : hy het laat skrywe uit naam van koning Ahasvéros en dit verseël met die seëlring van die koning en briewe gestuur met rapportgangers te perd wat gery het op koninklike renperde uit die stoetery, Die tweede bevelskrif van die koning. EST 8:10A : AHASVEROS, die groot koning, aan die landvoogde en vorste wat hom onderdanig is in die honderd sewe en twintig provinsies vanaf Indië tot Kuwsh, groete! EST 8:10B : Baie persone misbruik die goedheid van vorste en die eerbewyse wat hulle ondervind, tot trotsheid. EST 8:10C : Hulle probeer dan nie alleen om die onderdane van die konings te verdruk nie maar, omdat hulle teen die verleende eerbewyse nie opgewasse is nie, span hulle ook lokvalle vir diegene wat hulle geëer het. EST 8:10D : Dit is vir hulle ook nie genoeg om alleen maar ondankbaar te wees vir die weldade en die regte te misken wat menslike goedheid jeens hulle kan laat geld nie, maar hulle meen ook nog dat hulle die straf kan ontloop van Elohim, wat alles sien. EST 8:10E : Hulle word selfs tot 'n dergelike dwaasheid vervoer, dat hulle probeer om deur bedrieglike liste ook diegene te ondermyn wat pligsgetrou hulle opgelegde take uitvoer en wat hulle in alle opsigte so gedra, dat hulle elkeen se lof werd is. EST 8:10F : Intussen bedrieg hulle deur listige oorleg die argelose ore van die vorste, wat ander persone beoordeel ooreenkomstig hulle eie geaardheid. EST 8:10G : Dergelike dinge blyk uit die ou kroniekboeke en ook uit die gebeurtenisse van elke dag: hoe die bedoelinge van die konings deur die boosaardige influisteringe van sekere persone bederf word. EST 8:10H : Daarom moet toesig gehou word oor die vrede in al die provinsies. EST 8:10I : Wanneer ons derhalwe 'n gewysigde bevel gee, moet nie gemeen word dat dit uit die ligsinnigheid van ons hart voortkom nie, maar dat ons besluite neem ooreenkomstig die aard en noodwendigheid van die omstandighede en die eise van die algemene welsyn. EST 8:10J : En omdat julle ons woorde duideliker kan verstaan: Haman, die seun van Hammedáta, na gees en afstamming 'n Macedoniër sonder enige Persiese bloed, wat ons mildheid deur sy wreedheid tot skande gemaak het, is destyds as vreemdeling deur ons opgeneem. EST 8:10K : Hy het selfs 'n dergelike goedheid ondervind, dat hy ons vader genoem is en deur almal as eerste na die koning geëer is. EST 8:10L : Maar hy het hom tot so 'n mate van verwaandheid opgeblaas, dat hy pogings aangewend het om ons van die koningskap en die lewe te beroof. EST 8:10M : Want met allerlei vreemde en ongehoorde middele het hy die dood gesoek van Mórdegai, aan wie se trou en goeie dienste ons lewe te danke is, en van die deelgenote van ons koningskap, Ester, saam met haar hele volk. EST 8:10N : Hy was van plan om ons, nadat hulle gesterf het, in ons eensaamheid te behaag en die koninkryk van die Perse aan die Macedoniërs uit te lewer. EST 8:10O : Ons het egter gevind dat die manne van JeHûWdah, wat deur die slegste van die sterflinge vir uitroeiing bestem is, beslis nie skuldig is nie; inteendeel, dat hulle volgens regmatige Wette leef; EST 8:10P : en dat hulle kinders is van die hoogste en grootste en ewige Elohim, wat in Sy mildheid sowel aan ons vaders as aan ons die koningskap gegee het en haar bewaak tot vandag toe. EST 8:10Q : Daarom moet julle weet dat die briewe wat daardie man namens ons gestuur het, kragteloos is. EST 8:10R : Vir hierdie misdaad hang hy en sy familie aan die galg wat hy self voor die poorte van hierdie stad Susan laat oprig het; en dit is nie ons nie maar Elohim, wat hom na verdienste vergeld. EST 8:10S : Hierdie bevelskrif wat ons nou stuur, moet in al die stede aangeslaan word, sodat die manne van JeHûWdah sal vry wees om ooreenkomstig hulle eie Wette te lewe. EST 8:10T : En julle moet hulle help, sodat hulle die wat gereed staan om hulle te vermoor, kan ter dood bring op die dertiende dag van die maand wat Adar genoem word EST 8:10U : Want die Almagtige JaHWeH het hierdie dag van droefheid en rou vir hulle in Vreugde verander. EST 8:10V : Daarom moet julle ook hierdie dag by die ander feesdae voeg en in alle vrolikheid vier; sodat sy ook in die toekoms bekend sal wees EST 8:10W : dat hulle almal wat troue onderdane van die Perse is, werd is om vir hulle trou beloon te word; maar dat die wat die koninkryk probeer verraai, gedood word vir hierdie misdaad. EST 8:10X : Elke provinsie en stad wat nie aan hierdie feesviering wil deelneem nie, sal te vuur en te swaard omkom en so volkome verdelg word, dat sy vir altyd ontoeganklik bly vir mense en diere as 'n voorbeeld van minagting en ongehoorsaamheid. EST 8:11 : dat die koning aan die manne van JeHûWdah wat in elke stad woon, toegestaan het om bymekaar te kom en hulle siel te verdedig, deur te verdelg en dood te maak en uit te roei elke gewapende mag van volk of provinsie wat hulle in benoudheid mag bring, saam met kindertjies en vroue, en hulle besittings as buit te plunder, EST 8:12 : op een dag in al die provinsies van koning Ahasvéros, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar. EST 8:13 : 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die manne van JeHûWdah op dié dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek. EST 8:14 : Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig. EST 8:15 : En Mórdegai het van die koning weggegaan in 'n koninklike kleed van pers en wit, met 'n groot goue kroon op en 'n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyl die stad Susan jubel en vrolik was. EST 8:16 : Vir die manne van JeHûWdah was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer; EST 8:17 : en in al die provinsies en in al die stede waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar vrolikheid en vreugde by die manne van JeHûWdah, maaltyd en feesdag; en baie uit die volke van die Aarde het hulle by die manne van JeHûWdah geskaar, want die skrik vir die manne van JeHûWdah het op hulle geval. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |