1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Judas se heldedood in die tweede geveg teen Bacchides.

1 MAK 9:1 : TOE Demetrius hoor dat Nicanor gesneuwel het en sy leërmag in die geveg verslaan is, het hy Bacchides en Alcimus vir die tweede keer na die Aarde van JeHûWdah gestuur, en die regtervleuel van sy leër saam met hulle.

1 MAK 9:2 : En hulle het langs die weg van Gilgal opgeruk en teenoor Mesalot, wat in Arbela is, laer opgeslaan en dit in besit geneem en baie mense om die lewe gebring.

1 MAK 9:3 : En in die eerste maand van die honderd-twee-en-vyftigste jaar het hulle teen Jerusalem laer opgeslaan.

1 MAK 9:4 : Van daar af het hulle weggetrek en met twintigduisend voetsoldate en tweeduisend ruiters na Berea gegaan.

1 MAK 9:5 : En Judas was geleër in Elasa, met drieduisend uitgesoekte manskappe saam met hom.

1 MAK 9:6 : En toe hulle die menigte van die vyandelike magte sien, het hulle grootliks bevrees geword, en baie het die laer verlaat, sodat daar nie meer as agthonderd manskappe oorgebly het nie.

1 MAK 9:7 : En toe Judas bemerk dat sy leër besig is om weg te dros en dat die geveg onmiddellik op hande is, was hy grootliks besorg omdat hy geen tyd gehad het om sy magte te verenig nie.

1 MAK 9:8 : En in sy wanhoop het hy vir hulle wat oorgebly het, gesê: Laat ons ons klaarmaak en ons vyande aanval, miskien sal ons in staat wees om teen hulle staande te bly.

1 MAK 9:9 : En hulle het hul van hom afgekeer en gesê: Ons sal onder geen omstandighede in staat wees om hulle te weerstaan nie, maar laat ons liewer ons lewe nou red, dan kan ons later saam met ons broers terugkeer en teen hulle veg; op die oomblik is ons so min.

1 MAK 9:10 : Maar Judas het gesê: Dit is ver van my om dit te doen, naamlik om van hulle af weg te vlug! As ons tyd daar is, laat ons dan moedig sterwe ter wille van ons broers en laat ons geen smet op ons eer nalaat nie.

1 MAK 9:11 : En die [Siriese] mag het uit hulle laer uit opgetrek en [die manne van JeHûWdah] het hulle gereed gemaak om teen hulle te veg; die ruitery is in twee groepe verdeel, die slingeraars en boogskutters het voor die leër uitgetrek saam met al die dapperste manskappe wat die frontlinie vorm.

1 MAK 9:12 : Maar Bacchides was op die regtervleuel. En die slagorde het aan albei kante opgeruk en het op hulle trompette geblaas;

1 MAK 9:13 : en die manskappe van Judas het ook op hulle trompette geblaas, en die grond het geskud vanweë die krygsgeskreeu van die magte. En die slag is gelewer en het geduur van die môre tot die aand.

1 MAK 9:14 : En toe Judas bemerk dat Bacchides en die hoofmag van sy leër op die regtervleuel is, het [hy en] sy volgelinge hulle hele aandag op hulle gekonsentreer,

1 MAK 9:15 : en die regtervleuel is deur hulle teruggedryf, en hulle het hul tot by die berg Azotus agtervolg.

1 MAK 9:16 : En toe [die manskappe op] die linkervleuel sien dat die regtervleuel teruggedryf is, het hulle omgedraai en op die voetspoor van Judas en sy manskappe gevolg.

1 MAK 9:17 : En die geveg het hewig gewoed, en baie aan albei kante is dodelik verwond.

1 MAK 9:18 : Ook Judas het gesneuwel, en die origes het gevlug.

1 MAK 9:19 : En JeHôWnathan en Simon het hulle broer Judas geneem en hom in die graf van sy vaders te Modin begrawe.

1 MAK 9:20 : En hulle het oor hom geween, en die hele JisraEl het groot rou oor hom bedryf en baie dae lank geweeklaag en gesê:

1 MAK 9:21 : Hoe het die magtige geval, die redder van JisraEl!

1 MAK 9:22 : En die orige dade van Judas, sy oorloë, en die dapper dade wat hy verrig het en sy grootheid is nie opgeteken nie, want dit was te veel om te beskryf.

Die optrede van JeHôWnathan. Hy volg Judas op; sy stryd teen Bacchides.

1 MAK 9:23 : EN dit het gebeur na die dood van Judas dat al die wetteloses oor die hele gebied van JisraEl hulle koppe uitgesteek het, en dat al die besoedeldes weer verskyn het.

1 MAK 9:24 : In daardie dae was daar 'n groot hongersnood, en die grond het met hulle gemene saak gemaak.

1 MAK 9:25 : En Bacchides het die wettelose manne uitgesoek en hulle as bestuurders van die grond aangestel.

1 MAK 9:26 : En hulle het gesoek en die vriende van Judas opgespoor en hulle na Bacchides gebring, en hy het wraak op hulle geneem en hulle met veragting behandel.

1 MAK 9:27 : En daar was 'n groter verdrukking in JisraEl as wat daar was sedert die optrede van die laaste profeet.

1 MAK 9:28 : En al die vriende van Judas het bymekaar gekom en aan JeHôWnathan gesê:

1 MAK 9:29 : Sedert die dood van u broer Judas was daar niemand wat soos hy kon uittrek teen ons vyande en teen Bacchides en teen diegene uit ons volk wat ons vyandiggesind is nie.

1 MAK 9:30 : Daarom het ons u vandag verkies om in sy plek as ons hoof en aanvoerder op te tree en ons oorloë te voer.

1 MAK 9:31 : En JeHôWnathan het die leierskap in die tyd op hom geneem en in die plek van sy broer Judas getree.

1 MAK 9:32 : En Bacchides het dit verneem en geprobeer om hom dood te maak.

1 MAK 9:33 : Maar toe JeHôWnathan en sy broer Simon en almal wat saam met hom was, dit agterkom, het hulle na die woestyn van Tekoa gevlug en by die water van die fontein Asfar gekampeer.

1 MAK 9:34 : En Bacchides het op die Sabbat hiervan verneem, en hy en sy hele leërmag het oor die Jordaan opgeruk.

1 MAK 9:35 : En JeHôWnathan het sy broer [JeHôWganan], die leier van 'n menigte, gestuur om sy vriende die Nabateërs te versoek om hulle omvangryke bagasie by hul te mag laat.

1 MAK 9:36 : Maar die kinders van Ambri het uit Medeba uitgetrek en van JeHôWganan geneem, alles wat hy gehad het en daarmee voortgegaan.

1 MAK 9:37 : Na hierdie gebeurtenis is aan JeHôWnathan en sy broer Simon meegedeel dat die kinders van Ambri 'n groot bruilof sou vier en dat hulle die bruid, die dogter van een van die groot Kanaänitiese edelmanne, in 'n pragtige optog van Nadabat af sou begelei.

1 MAK 9:38 : En hulle het hul broer JeHôWganan onthou en heengegaan en hulle onder die dekking van 'n berg skuilgehou.

1 MAK 9:39 : En hulle het hulle oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar was 'n groot drukte en baie bagasie; en die bruidegom en sy vriende en sy broers het te voorskyn gekom om hulle [die bruidstoet] met tamboeryne en minnesangers en baie wapens te ontmoet.

1 MAK 9:40 : En hulle het uit die hinderlaag agter hulle opgestaan en hulle verslaan, en baie is noodlottig verwond, en die origes het in die berg gevlug, en hulle het alles wat hulle gehad het as buit geneem.

1 MAK 9:41 : En die bruilof is in rou verander, en die stem van hulle minnesangers in weeklag.

1 MAK 9:42 : En so het hulle ten volle die bloed van hulle broer gewreek, en daarna het hulle teruggekeer na die moerasagtige streke van die Jordaan.

1 MAK 9:43 : En toe Bacchides dit hoor, het hy op die Sabbatdag met 'n groot leërmag tot op die walle van die Jordaan opgeruk.

1 MAK 9:44 : En JeHôWnathan sê vir sy broers: Laat ons ons gereedmaak en vir ons lewe veg, want dit is vandag nie soos gister en eergister nie.

1 MAK 9:45 : Want kyk, die geveg is voor en agter ons; bowendien is die water van die Jordaan aan alle kante, en dit is 'n moerasagtige en bosryke gebied, en daar is geen ruimte om weg te draai nie.

1 MAK 9:46 : Daarom, roep dan nou tot die Hemele dat julle uit die hand van jul vyande verlos mag word.

1 MAK 9:47 : En die geveg is aangegaan, en JeHôWnathan het sy hand uitgestrek om Bacchides neer te vel, maar hy het van hom af weggedraai.

1 MAK 9:48 : En JeHôWnathan en die wat by hom was, het in die Jordaan gespring en na die anderkant toe oorgeswem; en hulle [Bacchides en sy manskappe] het hulle nie oor die Jordaan agtervolg nie.

1 MAK 9:49 : En op daardie dag het daar omtrent 'n duisend van Bacchides se manskappe gesneuwel.

1 MAK 9:50 : En hulle [die Siriërs] het na Jerusalem teruggekeer en versterkte stede in JeHûWdah gebou; die vesting in Jerigo, en Emmaüs en Bet-Horon en BetEl en Timnat Pharathon en Tefon, met hoë mure en [met] poorte en grendels.

1 MAK 9:51 : En hulle het garnisoene in haar geplaas om JisraEl te kwel.

1 MAK 9:52 : En hulle het die stad Betsur en Gasara en die vesting versterk en magte en voedselvoorrade in haar geplaas.

1 MAK 9:53 : En hulle het die seuns van die vernaamste persone in die land as gyselaars geneem en in 'n sel in die vesting te Jerusalem opgesluit.

1 MAK 9:54 : In die tweede maand van die honderd-drie-en-vyftigste jaar, het Alcimus bevel gegee om die muur van die binneste voorhof van die tempel af te breek, en daarmee saam ook die werke van die profete.

1 MAK 9:55 : En op dieselfde tyd waarop hy met sy vernielingswerk begin het, is Alcimus [deur Elohim] getref en is sy werk verhinder en sy mond gesnoer, en het hy lam geword sodat hy nie meer kon praat of enige bevele in verband met sy huis kon gee nie.

1 MAK 9:56 : En Alcimus het in die tyd onder groot smarte gesterwe.

1 MAK 9:57 : En toe Bacchides sien dat Alcimus dood is, het hy na die koning teruggekeer. En die Aarde van JeHûWdah het gedurende twee jare gerus.

1 MAK 9:58 : En al die wettelose mense het saam raad gehou en gesê: Kyk, JeHôWnathan en almal wat aan sy kant is, woon in vrede en veiligheid; kom, laat ons Bacchides ontbied sodat hy in een nag sy hande op hulle almal kan lê.

1 MAK 9:59 : En hulle het gegaan en met hom oorleg gepleeg.

1 MAK 9:60 : En hy het uitgetrek en met 'n groot leër gekom en in die geheim briewe aan al sy bondgenote in JeHûWdah gestuur, dat hulle JeHôWnathan en almal wat saam met hom is, moet oorweldig. Hulle was egter nie daartoe in staat nie, omdat hulle voorneme aan hulle bekend geword het.

1 MAK 9:61 : En die manne [van JeHôWnathan] het omtrent vyftig van die belangrikste aanvoerders van hierdie wettelose onderneming in die land gegryp en om die lewe gebring.

1 MAK 9:62 : Daarop het JeHôWnathan en Simon en die wat saam met hulle was, die wyk geneem na Bet-Basi in die woestyn, en hy het alles wat van haar afgebreek was, weer opgehou en versterk.

1 MAK 9:63 : Toe Bacchides dit verneem, het hy al sy menigte vergader en berig gestuur aan hulle wat in JeHûWdah was.

1 MAK 9:64 : En hy het gegaan en teen Bet-Basi laer opgeslaan en baie dae lank teen haar geveg en stormwerktuie vervaardig.

1 MAK 9:65 : En JeHôWnathan het sy broer Simon in die stad agtergelaat en self met 'n aantal manskappe in die land uitgetrek.

1 MAK 9:66 : En hy het die Odomera en sy broers verslaan en ook die kinders van Phasiron in hulle tente.

1 MAK 9:67 : En hy het met afsonderlike skermutselings begin en met sy manskappe in gevegte uitgetrek. En Simon en die wat saam met hom was, het uit die stad uitgetrek en die krygstoerusting aan die brand gesteek,

1 MAK 9:68 : en hulle het teen Bacchides geveg en hy is deur hulle verslaan, en hulle het hom 'n swaar slag toegedien, want sy voorneme en sy aanval was verydel.

1 MAK 9:69 : En hulle was baie kwaad vir die wettelose mense wat hom aangeraai het om die land binne te val en hulle het baie van hulle om die lewe gebring. En hy [Bacchides] het hom voorgeneem om na sy eie deel van die land te vertrek.

1 MAK 9:70 : Toe JeHôWnathan dit te hore kom, het hy gesante na hom gestuur met die doel om met hom vrede te maak en dat hy die gevangenes aan hulle sou teruggee.

1 MAK 9:71 : En hy het dit aanvaar en gedoen wat hy gesê het, en hy het vir hom gesweer dat hy hom al die dae van sy lewe geen leed meer sal aandoen nie.

1 MAK 9:72 : En hy het die gevangenes wat hy vantevore uit die Aarde van JeHûWdah weggevoer het, aan hom uitgelewer. Daarna het hy teruggekeer en na sy eie land vertrek en nooit weer in hulle gebied gekom nie.

1 MAK 9:73 : En die swaard het onder JisraEl tot rus gekom. En JeHôWnathan het in Migmas gewoon. En JeHôWnathan het begin om die volk te rig, en al die wetteloses het hy uit JisraEl verdelg.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
9
Pablo Software Solutions Datum
OT