| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
JeHôWnathan vernuwe die verbond met die Romeine en sluit 'n verbond met die Spartane. Hy verslaan die volgelinge van Demetrius. 1 MAK 12:1 : TOE JeHôWnathan sien dat die tyd vir hom gunstig was, het hy manne gekies en hulle na Rome gestuur om die vriendskap wat daar tussen hulle was, te bevestig en te hernieu. 1 MAK 12:2 : En op dieselfde wyse het hy ook briewe aan die Spartane en aan ander plekke gestuur. 1 MAK 12:3 : En hulle het na Rome afgereis en die Raadsaal binnegegaan en gesê: Die hoëpriester JeHôWnathan en die Hebreeuse volk het ons gestuur om die vriendskap en bondgenootskap in hulle naam te hernieu soos dit voorheen was. 1 MAK 12:4 : En hulle [die raadslede] het aan hul briewe vir [die goewerneurs van] elke plek meegegee dat hulle hul in vrede op die weg na die Aarde van JeHûWdah moet begelei. 1 MAK 12:5 : En dit is die afskrif van 'n brief wat JeHôWnathan aan die Spartane geskryf het: 1 MAK 12:6 : JeHôWnathan, die hoëpriester, en die Raad van die volk, en die priesters, en al die ander lede van die Hebreeuse volk, aan hulle broers, die Spartane, groete! 1 MAK 12:7 : Reeds vroeër is briewe aan die hoëpriester Onias gestuur deur Areios wat toe oor julle regeer het [met die inhoud] dat julle ons broers is, soos blyk uit die meegaande afskrif. 1 MAK 12:8 : En Onias het [destyds] die man wat na hom gestuur was met respek behandel en die briewe waarin gespreek is van bondgenootskap en vriendskap in ontvangs geneem. 1 MAK 12:9 : Daarom, alhoewel ons geen behoefte aan die dinge het nie, omdat ons ons troos put uit die Boekrolle van Apartheid wat in ons besit is, 1 MAK 12:10 : het ons tog onderneem om deur 'n afvaardiging die broederskap en vriendskap met u te hernieu, sodat ons nie volkome van mekaar vervreemd sal raak nie, want 'n geruime tyd het verbygegaan sedert u laas na ons toe gestuur het. 1 MAK 12:11 : Om die rede bring ons u telkens by geleentheid van ons feeste en ander geskikte dae in gedagtenis in ons bydraes en in ons gebede; soos dit reg en gepas is om aan broers te dink 1 MAK 12:12 : Ons verheug ons ook in u roem. 1 MAK 12:13 : Wat ons egter aangaan, het baie verdrukkinge en oorloë oor ons gekom, terwyl die konings in ons omgewing teen ons geveg het. 1 MAK 12:14 : In hierdie oorloë wou ons u en ons ander bondgenote en vriende geen oorlas aandoen nie, 1 MAK 12:15 : want ons het hulp uit die Hemele, wat ons bystand verleen, en ons is van ons vyande verlos, en ons vyande is verneder. 1 MAK 12:16 : Ons het egter Numenius, die seun van Antíochus, en Antipater, die seun van Jason, gekies en hulle na die Romeine gestuur om die vriendskap wat ons met hulle gehad het en die vroeëre bondgenootskap te hernieu. 1 MAK 12:17 : Ons het hulle opdrag gegee om ook na u toe te gaan om u te groet en om die briewe in verband met die vernuwing van ons vriendskap en broederskap aan u te oorhandig. 1 MAK 12:18 : U sal goed doen as u hierop wil antwoord. 1 MAK 12:19 : En dit is die afskrif van die briewe wat hulle [destyds] aan Onias gestuur het: 1 MAK 12:20 : Areios, koning van die Spartane, aan Onias, die hoëpriester, groete. 1 MAK 12:21 : Daar is in 'n geskrif in verband met die Spartane en manne van JeHûWdah gevind dat hulle broers is en dat hulle van Abraham afstam. 1 MAK 12:22 : Terwyl ons dan nou dit verneem het, sal julle goed doen om aan ons omtrent julle welstand te skrywe. 1 MAK 12:23 : Van ons kant deel ons skriftelik aan julle mee dat julle vee en besittings ons s'n is, en ons s'n aan julle behoort. Ons gee daarom bevel dat [die boodskappers] julle in ooreenstemming hiermee sal berig. 1 MAK 12:24 : En JeHôWnathan het verneem dat die vorste van Demetrius met 'n groter mag as tevore teruggekeer het om teen hom te veg. 1 MAK 12:25 : Hy het toe uit Jerusalem opgetrek en hulle in die Aarde van Hamat teëgekom, want hy wou hulle geen kans gee om sy land binne te trek nie. 1 MAK 12:26 : En hy het verspieders in hulle kamp gestuur, en hulle het teruggekeer en aan hom meegedeel dat hulle van plan was om hom op so 'n wyse gedurende die nag te oorval. 1 MAK 12:27 : Maar toe die son ondergaan, het JeHôWnathan sy manskappe bevel gegee om wag te hou en gewapend te bly, sodat hulle die hele nag deur vir die geveg gereed mag wees; en hy het brandwagte gestuur en hulle rondom die kamp opgestel. 1 MAK 12:28 : Maar toe die vyande hoor dat JeHôWnathan en sy manskappe slaggereed is, was hulle bevrees en het hulle innerlik gebewe. En hulle het vure in hulle laer aangesteek en vertrek. 1 MAK 12:29 : JeHôWnathan en sy manskappe het dit egter nie voor die môre geweet nie, want hulle het die vure sien brand. 1 MAK 12:30 : En JeHôWnathan het hulle agternagesit, maar hulle nie ingehaal nie, want hulle het die rivier Eleutherus oorgesteek. 1 MAK 12:31 : En JeHôWnathan het weggedraai en teen die Arabiere wat die Sabadeërs genoem word, geveg en hulle verslaan en hulle besittings gebuit. 1 MAK 12:32 : En hy het daarvandaan verder getrek en by Damaskus gekom en deur die hele gebied getrek. 1 MAK 12:33 : Ook Simon het 'n krygstog onderneem en het deurgetrek tot by Askelon en die nabygeleë vestings. 1 MAK 12:34 : En hy het afgedraai na Joppe en haar beset, want hy het verneem dat hulle van plan was om die vesting aan die manskappe van Demetrius uit te lewer; en hy het 'n garnisoen daar geplaas om haar te bewaak. 1 MAK 12:35 : By sy terugkeer het JeHôWnathan die oudstes van die volk bymekaar geroep en met hulle beraadslaag om vestings in JeHûWdah te bou 1 MAK 12:36 : en om die mure van Jerusalem te verhoog en 'n groot heuwel tussen die vesting en die stad op te werp om dit sodoende van die stad af te sonder sodat dit geïsoleer mag wees, en diegene wat in haar is nie kan koop of verkoop nie. 1 MAK 12:37 : En hulle het bymekaar gekom om die stad te bou, en 'n deel van die oostelike muur by die spruit het in puin gelê, en hy het die stuk wat Kafenata genoem word, herstel. 1 MAK 12:38 : En Simon het Adida in die laeveld gebou en haar versterk en haar van poorte en grendels voorsien. JeHôWnathan word deur lis gevang. 1 MAK 12:39 : EN Tryfo was daarop uit om oor Asië te regeer en om die kroon op sy eie hoof te plaas en om sy hand teen koning Antíochus te verhef, 1 MAK 12:40 : Maar hy was bevrees dat JeHôWnathan hom nie sou toelaat om dit te doen nie en teen hom sou veg, daarom het hy 'n plan bedink hoe om hom in die hande te kry sodat hy hom om die lewe kon bring. En hy het uitgetrek en by Betsan gekom. 1 MAK 12:41 : En JeHôWnathan het met veertigduisend uitgesoekte krygsmanne opgeruk om hom te ontmoet en by Betsan aangekom. 1 MAK 12:42 : En toe Tryfo bemerk dat hy met 'n groot mag gekom het, was hy bevrees om sy hand teen hom uit te steek, 1 MAK 12:43 : en hy het hom met onderskeiding ontvang en hom aan al sy vriende bekend gestel en hom geskenke gegee, en sy vriende en die troepe beveel om hom te gehoorsaam soos hulle dit teenoor hom sou doen. 1 MAK 12:44 : En aan JeHôWnathan het hy gesê: Waarom het jy al hierdie mense so 'n moeite aangedoen terwyl daar tog geen oorlog tussen ons is nie? 1 MAK 12:45 : Daarom, stuur hulle huis toe, maar kies dan 'n aantal manskappe wat saam met jou kan trek en vergesel my na Ptolemaïs, en ek sal haar aan jou gee, tesame met die orige vestings en die orige magte en al die beamptes, en dan sal ek weer terugkeer, want juis hiervoor het ek gekom. 1 MAK 12:46 : En hy het hom vertrou en hy het gedoen soos hy gesê het en sy magte weggestuur, en hulle het na die Aarde van JeHûWdah teruggekeer. 1 MAK 12:47 : Maar hy het vir homself drieduisend manskappe agtergehou, waarvan hy tweeduisend in Galiléa agtergelaat het, terwyl hy 'n duisend met hom meegeneem het. 1 MAK 12:48 : Maar toe JeHôWnathan Ptolemaïs binnegaan, het die inwoners van Ptolemaïs die poorte gesluit en hom gevange geneem, terwyl hulle almal wat saam met hom was, met die swaard gedood het. 1 MAK 12:49 : En Tryfo het magte en perderuiters na Galiléa en die groot vlakte gestuur om al JeHôWnathan se manskappe uit te wis. 1 MAK 12:50 : En hulle het agtergekom dat hy gevange geneem is en omgekom het, sowel as die wat saam met hom was, maar hulle het mekaar bemoedig en in geslote slagorde, gereed vir die geveg, voortgetrek. 1 MAK 12:51 : En toe hulle agtervolgers bemerk dat hulle gereed was om vir hulle lewe te veg, het hulle teruggekeer. 1 MAK 12:52 : En hulle almal het die Aarde van JeHûWdah ongehinderd bereik, maar hulle het getreur oor JeHôWnathan en sy manskappe en was grootliks bevrees; en die hele JisraEl het bitterlik oor hom getreur. 1 MAK 12:53 : En al die nasies in die omgewing het geprobeer om hulle volkome uit te delg, want hulle het gesê: Hulle het geen leier of helper nie, laat ons daarom teen hulle veg en hulle nagedagtenis onder die mense vernietig. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |