1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Herstel van die stam van Benjamin.

RIG 21:1 : MAAR die manne van JisraEl het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan 'n Benjaminiet as vrou gee nie.

RIG 21:2 : En toe die manskappe in BetEl kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die Aangesig van die Elohim en hulle stem verhef en geween met 'n groot geween

RIG 21:3 : en gesê: Waarom, o JaHWeH, Elohey van JisraEl, het dit in JisraEl gebeur dat daar vandag een stam uit JisraEl vermis word?

RIG 21:4 : Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar 'n altaar gebou en brandoffers en vergoeding gebring.

RIG 21:5 : En die kinders van JisraEl het gesê: Wie is daar van al die stamme van JisraEl wat nie opgegaan het na die vergadering, na JaHWeH toe nie? Want daar was 'n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na JaHWeH in Mispa nie - hy moet sekerlik gedood word.

RIG 21:6 : Toe het die kinders van JisraEl hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit JisraEl afgesny.

RIG 21:7 : Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by JaHWeH gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.

RIG 21:8 : Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van JisraEl nie opgegaan het na JaHWeH in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie.

RIG 21:9 : En die volk is getel, en daar was niemand van die inwoners van Jabes in Gílead nie.

RIG 21:10 : Toe stuur die vergadering daarheen twaalfduisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders.

RIG 21:11 : En dit is die ding wat julle moet doen: Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref.

RIG 21:12 : En hulle het onder die inwoners van Jabes in Gílead vierhonderd meisies aangetref, maagde wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, en dié het hulle na die laer gebring in Silo wat in die Aarde van Kanaän lê.

RIG 21:13 : Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die Vrede aan.

RIG 21:14 : Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar só was daar vir hulle nie genoeg nie.

RIG 21:15 : En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat JaHWeH 'n skeuring gemaak het onder die stamme van JisraEl.

RIG 21:16 : Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.

RIG 21:17 : Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit JisraEl mag uitgedelg word nie.

RIG 21:18 : Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie; want die kinders van JisraEl het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat 'n vrou aan Benjamin gee.

RIG 21:19 : Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar 'n Fees van JaHWeH in Silo wat noord van BetEl lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van BetEl na Sigem, en suid van Lebóna.

RIG 21:20 : En hulle het die kinders van Benjamin bevel gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde.

RIG 21:21 : En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die Aarde van Benjamin gaan.

RIG 21:22 : En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons 'n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan óns, want ons het nie [vir] elkeen 'n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het [hulle] mos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig gewees het.

RIG 21:23 : Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle gebuit het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.

RIG 21:24 : En die kinders van JisraEl het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy familie, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.

RIG 21:25 : In dié dae was daar geen koning in JisraEl nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
21
Pablo Software Solutions Datum
OT