| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Satan kla Abraham aan. OPR 22:1 : JISMAEL het opgestaan en het sy vrou geneem en sy kinders en sy vee en alles wat aan hom behoort en hy het daarvandaan gereis en na sy vader in die grondgebied van die Filistyne gegaan. OPR 22:2 : En Abraham het aan Jismael, sy seun, vertel wat die eerste vrou wat Jismael geneem het, gedoen het. OPR 22:3 : Jismael en sy kinders het baie dae by Abraham gewoon in die land; en Abraham het in die grondgebied van die Filistyne gewoon vir 'n lang tyd. OPR 22:4 : Die dae het toegeneem en het ses-en-twintig jaar bereik, en daarna het Abraham met sy dienaars en almal wat aan hom behoort het, uit die grondgebied van die Filistyne getrek en hulle het ver weg gegaan, totdat hulle naby Hebron gekom het en hulle het daar gebly en die diensknegte van Abraham het waterputte gegrawe en Abraham en almal wat aan hom behoort het, het by die water gebly en die diensknegte van Abiméleg, die koning van die Filistyne, het gehoor dat die diensknegte van Abraham waterputte op die grense van die land gegrawe het. OPR 22:5 : Hulle het gekom en met die diensknegte van Abraham rusie gemaak en hulle het hulle beroof van die groot put wat hulle gegrawe het. OPR 22:6 : En Abiméleg, die koning van die Filistyne, het van die saak gehoor en hy, tesame met Pigol, die owerste van sy leër, en twintig van sy manne het na Abraham gekom en Abiméleg het met Abraham oor sy diensknegte gepraat en Abraham het Abiméleg aangespreek oor die put waarvan sy diensknegte hulle beroof het. OPR 22:7 : En Abiméleg het aan Abraham gesê: Sowaar as JaHWeH leef wat die hele Aarde geskape het, ek het nie voor vandag gehoor van hierdie daad wat my diensknegte aan jou diensknegte gedoen het nie. OPR 22:8 : En Abraham het sewe ooilammers geneem en het hulle aan Abiméleg gegee en gesê: Ek smeek jou, neem hierdie van my hande dat sy 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het. OPR 22:9 : Abiméleg het die sewe ooilammers geneem wat Abraham aan hom gegee het, want hy het hom ook vee en kuddes in oorvloed gegee, en Abiméleg het aan Abraham oor die put gesweer, daarom het hulle die put Berséba genoem, omdat hulle twee daar gesweer het. OPR 22:10 : So het hulle albei dan 'n verbond gesluit by Berséba, en Abiméleg het opgestaan saam met Pigol, sy leërowerste, en al sy manne, en hulle het teruggekeer na die grondgebied van die Filistyne, en Abraham en almal wat aan hom behoort het, het in Berséba gewoon en hy was 'n lang tyd in daardie land. OPR 22:11 : En Abraham het 'n groot bos in Berséba geplant en hy het vier hekke daarvoor gemaak wat na die vier rigtings van die Aarde kyk, en hy het 'n wingerd in haar geplant sodat as 'n reisiger na Abraham gekom het; het hy by enige van die hekke wat op sy pad was ingegaan en het dan oorgebly en geëet en gedrink en homself versadig en dan weer vertrek. OPR 22:12 : Want die huis van Abraham was altyd oop vir die seuns van die Adam wat heen-en-weer verbygegaan het, wat daagliks gekom en geëet en gedrink het in die huis van Abraham. OPR 22:13 : Enige man wat honger gehad het en na Abraham se huis gekom het, het Abraham brood gegee dat hy kan eet en drink en versadig word, en enigeen wat nakend na sy huis gekom het, het hy geklee met kledingstukke wat hy kon uitsoek, en hy het hom silwer en goud gegee, en hy sou hom vertel van JaHWeH wat hom op die Aarde geskape het; so het Abraham al sy dae gedoen. OPR 22:14 : Abraham en sy kinders en almal wat aan hom behoort het, het in Berséba gewoon en hy het sy tent so ver soos Hebron opgeslaan. OPR 22:15 : Abraham se broer, Nahor, en sy vader en almal wat aan hulle behoort het, het in Haran gewoon, want hulle het nie saam met Abraham na die Aarde van Kanaän gekom nie. OPR 22:16 : En kinders is vir Nahor gebore wat Milka, die dogter van Haran, en suster van Sarah, Abraham se vrou, gebaar het. OPR 22:17 : Hierdie is die name van hulle wat vir hom gebore is: Us, Bus, Kémuel, Kesed, Haso, Pildas, Jidlaf, BetuEl, agt seuns. Hierdie is die kinders van Milka wat sy vir Nahor, Abraham se broer, gebaar het. OPR 22:18 : Nahor het 'n byvrou gehad en haar naam was Reüma en Tebag, Gaham, Tahas en Maäga is die seuns wat sy vir Nahor gebaar het, vier seuns. OPR 22:19 : En die kinders wat vir Nahor gebore is, was twaalf seuns behalwe sy dogters en hulle het ook kinders gehad wat vir hulle in Haran gebore is. OPR 22:20 : Die kinders van Us, die eersgeborene van Nahor, was: Abi, Geref, Gadin, Melus, en Debora hulle suster. OPR 22:21 : Die seuns van Bus was: Beragél, Naäma, Sewa en Madónu. OPR 22:22 : Die seuns van Kémuel was Aram en Regob. OPR 22:23 : Die seuns van Kesed was Anamleg, Mesai, Benon en Jifi, en die seuns van Haso was Pildas, Megi, en Ofer. OPR 22:24 : Die seuns van Pildas was Arud, Gamum Mered en Molog. OPR 22:25 : Die seuns van Jidlaf was Musan, Kuwshan en Musi. OPR 22:26 : Die kinders van BetuEl was Segar, Laban en hulle suster, Rebekka. OPR 22:27 : Hierdie is die families van die kinders van Nahor, wat vir hulle gebore is in Haran; en Aram die seun van Kémuel en Regob, sy broer, het weggegaan van Haran af en hulle het 'n vallei gevind in die grondgebied by die Eufraat-rivier. OPR 22:28 : En hulle het 'n stad daar gebou en hulle het die stad vernoem na die naam van Petor, die seun van Aram, dit is Aram Naharajim [Mesopotamië] tot vandag toe. OPR 22:29 : En die kinders van Kesed het ook daar gaan bly waar hulle 'n plek kon vind en hulle het gegaan en hulle het 'n vallei gevind oorkant die Aarde van Sínear en hulle het daar gewoon. OPR 22:30 : Hulle het vir hulleself 'n stad gebou en hulle het die naam van die stad Kesed genoem, volgens die naam van hulle vader, sy is die Aarde van Kasdi [Chaldéa] tot vandag toe, en die Kasdiërs het in daardie deel van die land gewoon en hulle was vrugbaar en het baie vermeerder. OPR 22:31 : Tera, die vader van Nahor en Abraham, het op sy oudag gegaan en 'n ander vrou geneem en haar naam was Pelila, en sy het swanger geword en vir hom 'n seun gebaar en hy het hom Soba genoem. OPR 22:32 : En Tera het vyf-en-twintig jaar geleef nadat hy Soba verwek het. OPR 22:33 : Tera het in daardie jaar gesterf, dit is die vyf-en-dertigste jaar van Isak se geboorte, die seun van Abraham. OPR 22:34 : En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar en hy is in Haran begrawe. OPR 22:35 : Soba, die seun van Tera, het dertig jaar geleef en hy het Aram, Aglis en Merik verwek. OPR 22:36 : Aram, die seun van Soba, die seun van Tera, het drie vroue gehad en hy het twaalf seuns en drie dogters verwek; en JaHWeH het aan Aram, die seun van Soba, rykdom en besittings gegee en 'n oorvloed van beeste en kleinvee en kuddes en die man het in besittings toegeneem. OPR 22:37 : En Aram, die seun van Soba, en sy broer en sy hele huishouding het van Haran gereis en hulle het gaan woon waar hulle 'n plek kon vind, want hulle besittings was te veel om in Haran te bly en hulle kon nie saam met hulle broers, die kinders van Nahor, in Haran bly nie. OPR 22:38 : En Aram, die seun van Soba, het saam met sy broers gegaan en hulle het 'n vallei veraf na die oostelike deel van die land gevind en hulle het daar gewoon. OPR 22:39 : Hulle het daar ook 'n stad gebou en hulle het haar Aram genoem volgens die naam van hulle oudste broer, dit is Aram Soba tot vandag toe. OPR 22:40 : Isak, die seun van Abraham, het grootgeword in daardie dae en Abraham, sy vader, het hom die Weë van JaHWeH geleer om JaHWeH te ken en JaHWeH was met hom. OPR 22:41 : Toe Isak sewe-en-dertig jaar oud was, het Jismael, sy broer, met hom geredeneer in die tent. OPR 22:42 : Jismael het oor homself gespog by Isak en gesê: Ek was dertien jaar oud toe JaHWeH met my vader gepraat het om ons te besny en ek het volgens die woorde van JaHWeH gehandel wat Hy met my vader gespreek het en ek het my siel aan JaHWeH gegee en ek het nie Sy Woord oortree wat Hy my vader beveel het nie. OPR 22:43 : En Isak het Jismael geantwoord en gesê: Hoekom spog jy hieroor by my, oor 'n klein stukkie van jou vlees wat jy van jou liggaam geneem het, soos wat JaHWeH jou beveel het? OPR 22:44 : Sowaar as wat JaHWeH leef, die Elohey van my vader Abraham, as JaHWeH aan my vader moet sê: Neem nou jou seun, Isak, en bring hom as 'n aanbieding voor My, sal ek nie weier nie, maar met vreugde instem daartoe. OPR 22:45 : En JaHWeH het die woorde gehoor wat Isak aan Jismael gesê het en dit was suiwer voor die Aangesig van JaHWeH en Hy het daaraan gedink om Abraham in hierdie saak op die proef te stel. [Génesis 22:1] OPR 22:46 : Die dag het gekom dat die seuns van Elohim voor die Aangesig van JaHWeH gekom het en Satan het ook saam met die seuns van Elohim voor Hom verskyn. OPR 22:47 : En JaHWeH het vir Satan gevra: Waar kom jy vandaan? En Satan het JaHWeH geantwoord: Van heen en weer beweeg op die Aarde, en van op en af daarop loop. [Vergelyk hierdie verse met Job 1:6,7 en Job 2:1,2] OPR 22:48 : En JaHWeH het aan Satan gesê: Wat is jou woord aan My wat betref al die kinders van die land? En Satan het JaHWeH geantwoord en gesê: Ek het al die kinders van die land gesien wat U dien en wat U onthou wanneer hulle enigiets van U nodig het. OPR 22:49 : Wanneer U hulle dit gee wat hulle van U benodig, dan sit hulle op hulle gemak en verlaat U en onthou U nie meer nie. OPR 22:50 : Het U Abraham gesien, die seun van Tera, wat eers geen kinders gehad het nie en hy het U gedien en hy het altare tot U opgerig oral waar hy gekom het en hy het aanbiedinge op hulle gebring en hy het U Naam voortdurend verkondig aan al die kinders van die land. OPR 22:51 : Noudat sy seun Isak vir hom gebore is, het hy U verlaat en hy het 'n groot fees gehou vir al die inwoners van die land en JaHWeH het hy vergeet. OPR 22:52 : Want te midde van alles wat hy gedoen het, het hy U geen aanbieding gebring nie; nie 'n brandoffer nie, ook nie vergoedinge nie, nie 'n bul of 'n lam of 'n bok van alles wat hy daardie dag geslag het, op die dag toe sy seun gespeen is nie. OPR 22:53 : Selfs van sy seun se geboorte af tot nou, wat al sewe-en-dertig jaar oud is, het hy geen altaar vir U gebou of 'n aanbieding aan U gebring nie, want hy het gesien dat U gee wat hy versoek van U en daarom het hy U versaak. OPR 22:54 : En JaHWeH het aan Satan gesê: Is dit wat jy dink van My kneg Abraham? Want daar is niemand op Aarde soos hy nie, 'n man vroom en opreg voor My, een wat Elohim vrees en afwyk van die kwaad; sowaar as Ek leef, as Ek aan hom moes sê: Gee jou seun, Isak, voor My, sal hy hom nie weerhou van My nie, soveel te meer as wat Ek aan hom sou sê om 'n brandoffer aan My van sy kleinvee of kuddes te bring. OPR 22:55 : En Satan het JaHWeH geantwoord en gesê: Spreek dan nou met Abraham soos U gespreek het, en U sal sien of hy nie op hierdie dag sal oortree en U woorde tersyde stel nie. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |