| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Briewe aan die sewe gemeentes van Asië. Eerste brief: aan Éfese. OPE 2:1 : SKRYF aan die boodskapper van die gemeente in Éfese: Dít sê Hy wat die sewe Sterre in Sy Regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars: OPE 2:2 : Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy verdraaide mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle Apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; OPE 2:3 : en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van My Naam gearbei en nie moeg geword het nie. OPE 2:4 : Maar Ek het teen jou dat jy jou Eerste Liefde verlaat het. OPE 2:5 : Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. OPE 2:6 : Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat. OPE 2:7 : Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die Boom van die Lewe wat binne-in die Paradys van Elohim is. Tweede brief: aan die gemeente van Smirna. OPE 2:8 : En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: OPE 2:9 : Ek ken jou werke en verdrukking en armoede - maar jy is ryk - en die laster van die wat sê dat hulle manne van JeHûWdah is en dit nie is nie, maar 'n vergadering van die Satan. OPE 2:10 : Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die Satan gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die Kroon van die lewe gee. [Boekrol van die Opregte 12:1; Odes van Salomo 1] OPE 2:11 : Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. Derde brief: aan die gemeente van Pérgamus OPE 2:12 : En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Pérgamus: Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende Swaard het: OPE 2:13 : Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan My Naam en het nie in die Geloof teen My getuig nie, selfs in die dae waarin Antipas My getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon. OPE 2:14 : Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van JisraEl te werp, naamlik om slagdiere vir idole te eet en om te verbaster. OPE 2:15 : So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat. OPE 2:16 : Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die Swaard van My Mond. OPE 2:17 : Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan Hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die Verborge Manna, en Ek sal Hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe Naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe Hy wat hom ontvang. Vierde brief: aan die gemeente van Thiatire OPE 2:18 : En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Thiatíre: Dit sê die Seun van Elohim wat Oë het soos 'n Vuurvlam, en Sy voete is soos glansende koper: OPE 2:19 : Ek ken jou werke en liefde en diens en Geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste. OPE 2:20 : Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en My diensknegte te verlei om te verbaster en slagdiere vir idole te eet. [Miga 6:16] OPE 2:21 : En Ek het haar tyd gegee om haar van haar verbastering te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. OPE 2:22 : Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar vermeng het, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. OPE 2:23 : En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy handelinge. [JirmeJaH 17:10, Psalm 17:3] OPE 2:24 : En Ek sê vir julle en die oorblyfsel wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle hom noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie. OPE 2:25 : Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. OPE 2:26 : En aan Hom wat oorwin en My werke tot die einde toe onderhou, sal Ek mag oor die nasies gee, OPE 2:27 : en Hy sal hulle regeer met 'n Septer van Yster; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van My VADER ontvang het. OPE 2:28 : En Ek sal Hom die Môrester gee. OPE 2:29 : Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |